Ongeëwenaarde goue trilogie!
Handfietsry
Windhoek se hoogte bo seespieël het straks ’n klein aandeeltjie gehad in die Nederlander Jetze Plat (30) se uitmuntende drie-uit-drie goue medaljes by die Paralimpiese Spele in Tokio.
Plat het gister die mans H4-handfietsryklas se padresies gewen, nadat hy Dinsdag in die tydtoets en Sondag met die duksesvolle verdediging van sy triathlon-titel reeds sy eerste twee goue medaljes van die Spele verower het.
Plat en sy landgenote Tim de Vries (brons in die H5-klas padresies) en Daniel Abraham (goud in die C5 tydtoets) het in Januarie vanjaar ’n paar weke in Windhoek kom oefen. Die drietal het aan plaaslike fietsbyeenkomste deelgeneem en is gereeld soggens op hul oefensessies op die besige hoofpaaie na Okahandja of Rehoboth en terug, of op die lughawe- of Dordabispad aangetref.
Plat, gebore met defekte wat gelei het dat sy bene onder die knieë geamputeer is, was Nederland se vlagdraer by die openingseremonie. Hy het ná gister se natgereënde padresies gesê: “Drie uit drie! Soveel dinge kan skeefloop, maar ek was op my beste vorm, ek het geen fout begaan nie en ek verdien die drie goue medaljes.”

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie