Ongekende ontwrigting van sport oral
Ongekende ontwrigting van sport oral

Ongekende ontwrigting van sport oral

Nie net Grand Prix-wedrenne, Superrugby of sokkerligas in verre bestemmings bly in die slag nie, maar ook geleenthede veel nader aan die huis.
Andrew Poolman
Andrew Poolman – Die impak van die coronavirus-pandemie op die sportwêreld is in die afgelope dae ook tot op Namibiërs se voorstoep gebring.
President Hage Geingob se afkondiging Saterdagoggend dat enige “groot byeenkomste” vir die volgende dertig dae opgeskort moet word, het reeds tot verskeie kansellasies gelei, met verdere onderbrekings en uitstelle wat in die vooruitsig is.
Van kontaksporte soos rugby en sokker, tot krieket, fietsry en padwedlope se gebeurtenisse – klein en groot – het reeds in die slag gebly.
Die gevoelens van teleurstelling dat opwindende gebeure nie meer plaasvind nie en selfs die finansiële koste van kansellasies word vir die komende weke oortref deur die belangrikheid om veilig te bly en die risiko van verspreiding van die hoogs aansteeklike coronavirus te vermy.

KRIEKET
Die wêreldtoernooi vir krieketspanne ouer as 50 jaar wat in Kaapstad aan die gang was, is gistermiddag eensklaps ook deur die vrese vir die verspreiding van die coronavirus uitgeboul.
Vreemd genoeg is hierdie nuus presies halfpad deur gister se wedstryde aan die twaalf deelnemende spanne bekend gemaak.
Só het die Namibiese uitnodigingspan byvoorbeeld net klaar gekolf aan sy toegelate 45 boulbeurte teen Engeland en op 137/8 geëindig. Gavin Murgatroyd het ’n vyftigtal behaal (53 van 90 balle, 7x4 1x6) en Rudi Birkenstock het 38 lopies bygedra.
Voordat Engeland egter met sy kolfbeurt kon begin, is die spanne ingelig dat die toernooi met onmiddellike effek gestaak is.
Die Namibiese spanbestuurder, mnr. Leeba Fouché, het aan die koerant bevestig dat die deelnemende spanne gisteraand tydens ’n vergadering toegespreek sou word.
Ná twee voltooide wedstryde elk eindig Namibië onderaan die ses spanne in groep B, ná nederlae teen Pakistan en Wallis.
Pakistan (eerste) en Suid-Afrika het albei twee uit twee gewen, gevolg deur Engeland (derde), Wallis en Indië met een oorwinning elk.
• Vrydagmiddag het Nederland ook bekend gemaak dat sy nasionale span se toer na Namibië (25 Maart tot 1 April) gekanselleer is.
Vir beide spanne sou hierdie reeks waarvan Castle Lite die hoofborg sou wees, gedien het as ’n uitstekende opbou na die T20 Wêreldbeker waaraan beide later vanjaar in Australië gaan meeding.
Krieket Namibië se uitvoerende hoof, mnr. Johan Muller, het in die nuusverklaring gesê: “Hierdie reeks sou vir ons toeskouers ’n hoogtepunt op die kalender gewees het, maar in die lig van die nuutste inligting oor die verspreiding van die virus in veral Europese lande, het ons begrip en ons ondersteun die besluit deur die Koninklijke Nederlandse Cricket Bond (KNCB).
“Nederland is ’n hoog gerekende krieketland en ons glo sodra die virus onder beheer gebring is, sal ons kan probeer om die toer na Windhoek te herskeduleer.”
In ’n onderhoud met NMH gister het Krieket Namibië se president, dr. Rudie van Vuuren, gesê die beheerliggaam het reeds die uitsaairegte aan ’n maatskappy in Indië verkoop en dat dié inkomste nou daarmee heen is.
Volgens Van Vuuren het Krieket Namibië die oefenprogramme van sy hoëprestasiegroepe (senior én ouderdomsgroepe) voorlopig gestaak.
“Ligawedstryde is die afgelope naweek nog gespeel, maar ons sal moet besluit of dit nog voortgaan. Ten minste is krieket nie ’n kontaksport nie en is die risiko vir oordraging van die aansteeklike virus heelwat minder.
“Die ander faktore in Namibië se guns is ons lae bevolkingsdigtheid asook die warm klimaat en hoë getal sonskyndae, teen ’n virus wat sensitief vir sonlig is.
“As mediese dokter is ek wel besorg oor Namibië se kapasiteit sover dit intensiewesorg betref.
“Sporte soos krieket en gholf behoort eintlik redelik veilig te wees, maar terwyl die res van die wêreld reeds tot stilstand gekom het, is ek ’n voorstander dat ons dieselfde doen totdat die virus onder beheer gebring is.”

SKOLESPORT
Soos verwag het komende skolesportbyeenkomste ook gisteraand geswig voor die landwye nasionale sluiting van skole.
Die kansellasies is die HTS Hennie de Waal sportfees (komende Woensdag tot Saterdag); die NAPSO-atletiekbyeenkoms vir privaatskole (Maandag 23 en Dinsdag 24 Maart by Pro-Ed Akademie op Swakopmund), asook die Woestynfees op Walvisbaai.
Mnr. Wouter Niehaus van NAPSO het gisteraand gesê: “NAPSO gee sonder voorwaardes of teëspraak gehoor aan die afkondiging dat skole landwyd vir vier weke gesluit bly.
“Die atletiek is afgestel vir vanjaar. Pro-Ed behou sy status as gasheer vir volgende jaar. Ons waardeer al hul moeite – dit kos werklik só ’n onvoorsiene en katastrofiese gebeurtenis om ’n byeenkoms soos dié te laat afstel.”

FIETSRY
Dertien Namibiese bergfietsryers was Vrydagaand reeds in Kaapstad toe die nuus rugbaar geword het dat die Absa Cape Epic gekanselleer is wat gisteroggend sou begin.
Inskrywings vir deelname aan die agtdaagse toer deur die Wes-Kaap beloop ’n aardige bedrag en deelnemers wat reeds van oral in die wêreld gereis het, was uiteraard bitter teleurgesteld dat hulle tot op die laaste oomblik hoopvol gehou is dat die Epic sou voortgaan.
Frank Snyman (55), een van die Windhoekers, het baie uitgesien om sy tweede Epic te voltooi nadat hy ’n hartkwaal twee jaar gelede danksy ’n operasie oorkom het.
“Ek dink dit is ’n kwessie van ‘unfinished business’; ons sal weer moet terugkom daarvoor,” sê hy.
“Die aankondiging was ’n verskriklike emosionele skok. Hoe die organiseerders van Cape Epic dit verder gaan hanteer, sal ’n behoorlike toets wees vir hul handelsmerk en waarvoor hulle staan.
“Die besluit wat geneem was deur die organiseerders, borge en die provinsiale regering van die Wes-Kaap was onafwendbaar en hulle het ’n nege ure marathonvergadering gehad om alle moontlike oplossings te ondersoek.
“Dit is ongelooflik om te sien watter impak ’n griepepidemie regoor die wêreld kan hê en op watter fronte dit paniek en bollemakiesie in beplande projekte veroorsaak waarteen ons as mens nie bestand is nie.”
Volgens Snyman was hy Vrydagaand so geskok dat hy nie die trane van teleurstelling kon keer nie.
“Al die harde werk en toewyding met betrekking tot oefening was binne sekondes in die wind. Die finansiële implikasies van hierdie tipe gebeurtenis is asemrowend groot uit verskeie oogpunte.
“Ek en Ian (spanmaat Ian Grassow) moes inderhaas ons vliegkaartjies by Air Namibia verander om dadelik terug te vlieg Windhoek toe, omdat ons bekommerd is dat die Namibiese grense dalk gesluit kan word.”
“Dit was ’n slegte ervaring om (Saterdag)oggend met ons fietse na die registrasieplek te gaan en die absolute onheilspellende stilte te beleef.

RUGBY
Die president van die Namibië Rugby-unie, mnr. Corrie Mensah, het oor die naweek voelers uitgesteek vir ’n ontmoeting met minister Erastus Utoni van sport, jeug en nasionale diens.
Volgens Mensah wil hy graag groter duidelikheid verkry oor waar die streep getrek word sover dit die presidensiële verbod op “groot byeenkomste” betref.
Die vraag of rugbyklubs of selfs die nasionale oefengroepe intussen enigsins nog oefensessies mag hou, is een van die kwessies waaroor Mensah duideliker riglyne verlang.
Die NRU se wedstrydprogram vir die premierliga, reserweliga en eerste liga is geskeduleer om binne minder as die verklaarde dertig dae (op 4 April) af te skop.
Die Welwitschias se eerste wedstryd in die SuperSport-reeks is op 25 April teen die Blou Bulle in Windhoek.
• In hoërskolerugby is die Momentum ligas se program opgestel om op Saterdag 16 Mei te begin.
“In hierdie stadium het ons nog nie aan ’n gebeurlikheidsplan aandag gegee nie. Hopelik sal alles teen daardie tyd na normaal teruggekeer het; dit is darem nog twee maande,” sê die Hoërskolerugbyvereniging se sekretaris, mnr. Hermann Rust.

PADWEDLOPE
Organiseerders van die Sanlam Kusmarathon wat komende naweek op Swakopmund sou plaasvind, moes ook inderhaas hul planne in trurat gooi.
“In pas met die amptelike verklaring deur president Hage Geingob vroeër vandag, moet Sanlam Namibië met teleurstelling die kansellasie aankondig van die Sanlam Kusmarathon wat soos altyd ywerig afgewag was.
“Die gesondheid van al ons deelnemers en rolspelers is egter vir ons belangriker. Ons bedank almal vir hul ondersteuning en begrip in dié verband.”
• Die Okahandja-hardloopklub het ook intussen aangekondig dat die voorkomende maatreëls teen coronavirus daartoe gelei het dat sy padwedloop ter viering van Onafhanklikheid komende naweek gekanselleer is.
“Formele kommunikasie sal aan alle deelnemers gestuur word om die terugbetaling van inskrywingsgeld te reël.”

SOKKER
Die Brave Warriors se vriendskaplike oefenwedstryd wat afgelope Saterdag op Swakopmund sou plaasvind, is deur die Namibiese Sokkervereniging (NFA) gekanselleer.
Die nasionale span berei hom vir die Konfederasie van Afrika-sokker (CAF) se Afrika Nasieskampioenskap (CHAN) wat ook in die weegskaal is, maar wat gister steeds nie amptelik afgestel was nie.
Die CHAN-toernooi in Kameroen se bestemde afskop is om die draai (4 tot 25 April). Die titelhouer Marokko, asook Rwanda, se regerings het reeds hul spanne uit die toernooi onttrek.

Kommentaar

Republikein 2024-05-18

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Manchester United 3 vs 2 Newcastle | Brighton 1 vs 2 Chelsea LaLiga: Real Sociedad 1 vs 0 Valencia | Almería 0 vs 2 Barcelona | Las Palmas 2 vs 2 Real Betis | Celta Vigo 2 vs 1 Athletic Club | Getafe 0 vs 3 Atletico Madrid | Sevilla 0 vs 1 Cadiz | Rayo Vallecano 2 vs 1 Granada SerieA: Lecce 0 vs 2 Atalanta | Fiorentina 2 vs 2 Napoli European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City English Championship: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City Katima Mulilo: 10° | 31° Rundu: 10° | 30° Eenhana: 12° | 31° Oshakati: 13° | 31° Ruacana: 12° | 31° Tsumeb: 14° | 29° Otjiwarongo: 12° | 27° Omaruru: 13° | 30° Windhoek: 12° | 27° Gobabis: 13° | 27° Henties Bay: 19° | 33° Wind speed: 41km/h, Wind direction: NE, Low tide: 06:32, High tide: 12:50, Low Tide: 18:28, High tide: 00:56 Swakopmund: 20° | 23° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SE, Low tide: 06:30, High tide: 12:48, Low Tide: 18:26, High tide: 00:54 Walvis Bay: 22° | 32° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SE, Low tide: 06:30, High tide: 12:47, Low Tide: 18:26, High tide: 00:53 Rehoboth: 12° | 27° Mariental: 16° | 29° Keetmanshoop: 17° | 29° Aranos: 16° | 29° Lüderitz: 19° | 35° Ariamsvlei: 16° | 31° Oranjemund: 14° | 31° Luanda: 24° | 28° Gaborone: 13° | 27° Lubumbashi: 11° | 27° Mbabane: 11° | 23° Maseru: 8° | 23° Antananarivo: 14° | 24° Lilongwe: 15° | 26° Maputo: 19° | 26° Windhoek: 12° | 27° Cape Town: 15° | 20° Durban: 16° | 24° Johannesburg: 15° | 24° Dar es Salaam: 24° | 32° Lusaka: 15° | 26° Harare: 12° | 26° Currency: GBP to NAD 23.01 | EUR to NAD 19.73 | CNY to NAD 2.51 | USD to NAD 18.15 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.7 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.55 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.35 | USD to AOA 847.42 | USD to BWP 13.49 | USD to EGP 46.86 | USD to KES 130.48 | USD to NGN 1467 | USD to ZAR 18.15 | USD to ZMW 25.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 79530.63 Up +0.03% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1754.58 Up +0.81% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13426.13 Up +0.11% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26142.84 Up +3.27% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 414.72/OZ UP +1.55% | Copper US$ 5.04/lb UP +4.12% | Zinc US$ 3 059.30/T UP 0.11% | Brent Crude Oil US$ 84.28/BBP UP +0.60% | Platinum US$ 1 084.88/OZ UP +2.19% Sport results: Premier League: Manchester United 3 vs 2 Newcastle | Brighton 1 vs 2 Chelsea LaLiga: Real Sociedad 1 vs 0 Valencia | Almería 0 vs 2 Barcelona | Las Palmas 2 vs 2 Real Betis | Celta Vigo 2 vs 1 Athletic Club | Getafe 0 vs 3 Atletico Madrid | Sevilla 0 vs 1 Cadiz | Rayo Vallecano 2 vs 1 Granada SerieA: Lecce 0 vs 2 Atalanta | Fiorentina 2 vs 2 Napoli European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City English Championship: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City Weather: Katima Mulilo: 10° | 31° Rundu: 10° | 30° Eenhana: 12° | 31° Oshakati: 13° | 31° Ruacana: 12° | 31° Tsumeb: 14° | 29° Otjiwarongo: 12° | 27° Omaruru: 13° | 30° Windhoek: 12° | 27° Gobabis: 13° | 27° Henties Bay: 19° | 33° Wind speed: 41km/h, Wind direction: NE, Low tide: 06:32, High tide: 12:50, Low Tide: 18:28, High tide: 00:56 Swakopmund: 20° | 23° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SE, Low tide: 06:30, High tide: 12:48, Low Tide: 18:26, High tide: 00:54 Walvis Bay: 22° | 32° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SE, Low tide: 06:30, High tide: 12:47, Low Tide: 18:26, High tide: 00:53 Rehoboth: 12° | 27° Mariental: 16° | 29° Keetmanshoop: 17° | 29° Aranos: 16° | 29° Lüderitz: 19° | 35° Ariamsvlei: 16° | 31° Oranjemund: 14° | 31° Luanda: 24° | 28° Gaborone: 13° | 27° Lubumbashi: 11° | 27° Mbabane: 11° | 23° Maseru: 8° | 23° Antananarivo: 14° | 24° Lilongwe: 15° | 26° Maputo: 19° | 26° Windhoek: 12° | 27° Cape Town: 15° | 20° Durban: 16° | 24° Johannesburg: 15° | 24° Dar es Salaam: 24° | 32° Lusaka: 15° | 26° Harare: 12° | 26° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.01 | EUR to NAD 19.73 | CNY to NAD 2.51 | USD to NAD 18.15 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.7 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.55 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.35 | USD to AOA 847.42 | USD to BWP 13.49 | USD to EGP 46.86 | USD to KES 130.48 | USD to NGN 1467 | USD to ZAR 18.15 | USD to ZMW 25.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 79530.63 Up +0.03% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1754.58 Up +0.81% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13426.13 Up +0.11% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26142.84 Up +3.27% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 414.72/OZ UP +1.55% | Copper US$ 5.04/lb UP +4.12% | Zinc US$ 3 059.30/T UP 0.11% | Brent Crude Oil US$ 84.28/BBP UP +0.60% | Platinum US$ 1 084.88/OZ UP +2.19%