Onderwysbeampte vas oor olifanttande
Onderwysbeampte vas oor olifanttande

Onderwysbeampte vas oor olifanttande

Francoise Steynberg
'n Drywer van die ministerie van onderwys, kuns en kultuur is vanoggend omstreeks 03:00 in verband met die onwettige besit van olifanttande op Katima Mulilo in hegtenis geneem.

Volgens die Namibiese polisie se koördineerder van misdaadondersoeke in die Zambezistreek, adj.komm. Evans Simasiku, het die verdagte 'n bakkie van die ministerie vir die misdaad gebruik en van die polisie en beamptes van die ministerie van die omgewing en toerisme weggejaag.

"Die polisie het die verdagte vasgetrek nadat hy die staatsvoertuig geparkeer en met sy private sedan probeer wegkom het," het Simasiku pas aan Republikein gesê.

Volgens Simasiku is die verdagte se vriend wat saam met hom in die voertuig was, ook in hegtenis geneem. Die inhegtenisneming spruit volgens hom uit 'n wenk van die publiek aan die polisie.

"Ons het 16 stukke olifanttande in hul besit gevind. Die waarde daarvan is onbekend," het Simasiku gesê.

Hulle sal môre in die landdroshof op Katima Mulilo op klagte van die onwettige besit van beskermde wildprodukte, die misbruik van 'n staatsvoertuig en die oortreding van die teenkorrupsiewet.

Foto Nampol

Kommentaar

Republikein 2024-05-19

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Deportivo Alaves 1 vs 0 Getafe | Real Sociedad 1 vs 0 Valencia | Almería 0 vs 2 Barcelona | Las Palmas 2 vs 2 Real Betis SerieA: Torino 3 vs 1 AC Milan | Lecce 0 vs 2 Atalanta | Fiorentina 2 vs 2 Napoli European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City English Championship: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City Katima Mulilo: 11° | 31° Rundu: 9° | 30° Eenhana: 11° | 31° Oshakati: 12° | 31° Ruacana: 12° | 31° Tsumeb: 13° | 29° Otjiwarongo: 12° | 27° Omaruru: 14° | 29° Windhoek: 12° | 26° Gobabis: 13° | 27° Henties Bay: 20° | 36° Wind speed: 27km/h, Wind direction: E, Low tide: 07:06, High tide: 13:28, Low Tide: 19:06, High tide: 01:31 Swakopmund: 20° | 26° Wind speed: 25km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:04, High tide: 13:26, Low Tide: 19:04, High tide: 01:29 Walvis Bay: 22° | 33° Wind speed: 25km/h, Wind direction: SE, Low tide: 07:04, High tide: 13:25, Low Tide: 19:04, High tide: 01:28 Rehoboth: 12° | 27° Mariental: 15° | 29° Keetmanshoop: 18° | 30° Aranos: 15° | 29° Lüderitz: 16° | 35° Ariamsvlei: 18° | 32° Oranjemund: 13° | 33° Luanda: 24° | 26° Gaborone: 14° | 27° Lubumbashi: 11° | 26° Mbabane: 12° | 25° Maseru: 8° | 24° Antananarivo: 15° | 22° Lilongwe: 13° | 26° Maputo: 20° | 27° Windhoek: 12° | 26° Cape Town: 14° | 21° Durban: 17° | 28° Johannesburg: 15° | 24° Dar es Salaam: 24° | 32° Lusaka: 13° | 25° Harare: 12° | 26° #N/A #N/A