Ongelooflik, Beatrice en Christine!

Atletiek
Tielman van Lill
Tielman van Lill – Namibië se twee tienersensasies Beatrice Masilingi en Christine Mboma (nou beide 18), het Saterdag by die Pilditch-atletiekstadion in Pretoria opnuut vir opskuddings veroorsaak.

Masilingi het met ’n handtyd van 22.28 sekondes in die 200 meter (wat deur Wêreldatletiek erken sal word) opnuut die kwalifiserende merk vir die 2021 Olimpiese Spele in Tokio oortref. Mboma, wat in 22.73 tweede geplaas was, het ook vir die eerste keer in dié item haar kleim op deelname in Tokio afgesteek.

’n Belangrike voetnota is dat die wind boonop nie gehelp het nie, maar van voor af in die spoedvrate se gesig gedruk het.

Masilingi en Mboma het onderskeidelik 1 208 en 1 162 punte op Wêreldatletiek se internasionale ranglys verdien. Justine Palframan van Suid-Afrika was derde in 22.98 (1 137) en die Namibiese Pukke-student Ané Rautenbach (1 047) het sewende in 23.88 geëindig.

Mboma het met dié tyd vir die eerste keer vir die o.20-wêreldkampioenskap in die 200 haar hand opgesteek. Sy en Masilingi sal Augustusmaand beide in Nairobi, Kenia, vir die 200 aantree.

Behalwe die 200 het Mboma haar plek na Kenia ook vir die 400 én 800 meter bespreek, terwyl Masilingi ook vir die 100 en 400 haar spykerskoene gaan vasknoop.

NASIONALE REKORD

Masilingi (toe 17) het op 9 Desember verlede jaar in die einste stadion in ’n Gauteng-Noord-byeenkoms die sewe jaar oue senior Namibiese 200-rekord van Globine Mayova (23.34, 9 Maart 2013) in die 200 verpletter deur 22.94 op te stel.

Sy het boonop Saterdag ’n verdere 0.66 van ’n sekonde afgeknyp om opnuut ’n nuwe senior Namibiese rekord aan te teken.

Mnr. Henk Botha, afrigter van Masilingi en Mboma, sê beide was in Gauteng om op die 200 te konsentreer.

“Christine het wel die 400 op ’n drafstap in 50.10 gewen, maar haar doel was nie om ’n nuwe junior wêreldrekord te probeer opstel nie. Ons het planne en ’n vasgestelde program waarvolgens ons vir die Olimpiese Spele voorberei en Saterdag het die 200 vir haar aan die beurt gekom.

“Ons werk aan haar spoed vir die 400 en as bonus het sy vir Tokio haar vliegkaartjie bespreek. Die idee met ons voorbereiding is om so na as moontlik aan ’n finaal in Tokio te kom.

“Met die 200 was daar genadiglik ’n wind van voor in die pylvak. Dus was erkenning van die twee se toptye nie deur die wind van agter beïnvloed nie. Daar was ’n groot skok en konsternasie in die stadion toe Beatrice oor die wenstreep vir die 200 gevlieg het. Wat wel verkeerd geloop het, is die elektroniese tydapparaat wat aan Beatrice ’n nuwe 200-wêreldrekord met ’n verbysterende 20.31 sekondes toegeken het!

“Toe ek dit sien, het ek geweet iets is verkeerd, maar die fotograwe het haar so vinnig moontlik voor die tydhoubord laat poseer. Die beamptes het gelukkig gou agtergekom daar is fout en het die handtye gebruik, wat deur Wêreldatletiek aanvaar word. Dié tyd sal wel met ’n sterretjie op hul webblad uitgewys word.

“Beatrice se 22.28 is die vierde beste tyd ter wêreld hierdie seisoen op senior vlak. Nie-amptelik is sy nou die vierde vinnigste o.20-vrou in die geskiedenis van die 200. Die 20.31 is ’n uitstekende droom vir haar om na te jaag. ’n Mens weet nooit wat die toekoms vir haar kan oplewer nie.

“Haar 22.28 handtyd sou beslis as ’n elektroniese tyd nog vinniger gewees het, maar dis nou so en ons moet dit maar aanvaar. Daar is nog byeenkomste in die nabye toekoms waar ons vir ’n beter tyd kan mik.

“Christine se 22.73 is wel elektronies gemeet en oortref óók Beatrice se ou Namibiese rekord van 22.94.

“Ons vertrek (Dinsdag) se Italië om daar vir die Spele voor te berei. Op 7 Junie in Praag, Tsjeggië, sal Beatrice vir die 100 en 200 en Christine vir die 200 hul spykerskoene aantrek,” het Botha trots aan Republikein verduidelik.

WÊRELDKLAS

Shaunae Miller-Uibo (Bahamas) met 22.03 (wind +1.5 m/s van agter), Sha’Carri Richardson van die VSA in 22.11 (+1.0) en Gabrielle Thomas (VSA) met 22.17 (+0.7) is tans die vinnigstes op senior vlak vir 2021. Masilingi het Jenna Prandini van die VSA (22.43, +0.7) uit die vierde posisie gedruk.

Masilingi is egter die vinnigste o.20-vrou ter wêreld vir 2021. Favour Ofili van Nigerië het op 27 Mei in die VSA 22.63 (+1.2) behaal om tot laas naweek eerste op die wêreldranglys te wees.

Masilingi was tot Saterdag met 22.72 (-0.2) derde, met Tamari Davis (VSA) se 22.64 (+1.00) in die tweede posisie. Die Namibiër is egter nou stewig in beheer van die 200 en tye onder 22 sekondes is nie uitgesluit nie.

Die junior wêreldrekord (22.11, -0.5) staan sedert 3 Mei 2003 agter die Amerikaner, Allyson Felix, se naam. Sy het dié rekord op die ouderdom van 17 jaar en 166 dae in Mexikostad beklink. Sy het in 2004 by die Olimpiese Spele in Griekeland 22.18 aangeteken.

• Jolene Jacobs, heersende Namibiese kampioen, in die 100, het met 11.80 (vierde plek) vir die 2021 Afrika-kampioenskap gekwalifiseer. Haar persoonlike beste bly 11.50 in 2018.

Ané Rautenbach was sesde in die 100 met 11.91. Haar persoonlike beste is 11.77.

Die polisieman Ernst Narib het aan die 400 deelgeneem, maar kon nie vir die Spele kwalifiseer nie. Hy was Saterdag met 46.69 agtste in sy item en kon ook nie sy persoonlike beste tyd van 46.17 (2014) klop nie.

[email protected]


FOTO
Die wêreldklas Beatrice Masilingi (links) en Christine Mboma vertrek vandeesweek na Italië vir hul voorbereiding. Op 7 Junie sal beide in Praag vir 'n byeenkoms aantree. Foto’s verskaf

Kommentaar

Republikein 2024-05-18

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Manchester United 3 vs 2 Newcastle | Brighton 1 vs 2 Chelsea LaLiga: Real Sociedad 1 vs 0 Valencia | Almería 0 vs 2 Barcelona | Las Palmas 2 vs 2 Real Betis | Celta Vigo 2 vs 1 Athletic Club | Getafe 0 vs 3 Atletico Madrid | Sevilla 0 vs 1 Cadiz | Rayo Vallecano 2 vs 1 Granada SerieA: Fiorentina 2 vs 2 Napoli European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City English Championship: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City Katima Mulilo: 10° | 31° Rundu: 10° | 30° Eenhana: 12° | 31° Oshakati: 13° | 31° Ruacana: 12° | 31° Tsumeb: 14° | 29° Otjiwarongo: 12° | 27° Omaruru: 13° | 30° Windhoek: 12° | 27° Gobabis: 13° | 27° Henties Bay: 19° | 33° Wind speed: 41km/h, Wind direction: NE, Low tide: 06:32, High tide: 12:50, Low Tide: 18:28, High tide: 00:56 Swakopmund: 20° | 23° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SE, Low tide: 06:30, High tide: 12:48, Low Tide: 18:26, High tide: 00:54 Walvis Bay: 22° | 32° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SE, Low tide: 06:30, High tide: 12:47, Low Tide: 18:26, High tide: 00:53 Rehoboth: 12° | 27° Mariental: 16° | 29° Keetmanshoop: 17° | 29° Aranos: 16° | 29° Lüderitz: 19° | 35° Ariamsvlei: 16° | 31° Oranjemund: 14° | 31° Luanda: 24° | 28° Gaborone: 13° | 27° Lubumbashi: 11° | 27° Mbabane: 11° | 23° Maseru: 8° | 23° Antananarivo: 14° | 24° Lilongwe: 15° | 26° Maputo: 19° | 26° Windhoek: 12° | 27° Cape Town: 15° | 20° Durban: 16° | 24° Johannesburg: 15° | 24° Dar es Salaam: 24° | 32° Lusaka: 15° | 26° Harare: 12° | 26° Currency: GBP to NAD 23.01 | EUR to NAD 19.73 | CNY to NAD 2.51 | USD to NAD 18.15 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.7 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.55 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.35 | USD to AOA 847.42 | USD to BWP 13.49 | USD to EGP 46.86 | USD to KES 130.48 | USD to NGN 1467 | USD to ZAR 18.15 | USD to ZMW 25.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 79530.63 Up +0.03% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1754.58 Up +0.81% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13426.13 Up +0.11% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26142.84 Up +3.27% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 414.72/OZ UP +1.55% | Copper US$ 5.04/lb UP +4.12% | Zinc US$ 3 059.30/T UP 0.11% | Brent Crude Oil US$ 84.28/BBP UP +0.60% | Platinum US$ 1 084.88/OZ UP +2.19% Sport results: Premier League: Manchester United 3 vs 2 Newcastle | Brighton 1 vs 2 Chelsea LaLiga: Real Sociedad 1 vs 0 Valencia | Almería 0 vs 2 Barcelona | Las Palmas 2 vs 2 Real Betis | Celta Vigo 2 vs 1 Athletic Club | Getafe 0 vs 3 Atletico Madrid | Sevilla 0 vs 1 Cadiz | Rayo Vallecano 2 vs 1 Granada SerieA: Fiorentina 2 vs 2 Napoli European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City English Championship: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City Weather: Katima Mulilo: 10° | 31° Rundu: 10° | 30° Eenhana: 12° | 31° Oshakati: 13° | 31° Ruacana: 12° | 31° Tsumeb: 14° | 29° Otjiwarongo: 12° | 27° Omaruru: 13° | 30° Windhoek: 12° | 27° Gobabis: 13° | 27° Henties Bay: 19° | 33° Wind speed: 41km/h, Wind direction: NE, Low tide: 06:32, High tide: 12:50, Low Tide: 18:28, High tide: 00:56 Swakopmund: 20° | 23° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SE, Low tide: 06:30, High tide: 12:48, Low Tide: 18:26, High tide: 00:54 Walvis Bay: 22° | 32° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SE, Low tide: 06:30, High tide: 12:47, Low Tide: 18:26, High tide: 00:53 Rehoboth: 12° | 27° Mariental: 16° | 29° Keetmanshoop: 17° | 29° Aranos: 16° | 29° Lüderitz: 19° | 35° Ariamsvlei: 16° | 31° Oranjemund: 14° | 31° Luanda: 24° | 28° Gaborone: 13° | 27° Lubumbashi: 11° | 27° Mbabane: 11° | 23° Maseru: 8° | 23° Antananarivo: 14° | 24° Lilongwe: 15° | 26° Maputo: 19° | 26° Windhoek: 12° | 27° Cape Town: 15° | 20° Durban: 16° | 24° Johannesburg: 15° | 24° Dar es Salaam: 24° | 32° Lusaka: 15° | 26° Harare: 12° | 26° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.01 | EUR to NAD 19.73 | CNY to NAD 2.51 | USD to NAD 18.15 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.7 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.55 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.35 | USD to AOA 847.42 | USD to BWP 13.49 | USD to EGP 46.86 | USD to KES 130.48 | USD to NGN 1467 | USD to ZAR 18.15 | USD to ZMW 25.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 79530.63 Up +0.03% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1754.58 Up +0.81% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13426.13 Up +0.11% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26142.84 Up +3.27% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 414.72/OZ UP +1.55% | Copper US$ 5.04/lb UP +4.12% | Zinc US$ 3 059.30/T UP 0.11% | Brent Crude Oil US$ 84.28/BBP UP +0.60% | Platinum US$ 1 084.88/OZ UP +2.19%