Ongesensor: Studentelewe

Mariselle Stofberg - Wanneer jy dink aan die woord student, kom woorde soos arm, honger, dronk, kuier, lastig, deurmekaar, 2-minute-noodles en emosioneel onstabiel by jou op.

Hierdie vreemde kreatuur genaamd student is ’n konsep wat baie mense laat kopkrap. Hoe kry jy die titel student en wat moes jy doen (of verkeerd doen) om hierdie titel te verwerf?

Jy word nie sommer oornag ’n student nie. Jy maak sekere keuses wat jou op universiteit laat beland, maar dit vat ’n rukkie voor jy jouself ’n volwaardige student kan noem.

As ’n derdejaarstudent in BA Kommunikasie vra mense my dikwels wat ek nou eintlik op Potchefstroom doen.

Dit kan tog nie so moeilik wees om iemand te leer hoe om te kommunikeer nie? Mense het die wanindruk dat jy heeldag lê en series kyk, in die kafeteria rondhang, snags kuier en heeldag slaap.

So nou en dan het jy dalk een of twee klasse, maar die res van die tyd moet sekerlik ’n fees wees. Die antwoord? Nee. Om eerlik te wees, is dit báie ver van die waarheid af.

Ek kan nie onthou wanneer laas ek meer as vier ure geslaap het nie. En dis nie omdat ek kuier tot wie weet watter tyd in die oggend nie. Ek moes vir een semester alleen meer as 70 take en opdragte doen en ek sien die kafeteria net as ek per ongeluk daar verbybeweeg of ’n behoefte aan ’n ontbyt-pita het - dis nou ’n pita met baie bacon, eier en kaas, want dit is al wat ek kan bekostig.

Die harde werklikheid van studentwees is dat jy nie baie slaap nie, jy is permanent emosioneel en oorweldig, jou stapelvoedsel is 2-minute-noodles en brood, jy is elke dag besig om jouself te probeer oortuig waarom jy nie net ’n ontkleedanser of werknemer by McDonald’s moet wees nie, en jy wil heeltyd jou ma hê. Kortliks: ’n Student is altyd honger, altyd moeg en het altyd ’n oorweldigende behoefte aan ’n middagslapie.

Ek het in my eerste jaar gedink dit is só moeilik en die werk is só baie, maar in my derde jaar het die woorde “moeilk” en “werk” ’n hele nuwe betekenis gekry. Om eerlik te wees, het hierdie jaar my beslis vir ’n ses geslaan en het ek ten minste drie keer elke week oorweeg om op te skop.

Die idee van studente wat heeltyd gelukkig is en saam op die gras sit, is ’n baie oortuigende leuen, maar dit is wél sonder twyfel die beste tyd van jou lewe.

Jy leer ken elke dag nuwe mense; jy word uit jou gemaksones geruk en is vriendelik verplig om aan te pas; jy ontdek nuwe maniere om oorskietkos op te jazz; jy besef net opnuut die waarde van ’n lekker sterk koppie koffie en jy ontmoet jou beste vriend en vriendin.

Die idee dat jy die liefde van jou lewe ontmoet op universiteit is egter iets waaroor ek steeds twyfel, want ná drie jaar is die enigste liefdes in my lewe steeds my boerboel en braaivleis.

Die keuse om te studeer is nie ’n halsoorkop besluit nie. Dit is eenvoudig net te duur en te veel werk om “sommer net” te doen.

Jy bied jouself die geleentheid om jou toekoms in jou eie hande te neem en om te werk vir jou droom.

Jy kry die geleentheid om jou eie besluite te neem en foute te maak, wat terselfdertyd angswekkend en opwindend is.

Jy vind jouself, jy raak gemaklik in jou eie vel, en jy besef dat jy nie jou waarde kan bepaal deur ander se opinies van jou nie.

Wat is ’n student? Studentwees is wat jy daarvan maak. Daar is nie ’n resep vir sukses nie, want dit wat vir my werk, gaan nie noodwendig vir jou werk nie. My raad aan voornemende eerstejaars wat in 2018 die titel student gaan kry is: Don’t stop.

Doen alles voluit, gryp elke geleentheid aan en maak soveel herinneringe as wat jy kan, want tyd is te kosbaar om te mors.

Kommentaar

Republikein 2024-05-02

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Barcelona 4 vs 2 Valencia SerieA: Genoa 3 vs 0 Cagliari European Championships Qualifying: Coventry City 1 vs 2 Ipswich Town | Preston North End 0 vs 3 Leicester City English Championship: Coventry City 1 vs 2 Ipswich Town | Preston North End 0 vs 3 Leicester City Katima Mulilo: 12° | 33° Rundu: 12° | 31° Eenhana: 14° | 33° Oshakati: 16° | 32° Ruacana: 15° | 32° Tsumeb: 15° | 31° Otjiwarongo: 14° | 29° Omaruru: 15° | 32° Windhoek: 13° | 27° Gobabis: 15° | 28° Henties Bay: 16° | 21° Wind speed: 40km/h, Wind direction: E, Low tide: 04:26, High tide: 10:41, Low Tide: 16:45, High tide: 23:19 Swakopmund: 16° | 18° Wind speed: 30km/h, Wind direction: S, Low tide: 04:24, High tide: 10:39, Low Tide: 16:43, High tide: 23:17 Walvis Bay: 17° | 25° Wind speed: 30km/h, Wind direction: S, Low tide: 04:24, High tide: 10:38, Low Tide: 16:43, High tide: 23:16 Rehoboth: 15° | 29° Mariental: 18° | 31° Keetmanshoop: 20° | 32° Aranos: 18° | 30° Lüderitz: 14° | 25° Ariamsvlei: 20° | 34° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 25° | 28° Gaborone: 16° | 29° Lubumbashi: 11° | 26° Mbabane: 14° | 25° Maseru: 10° | 26° Antananarivo: 15° | 25° Lilongwe: 14° | 28° Maputo: 18° | 28° Windhoek: 13° | 27° Cape Town: 16° | 24° Durban: 18° | 26° Johannesburg: 17° | 26° Dar es Salaam: 26° | 30° Lusaka: 15° | 27° Harare: 13° | 27° Currency: GBP to NAD 23.28 | EUR to NAD 19.95 | CNY to NAD 2.59 | USD to NAD 18.65 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.32 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.68 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.58 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.08 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.64 | USD to EGP 47.9 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1389.52 | USD to ZAR 18.65 | USD to ZMW 26.87 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 76076.19 Down -0.5% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1690.93 Down -0.96% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13319.36 Down -0.41% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 24448.73 Down -6.01% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9146.09 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 299.92/OZ UP +0.37% | Copper US$ 4.45/lb DOWN -0.0117 | Zinc US$ 2 893.30/T UP 0.65% | Brent Crude Oil US$ 84.97/BBP DOWN -0.0199 | Platinum US$ 952.00/OZ UP +1.84% Sport results: LaLiga: Barcelona 4 vs 2 Valencia SerieA: Genoa 3 vs 0 Cagliari European Championships Qualifying: Coventry City 1 vs 2 Ipswich Town | Preston North End 0 vs 3 Leicester City English Championship: Coventry City 1 vs 2 Ipswich Town | Preston North End 0 vs 3 Leicester City Weather: Katima Mulilo: 12° | 33° Rundu: 12° | 31° Eenhana: 14° | 33° Oshakati: 16° | 32° Ruacana: 15° | 32° Tsumeb: 15° | 31° Otjiwarongo: 14° | 29° Omaruru: 15° | 32° Windhoek: 13° | 27° Gobabis: 15° | 28° Henties Bay: 16° | 21° Wind speed: 40km/h, Wind direction: E, Low tide: 04:26, High tide: 10:41, Low Tide: 16:45, High tide: 23:19 Swakopmund: 16° | 18° Wind speed: 30km/h, Wind direction: S, Low tide: 04:24, High tide: 10:39, Low Tide: 16:43, High tide: 23:17 Walvis Bay: 17° | 25° Wind speed: 30km/h, Wind direction: S, Low tide: 04:24, High tide: 10:38, Low Tide: 16:43, High tide: 23:16 Rehoboth: 15° | 29° Mariental: 18° | 31° Keetmanshoop: 20° | 32° Aranos: 18° | 30° Lüderitz: 14° | 25° Ariamsvlei: 20° | 34° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 25° | 28° Gaborone: 16° | 29° Lubumbashi: 11° | 26° Mbabane: 14° | 25° Maseru: 10° | 26° Antananarivo: 15° | 25° Lilongwe: 14° | 28° Maputo: 18° | 28° Windhoek: 13° | 27° Cape Town: 16° | 24° Durban: 18° | 26° Johannesburg: 17° | 26° Dar es Salaam: 26° | 30° Lusaka: 15° | 27° Harare: 13° | 27° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.28 | EUR to NAD 19.95 | CNY to NAD 2.59 | USD to NAD 18.65 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.32 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.68 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.58 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.08 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.64 | USD to EGP 47.9 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1389.52 | USD to ZAR 18.65 | USD to ZMW 26.87 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 76076.19 Down -0.5% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1690.93 Down -0.96% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13319.36 Down -0.41% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 24448.73 Down -6.01% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9146.09 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 299.92/OZ UP +0.37% | Copper US$ 4.45/lb DOWN -0.0117 | Zinc US$ 2 893.30/T UP 0.65% | Brent Crude Oil US$ 84.97/BBP DOWN -0.0199 | Platinum US$ 952.00/OZ UP +1.84%