Onderwys - Toelating se kopsere
Godfrey Kleinhans - Iewers in een van die vorige aflewerings het ek verwys nadat die artikel "Towards an Index of Quality Education" (2008) deur Mary Joy Pigozzi.
Pigozzi huldig die mening dat toegang ("access") tot die onderwysstelsel en kwaliteit onderwys twee duidelik onderskeibare begrippe, maar tog onmiskenbaar interafkanklik is. Kwaliteit is die keersy van toegang en is nie moontlik in die afwesigheid van laasgenoemde nie.
Dit is hierdie tyd van die jaar wanneer skoolhoofde ouers aanmoedig om aansoeke vir die nuwe akademiese jaar in te handig, wat my gedagtes terug na Pigozzi dwing.
Skoolbevolkings is nooit staties nie en word bepaal deur hoe leerlinge deur die stelsel beweeg. Faktore soos bevordering, herhaling, uitval ("dropouts") en die terugkeer van leerlinge na die stelsel is bepalend vir hoe vinnig of stadig leerlinge deur die stelsel beweeg. Dan moet die toelating van nuwelinge tot die stelsel ook nog in berekening gebring word.
Dit is hierdie onsekerheid oor die grootte van skoolbevolkings asook die klaskamertekorte in heelwat dele van die land wat skoolhoofde motiveer om gemeenskappe te vra om vroegtydig hul aansoeke te voltooi en in te dien. Dit help natuurlik baie met die beplanning vir die komende jaar.
In hul advertensies versoek skole ouers om bepaalde inligting in hul aansoeke te verskaf.
Jare gelede het ek aan ‘n koerant geskryf dat ek van mening was dat die versoek om bewys van verblyf te verskaf, nie konsekwent is met die grondwetlike bepaling oor vryheid van beweging nie. Ek het ook ‘n afskrif hiervan aan die betrokke minister van onderwys gestuur.
Die minister het ongelukkig nie op my skrywe gerageer nie en die vereiste hinder my nog steeds.
Onlangs het ‘n skool gevra oor die etnisiteit van die aansoeker. Iemand het dit as gronde vir diskriminasie beskou en dit het amper ‘n herrie ontketen.
Skoolaansoeke is vir baie gemeenskappe ‘n betreklike nuwe ding. Kinders het gewoonlik op die eerste dag, met of sonder die ouers, by die skool opgedaag.
Skoolhoofde moet maar versigtig wees met die opstel van aansoekvorms.
Ek het al daarop gewys dat praktyke in sekere skole nie strook met die beleid oor gratis basiese onderwys en die verbod op verpligte bydraes tot 'n skoolontwikkelingsfonds. Bepaalde gelde word van ouers verwag terwyl nog ‘n bedrag, die sogenaamde aansoek- of registrasiefooi, die aansoek moet vergesel.
Ek kan die rede vir hierdie fooi nie so mooi verstaan nie. Baie skole verwag van die ouers om ‘n hoeveelheid fotostaatpapier aan hulle te skenk, terwyl diegene wat die aansoeke prosesseer tog deur die staat betaal word.
Ja, moet my nou nie kruisig nie. Ek weet skole is ontneem van ‘n belangrike bron van inkomste terwyl hulle ook kla dat die ministerie nie sy subsidies betyds betaal nie. Die inkonsekwenthede maak egter net nie mooi sin nie.
Verder, wanneer die aansoeke geprosesseer is en ouers terugvoering gekry het, staan hulle volgende jaar maar weer in lang rye in die Namibiese son. Mens wonder of die data wat op hierdie manier ingewin word, nie meer effektief aangewend kan word om die toelating minder pynlik te maak nie.
Maar nou ja, die kinders moet in die skool kom.
Volgende week gesels ons oor hoe om toelating op ‘n kreatiewe wyse minder van ‘n kopseer te maak - met die fokus op koshuise. Die nuwe gonswoorde in bestuur is tog inisiatief en kreatiwiteit.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie