Onderwyseres in sop oor bedrog, aanranding
'n Onderwyseres het na bewering 'n vervalste tersiêre onderwyskwalifikasie, akademiese rekord en onderwysgraad gebruik om vir betrekkinge aansoek te doen.
Tuyeimo Haidula op Oshakati – 'n Onderwyseres van die Ohangwenastreek, me. Fransina Mwetufa (27), staan tereg op drie bykomende klagte van bedrog, vervalsing en wysiging. In minder as twee maande is vyf klagte teen haar aanhangig gemaak.
Die ministerie van onderwys, kuns en kultuur het die nuutste klagte teen haar aanhangig gemaak. Sy word daarvan beskuldig dat sy 'n vervalste tersiêre onderwyskwalifikasie, akademiese rekord en baccalaureusgraad in onderwys (hoërskoolvlak) ingedien het om tydelike en permanente onderwysbetrekkinge te verwerf.
Sy moet nog op dié klagte in die hof verskyn.
Die adjunkkommissaris vir misdaadondersoeke in die Ohangwenastreek, insp. Zacharias Amakali, het bevestig 'n saak is geopen en dat Mwetufa na verwagting in die landdroshof op Eenhana sal verskyn.
Mwetufa, 'n onderwyseres van die Gekombineerde Skool Limbadungila in die Ohakafiya-kring in die Ohangwenastreek, is aanvanklik in hegtenis geneem nadat sy na bewering 'n kollega me. Ndapewa Indongo (24) gesteek het.
Volgens Indongo het Mwetufa haar vir middagete genooi sodat hulle oor haar finansiële probleme kan praat. Sy het glo op pad na die afspraak gewelddadig geraak en Indongo aangeval.
Mwetufa het skaars 'n week ná die beweerde aanval in die landdroshof op Oshakati verskyn op 'n klag van vervalsing omdat sy na bewering 'n Polo Vivo bekom het deur vervalste bankstate as bewys van betaling te lewer.
Die Oshanastreek se polisiewoordvoerder, insp. Thomas Aiyambo, het gesê Mwetufa het glo voorgegee dat sy haar motor aan 'n motorhandelaar, mnr. Hendrick Johannes Maree, wou verkoop. Sy het 'n paar dae nadat hy die motor by haar gekoop het, die voertuig probeer terugkoop.
Die polisieverslag dui aan dat die transaksie op 22 Maart 2021 plaasgevind het.
Indongo het aan ons susterkoerant Namibian Sun gesê hulle het verlede maand tydens 'n skoolbestuursvergadering ontdek Mwetufa het N$6 500 uit die skoolhoof se rekening gesteel, en sy is in kennis gestel dat die skool 'n tugsaak teen haar gaan open.
Die onderwysdirekteur van die Ohangwenastreek, mnr. Isak Hamatwi, het Maandag aan Namibian Sun bevestig dat hulle tans 'n moontlike saak van vervalsing en wysiging teen die beskuldigde ondersoek.
“Dit is jammer dat dit in die beginstadium in die sosiale media uitgelek het,” het Hamatwi gesê sonder om meer inligting oor die ondersoek te verskaf.
Hamatwi het wel bygevoeg die Universiteit van Namibië (Unam) is gekontak om die egtheid van Mwetufa se kwalifikasies te bevestig.
“Dit het onder ons aandag gekom dat sy nie 'n gekwalifiseerde onderwyseres is nie. Ons is in gesprek met die universiteit om uit te vind óf sy geslaag óf gegradueer het en óf haar kwalifikasies vervals is,” het hy gesê.
Unam se direkteur van kommunikasie en bemarking, mnr. John Haufiku, was nie bewus van die ondersoek wat aan die universiteit se regsafdeling gebring is nie, maar Hamatwi het gesê dit is omdat die kwessie sensitief is en as sodanig hanteer word.
“Die universiteit wil hierdie saak vertroulik hanteer. Dit is net jammer dat dit uitgelek het. Dit is regtig 'n ongemaklike saak om in die stadium met die media te bespreek,” het hy gesê.
Mwetufa bly in aanhouding nadat borgtog twee keer geweier is.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie