Ongelukke eis 12 lewens
Noodlottige padslagtings het verlede week 50% meer lewens geëis as in die ooreenstemmende week verlede jaar.
Denver Kisting
'n Ses maande oue meisietjie was een van 12 mense wat verlede week in motorongelukke dood is.
Statistieke van die Motorvoertuigongelukfonds (MVAF) toon verlede week se noodlottige padslagtings het 50% meer lewens geëis as die ooreenstemmende week verlede jaar.
Hiernaas het die aantal motorongelukke in dieselfde tydperk verlede jaar – 14 tot 20 Mei – met 15% toegeneem.
Die aantal beserings gedurende dié tydperk vanjaar is 9% hoër as verlede jaar.
Uit die 71 motorongelukke wat verlede week oor die hele land aangeteken is, het 30 in die Khomasstreek plaasgevind. Dít verteenwoordig meer as 42% van alle ongelukke.
Die Erongostreek is die tweede swaartse getref wat die aantal ongelukke betref. Elf ongelukke is hier aangemeld terwyl nege in Oshikoto geboekstaaf is.
Die meeste ongeluksterftes het in Erongo voorgekom – 75% van alle sterftes.
'n Totaal van 28 voertuie het die pad verlaat en omgeslaan.
In 13 van verlede week se motorongelukke was voetgangers betrokke.
'n Fietsryer was in een van die ongelukke betrokke, terwyl diere by twee ongelukke betrokke was.
Intussen sê adj.komm. Erastus Iikuyu, koördineerder van misdaadondersoeke in Erongo, ses mense het Sondagmiddag in 'n gru-ongeluk tussen Usakos en Arandis omgekom.
Hy sê 'n voertuig, wat net vir sewe mense geskik is, het ten tye van dié ongeluk tien insittendes gehad.
Volgens Iikuyu is aanduidings dat die linkeragterband van dié voertuig sowat 20 m voor Arandis gebars het waarna die bestuurder, mnr. Fillemon Sakaria (41), beheer daaroor verloor het en die voertuig omgeslaan het.
Sakaria en twee seuns van onderskeidelik nege en agt jaar oud, en twee meisies, onderskeidelik ses maande en 13 jaar oud, is op die toneel dood.
'n Tot dusver onbekende vrou het later in die staatshospitaal op Swakopmund aan haar wonde beswyk.
Iikuyu sê die oorskot is na die polisielykshuis op Walvisbaai geneem waar nadoodse ondersoeke gedoen sal word.
Teen gistermiddag is alle naasbestaandes van die ontslape kinders nog nie van hul dood in kennis gestel nie en die polisieondersoek na die ongeluk duur voort.
Die vier oorlewendes is met ernstige tot minder ernstige beserings in dieselfde hospitaal op Swakopmund opgeneem, het Iikuyu gesê.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie