Ongava, 'n 'lewende laboratorium'

Deur renostergenetika het die getalle in die broeiprogram aansienlik gegroei.
Francoise Steynberg
Francoise Steynberg op Ongava - Ongava Private Wildreservaat, wat grens aan die ooste van die Etosha Nasionale Park, is nie net die tuiste van skaars wildsoorte nie, maar ook 'n belangrike navor­singsentrum.

Dié privaatnatuurreservaat van 30 000 hektaar spog met 'n navorsingsentrum wat internasionaal erken word. Die sentrum is in 2006 deur die bekende dr. Ken Stratford en sy vrou, Sabine, gestig.

Hulle bestudeer 'n groot verskeidenheid fauna en flora, wat suksesvolle broeibevolkings van beide wit- en swartrenosters, asook die skaars swartgesig-impala buite die Etosha Nasionale Park, insluit. Ongava is ook die tuiste van 'n groot, vrylopende leeubevolking.

Toe Ongava in 1991 oopmaak, was sy doel om 'n hawe vir groot en skaars wildbevolkings te wees.

Deur navorsing te doen kan die reservaat sy hulpbronne beter bestuur om die kosbare natuurlike erfenis te bewaar.

Ongava se navorsingsentrum word privaat gefinansier en is toegewy aan die wetenskaplike studie van die reservaat se totale ekostelsel.

Met meer as 1 000 diere, wat byna 100 verskillende soogdiere en 'n groot verskeidenheid voëls en reptiele insluit, is dit 'n “lewende laboratorium” vir navorsing.

Die sentrum se studie oor renostergenetika is maar een van hul suksesverhale. Hul broeiprogram het in 1995 uit slegs ses witrenosters bestaan, maar dié getal het intussen aansienlik gegroei.

Ongava speel 'n groot rol in die bewaring van swart- en witrenosters, danksy die pogings van bewaarders en die analise van Ongava se vrylopende renosterbevolkings. Die swartrenosters val onder die ministerie van die omgewing en toerisme se model van bewaarderskap.



METODES

Karnivore is belangrik vir 'n gesonde ekostelsel. Afgesien van die gewone sensusmetodes, word tegnologie gebruik om die bevolkingstatus van medium en groot karnivore te bepaal.

Leeus, gevlegte hiënas en luiperds word met GPS-nekbande toegerus. Die data van hierdie nekbande word gebruik om uit te vind hoe ­karnivore hul spasie gebruik en met mekaar vir prooi meeding.

Versteekte kameras word ook gebruik om te monitor hoe ­karnivore watergate gebruik.

'n Geolografiese inligtingstelsel (GIS), wat elke aspek van die plaaslike ekostelsel dek, word vir navorsingsdoeleindes gebruik. Die aspekte sluit geologie, waterbronne, die dinamika tussen die verskillende diere­bevolkings en selfs die weer in.

Navorsers doen steekproewe, stel kaarte op, maak opnames en sny spoor - alles om 'n geheelbeeld van Ongava te kry.

Data van lugsensusopnames, tellings by watergate, GPS-opsporings, afstandbeheerde moniteringstelsels en eerstehandse navorsing word ook gebruik.



NUWE BESOEKERSENTRUM

'n Nuwe navorsing- en besoekersentrum gaan vanjaar by een van die vier blyplekke, Andersson's Camp, gebou word.

Toeriste gaan eerstehands kan ervaar hoe natuurbewaring gedoen word.

Leerlinge en studente sal die sentrum kan besoek.

Meer interaksie tussen toeriste en navorsers sal aangemoedig word, “want natuurbewaring en toerisme­ ondersteun mekaar,” het mnr. Stuart Crawford, bedryfsdirekteur van Ongava gesê.

Kommentaar

Republikein 2024-05-03

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Chelsea 2 vs 0 Tottenham Hotspur European Championships Qualifying: Coventry City 1 vs 2 Ipswich Town English Championship: Coventry City 1 vs 2 Ipswich Town Katima Mulilo: 12° | 32° Rundu: 13° | 32° Eenhana: 13° | 32° Oshakati: 15° | 32° Ruacana: 15° | 33° Tsumeb: 16° | 30° Otjiwarongo: 13° | 29° Omaruru: 13° | 31° Windhoek: 12° | 27° Gobabis: 15° | 28° Henties Bay: 14° | 21° Wind speed: 20km/h, Wind direction: SW, Low tide: 05:43, High tide: 12:02, Low Tide: 17:54, High tide: 00:23 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 19km/h, Wind direction: W, Low tide: 05:41, High tide: 12:00, Low Tide: 17:52, High tide: 00:21 Walvis Bay: 16° | 25° Wind speed: 28km/h, Wind direction: W, Low tide: 05:41, High tide: 11:59, Low Tide: 17:52, High tide: 00:20 Rehoboth: 14° | 29° Mariental: 17° | 31° Keetmanshoop: 19° | 31° Aranos: 16° | 31° Lüderitz: 15° | 25° Ariamsvlei: 18° | 33° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 25° | 28° Gaborone: 14° | 27° Lubumbashi: 12° | 26° Mbabane: 12° | 26° Maseru: 11° | 25° Antananarivo: 13° | 24° Lilongwe: 13° | 27° Maputo: 19° | 28° Windhoek: 12° | 27° Cape Town: 15° | 19° Durban: 17° | 28° Johannesburg: 16° | 25° Dar es Salaam: 24° | 28° Lusaka: 15° | 27° Harare: 13° | 28° Currency: GBP to NAD 23.19 | EUR to NAD 19.89 | CNY to NAD 2.56 | USD to NAD 18.51 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.31 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.68 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.62 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.3 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.64 | USD to EGP 47.9 | USD to KES 133.98 | USD to NGN 1349.9 | USD to ZAR 18.5 | USD to ZMW 27.05 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 76046.88 Down -0.04% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1692.54 Up +0.10% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13322.85 Up +0.03% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26113.71 Up +6.81% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9146.09 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 298.14/OZ DOWN -0.011 | Copper US$ 4.50/lb DOWN -0.0071 | Zinc US$ 2 927.00/T UP 0.52% | Brent Crude Oil US$ 84.80/BBP UP +0.60% | Platinum US$ 960.97/OZ UP +0.57% Sport results: Premier League: Chelsea 2 vs 0 Tottenham Hotspur European Championships Qualifying: Coventry City 1 vs 2 Ipswich Town English Championship: Coventry City 1 vs 2 Ipswich Town Weather: Katima Mulilo: 12° | 32° Rundu: 13° | 32° Eenhana: 13° | 32° Oshakati: 15° | 32° Ruacana: 15° | 33° Tsumeb: 16° | 30° Otjiwarongo: 13° | 29° Omaruru: 13° | 31° Windhoek: 12° | 27° Gobabis: 15° | 28° Henties Bay: 14° | 21° Wind speed: 20km/h, Wind direction: SW, Low tide: 05:43, High tide: 12:02, Low Tide: 17:54, High tide: 00:23 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 19km/h, Wind direction: W, Low tide: 05:41, High tide: 12:00, Low Tide: 17:52, High tide: 00:21 Walvis Bay: 16° | 25° Wind speed: 28km/h, Wind direction: W, Low tide: 05:41, High tide: 11:59, Low Tide: 17:52, High tide: 00:20 Rehoboth: 14° | 29° Mariental: 17° | 31° Keetmanshoop: 19° | 31° Aranos: 16° | 31° Lüderitz: 15° | 25° Ariamsvlei: 18° | 33° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 25° | 28° Gaborone: 14° | 27° Lubumbashi: 12° | 26° Mbabane: 12° | 26° Maseru: 11° | 25° Antananarivo: 13° | 24° Lilongwe: 13° | 27° Maputo: 19° | 28° Windhoek: 12° | 27° Cape Town: 15° | 19° Durban: 17° | 28° Johannesburg: 16° | 25° Dar es Salaam: 24° | 28° Lusaka: 15° | 27° Harare: 13° | 28° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.19 | EUR to NAD 19.89 | CNY to NAD 2.56 | USD to NAD 18.51 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.31 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.68 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.62 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.3 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.64 | USD to EGP 47.9 | USD to KES 133.98 | USD to NGN 1349.9 | USD to ZAR 18.5 | USD to ZMW 27.05 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 76046.88 Down -0.04% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1692.54 Up +0.10% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13322.85 Up +0.03% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26113.71 Up +6.81% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9146.09 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 298.14/OZ DOWN -0.011 | Copper US$ 4.50/lb DOWN -0.0071 | Zinc US$ 2 927.00/T UP 0.52% | Brent Crude Oil US$ 84.80/BBP UP +0.60% | Platinum US$ 960.97/OZ UP +0.57%