Onderwysministerie: Drywer vas oor ivoor
Francoise Steynberg - ’n Drywer van die ministerie van onderwys, kuns en kultuur is gister omstreeks 03:00 in verband met die onwettige besit van olifanttande op Katima Mulilo in hegtenis geneem.
Volgens die Namibiese polisie se koördineerder van misdaadondersoeke in die Zambezistreek, adj.komm. Evans Simasiku, het die verdagte ’n bakkie van die ministerie vir die misdaad gebruik en het hy vir die polisie en beamptes van die ministerie van die omgewing en toerisme weggejaag.
“Die polisie het die verdagte vasgetrek ná hy die staatsvoertuig geparkeer en met sy private sedan probeer wegkom het,” het Simasiku gister aan Republikein gesê.
Volgens hom is die verdagte se vriend, wat saam met hom in die voertuig was, ook in hegtenis geneem.
Die inhegtenisnemings spruit volgens Simasiku uit inligting wat ’n lid van die publiek aan die polisie verskaf het.
“Ons het 16 stukke olifanttande in hul besit gevind. Die waarde daarvan is onbekend,” het Simasiku gesê.
Die verdagtes sal môre in die landdroshof op Katima Mulilo op klagte van die onwettige besit van beskermde wildprodukte, die misbruik van ’n staatsvoertuig en die oortreding van die teenkorrupsiewet verskyn.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie