Ongeluksyfer laer as verlede jaar

Maria Eiseb
Maria Eiseb - Die ongeluksyfer vir die tydperk tussen 22 November en 18 Desember, wat deur die Namibiese Padongelukkefonds (MVAF) bekend gemaak is, dui daarop dat minder ongelukke as verlede jaar aangemeld is.

Botsings en beserings het ook minder voorgekom.

Die MVAF-verslag dui aan altesaam 310 ongelukke is landswyd aangemeld en sowat 54 sterftes is vir al die streke saam aangeteken.

Volgens die verslag het die getal sterftes egter gestyg.

Die meeste ongelukke het in die Khomasstreek plaasgevind, gevolg deur die Otjozondjupa- en die Erongostreek.

Sowat 99 voertuie het gerol, wat tot 28 sterftes gelei het.

Sowat 90 botsings het plaasgevind, wat tot nege sterftes gelei het.

Sowat 62 ongelukke waarby voetgangers vetrokke is, is aangemeld, en 12 lewens is in die proses geëis.

Gedurende die feestydperk moet padgebruikers en die publiek in die algemeen fokus op die geskiktheid van bestuurders, sowel as die padwaardigheid van voertuie en passasiers se veiligheid, het me. Kapena Tjombonde, hoof van korporatiewe sake by die MVAF, gesê.

Volgens Tjombonde moet bestuurders rus as hulle moeg is, altyd hul bestuurderslisensies by hulle hê en nie onder die invloed van alkohol bestuur nie.

Voertuie moet ook te alle tye in ’n goeie toestand wees en bestuurders moet ag slaan op weerstoestande en te alle tye hul hoofligte aanskakel.

Tjombonde het gesê alle padgebruikers moet padreëls gehoorsaam.

Sy het die publiek versoek om ongelukke by 081 9682 by die fonds aan te meld, aangesien dit ’n lewe kan red.

Padgebruikers kan toegang tot padveiligheidswenke op die MVAF se Facebook- en Twitter-blad kry.

Kommentaar

Republikein 2025-12-17

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer