Ongeluk op pad na sokkerwedstryd
Francoise Steynberg - Die name van die slagoffers van 'n ongeluk verlede Woensdag op die pad tussen Sangwali en Linyanti naby Kongola in die Zambezistreek is deur die Namibiese polisie bekend gemaak.
Die oorledenes is die 17-jarige meisie Namasiku Musa, en mnre. Alaska Masule (21), Timoth Mulozin (23) en Lipuo Mavuna (21).
"Vyf ander passasiers is ook in die ongeluk beseer wat gebeur het toe die bestuurder beheer oor die klein bakkie verloor het," sê die polisie.
Volgens die polisie se misdaadverslag was die oorledenes skoolkinders.
Op die Facebook-blad van West Coast Safety Initiative is berig dat die buiteband moontlik gebars het waarna die bestuurder beheer oor die bakkie verloor het. Daar was glo 14 insittendes, waarvan 12 kinders was, en hulle was op pad na 'n sokkerwedstryd.
Die beseerdes is aanvanklik na die Sangwali-kliniek geneem.
Die naasbestaandes van die oorledenes is ingelig en die polisieondersoek duur voort.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie