'Onderwysstelsel grootste oorsaak van werkloosheid, misdaad'
Die DTA het na aanleiding van die graad 12-eksamenuitslae skerp kritiek oor die stand van onderwys in die land uitgespreek.
Estelle de Bruyn - Die Namibiese onderwysstelsel is nog vér van die verwesenliking van sy gestelde doelwitte van gelykheid en gehalte in onderrig.
So sê die DTA se sekretaris van onderwys, me. Elma Dienda.
“Met die instelling van gratis primêre en sekondêre onderwys en die gedeeltelike lokalisering van die onderwysleerplan ingevolge die Namibiese senior sertifikaat, het Namibië na my mening ver gevorder om toegang en demokrasie, die ander twee pilare van die onderwysstelsel, te verbeter.
“Gelykheid en gehalte binne die onderwysbedeling bly egter 'n reuseprobleem. 'n Mens hoef net na die bes presterende leerlinge en skole te kyk om te besef die gehalte van private skole se onderwys is ver bo dié van staatskole.
“Dit lei weer tot ongelyke toegang tot gehalte onderwys, aangesien welaf mense en die elite dit kan bekostig om hul kinders in duur private skole te sit,” sê Dienda.
Sy sê in die nasionale begroting vir die 2015-'16-boekjaar is altesaam 18 persent van die totale begroting aan die onderwyssektor toegeken. Gevolglik is dit, volgens Dienda, onaanvaarbaar dat die Namibiese publiek nie werklike resultate op hierdie betekenisvolle belegging ontvang nie.
“Indien net 37 persent van voltydse graad 12-kandidate voldoende punte behaal om vir universiteitstoelating te kwalifiseer, is dit duidelik dat ons 'n sistemiese probleem in die gesig staar.
“Wanneer daar talle skole in die land is waar nie eens 'n enkele leerling in staat was om te slaag nie, dui dit op 'n kommerwekkende tendens. Wanneer die DTA sê 'n slaagsyfer van 37 persent is 'n reusemislukking aan die kant van die regering en die onderwysstelsel in sy geheel, is dit op grond van die standaard wat die regering self in die vierde nasionale ontwikkelingsplan (NDP4) gestel het, naamlik 45 persent,” sê Dienda
Sy meen ook 'n onderwysstelsel waarin meer as 30 000 graad 12-leerlinge deeltydse studente is en net 21 000 voltyds, is 'n stelsel “wat die Namibiese kind gefaal het”.
“Ons onderwysstelsel bly die grootste oorsaak van werkloosheid en misdaad. Ondanks die feit dat die ou IGCSE/HIGCSE gelokaliseer is in die Nasionale Senior Sekondêre Sertifikaat (NSSC), is die onderwysstelsel nie 'n eg Namibiese produk nie en voldoen dit nie aan die eise van die Namibiese arbeidsmark nie.
“Dit is tyd vir 'n uitdruklike erkenning dat die huidige ontwerp van ons onderwysstelsel misluk het en nie ons jeug dien nie. Dit is onaanvaarbaar dat ons onderwysstelsel jaarliks meer as 30 000 leerlinge oplewer wat graad 12 gedruip het en nie oor enige tegniese of ander vaardighede beskik waarop hulle kan steun nie,” sê Dienda.
Met die instelling van die NSSC is gespesialiseerde, tegniese IGCSE-vakke weggelaat, sonder 'n alternatiewe plan.
“Dit is 'n groot fout en 'n aanduiding van die lae vlak van verbintenis tot die ontwikkeling en versterking van beroepsopleiding,” sê sy.
Volgens Dienda is die DTA van mening die enigste oplossing is 'n geformaliseerde, dubbel-onderwysstelsel met veelvuldige vlakke waarin klem op beroepsopleiding en praktiese onderwys gelê word.
“So 'n beroepstelsel sal regstreeks aan die vereistes van die beroepsmark voldoen en nie in 'n vakuum funksioneer waar die enigste doel tersiêre onderwys is nie. Baie werksgeleenthede in die arbeidsmark vereis nie sulke vaardighede en kwalifikasies nie,” sê sy.
Die DTA versoek dus dat 'n strategiese, nasionale onderwyskonferensie gehou word om kwessies te identifiseer wat die onderwysstelsel ondermyn en oplossings daarvoor aan die hand doen. Van die voorstelle wat die DTA maak, is 'n spesiale ontleding van streke en skole wat swak presteer, die identifikasie van die oorsake daarvan en maniere om dit die hoof te bied. Voorts moet aandag geskenk word aan dissipline in skole en watter invloed dit op die uitslae het.
Die doeltreffendheid van die monitering en evalueringstelsel asook die rol van skoolrade, ouers en die gemeenskap in die verbetering van gehalte onderwys, moet ook ondersoek word.
Voorts moet die betrokkenheid van leerlinge en onderwysers asook die aantal leerlinge in vergelyking met dié van onderwysers hersien word.
Die verbetering van onderwysers se kwalifikasies en die instelling van programme wat op hul voortgesette professionele ontwikkeling gemik is, moet ook oorweeg word.
“Die DTA herhaal sy beroep om 'n hersiening en hervorming van die hele onderwysstelsel en is van mening dit vereis 'n algemene sektorale en gemeenskapsbenadering,” sê Dienda.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie