Ongeloof toe hy bakkie wen

16 January 2020 | Gebeure
Tanja Bause – “Ek het nog altyd net van mense gehoor wat goed wen, maar ek het nog nie self gewen nie – al neem ek altyd aan kompetisies deel.

“Dié jaar het dit gebeur en ek het gewen,” sê mnr. Marcellus Nanyalo.

Nanyalo het verlede jaar aan Indongo Toyota se SMS-kompetisie deelgeneem en ’n splinternuwe Hilux-bakkie gewen.

Die kompetisie het van Oktober tot Desember 2019 gestrek.

Volgens mnr. Hans-Joachim Steinkopf, Indongo Toyota Windhoek se handelshoof, kon enigiemand aan die kompetisie deelneem.

“Mense kon soveel SMS’e instuur soos hulle wou. Ons is een van die Nedbank Desert Dash se vier hoofborge en het die kompetisie van stapel gestuur om meer publisiteit te kry,” sê Steinkopf.

“Laas week het Dynamic Mobile Solutions, wat die SMS-stelsel vir die kompetisie verskaf het, vir ons ’n wennommer deurgestuur. Ons het die nommer geskakel en ons wenner, Marcellus, het geantwoord.”

Volgens Nanyalo het hy sowat 13 SMS’e gestuur, maar weens netwerkprobleme in die Noorde het baie van hulle nie deurgegaan nie.

“Die laaste SMS wat ek gestuur het, was op 31 Desember om 23:45,” sê hy.

Nanyalo sê hy het in Desember ’n dubbelkajuitbakkie by Indongo Toyota gekoop.

Hy is die eienaar van MN Refrigeration and Electrical en het die bakkie vir werks- en private gebruik aangeskaf.

“Ek gaan die bakkie wat ek nou gewen het uitsluitlik vir my besigheid gebruik. Ek is so dankbaar vir die Here wat dit moontlik gemaak het en vir wat Indongo Toyota vir die nasie doen,” sê hy.

[email protected]

Soortgelyk

 

Khomas se Vries bevorder

2 ure gelede | Onderwys

Mnr. Gerard Vries, voorheen direkteur van onderwys in die Khomasstreek, is met ingang 1 September as die nuwe adjunk uitvoerende direkteur vir lewenslange onderrig in...

Geweldenaars op vrye voet

14 ure gelede | Misdaad

Denver Kisting – Teen gistermiddag was die man steeds op vrye voet wat glo Saterdagoggend by 'n huis in Havana ingebreek en 'n vrou ten...

Swaar straf wag op Covid-oortreders

14 ure gelede | Regering

Denver Kisting – Dr. Kalumbi Shangula, die mi­nister van gesondheid en maatskaplike dienste, sê geskoei op Namibiërs se gedrag vandat die noodtoestand ten einde geloop...

Weer, Maandag 21 September 2020

14 ure gelede | Weer

BINNELAND: Gedeeltelik bewolk en baie warm in die noordoostelike streke met 'n paar buie in die Zambezi. Elders sonnig en baie warm tot bloedig warm.KUS:...

Toeriste uit Europa land

14 ure gelede | Vervoer

Augetto GraigEurowings se vlug LH5434 het gisteroggend net voor sonop vanuit Frankfurt by die Internasionale Lughawe Hosea Kutako geland. Die Airbus A330-300 met 280 sitplekke...

Itula: 'Outokratiese' aantygings pla nie

14 ure gelede | Politiek

Jemima Beukes – Die leier van die Independent Patriots for Change (IPC), dr. Panduleni Itula, sê kritici en beswaarde lede wat hom as 'n “huigelaar”...

NSFAF subsidieer skootrekenaars, datatoestelle

14 ure gelede | Onderwys

Augetto Graig – Namibiese studente sal binnekort gesubsidieerde skootrekenaars en goedkoop data kan koop om aanlyn afstandsonderrig te vergemaklik. Die Finansiële Hulpfonds vir Namibiese Studente...

Gertze skotvry ná skietvoorval

14 ure gelede | Howe

Ogone Tlhage – Die klag van poging tot moord teen die uitvoerende direkteur van die Namibiese Kwalifikasieowerheid (NQA), mnr. Franz Gertze, is Donderdag in die...

WEN AFSLAG OP 'N VAKANSIE

14 ure gelede | Gebeure

In aanloop tot die ­Namibië ­Toerisme Ekspo gee ­Republikein elke dag tot 6 November een afslag-reisbewys ter waarde van N$1 000 weg.SMS die sleutelwoord “NTE2020”...