Onderwys – Slae weens nuwe vlae
Godfrey Kleinhans - Die nuutste Covid-19-verwikkelinge is geensins gerustellend nie, veral nie vir ontwikkelende en onderontwikkelende lande nie.
Soos voorspel, het die tweede vlaag ons ook getref en lande in Europa is besig om nuwe beperkings in te stel. Die nuwe inperking in Duitsland sal ‘n volle maand duur.
Wetenskaplikes en medici waarsku hierdie vlaag sal erger as die eerste wees. En hulle praat van ‘n moontlike derde vlaag.
Dit wil voorkom asof gesondheidstelsels in die meeste lande nie die kapasiteit het om die groeiende aantal gevalle te kan hanteer nie. Daar blyk ‘n tekort aan hospitaalspasie en -beddens te wees terwyl heelwat gesondheidspersoneellede siek is en sommige al gesterf het.
Die situasie word verder gekompliseer deur korrupte mense. Geld wat vir die pandemie begroot of geskenk is, word deur gewetenlose skurke gesteel.
Ons weet onderwysstelsels is wêreldwyd baie swaar deur die pandemie getref.
Kinders is tans tuis met vakansie en dit is hul ouers se verantwoordelikheid om na hul gesondheid en veiligheid om te sien. Ook onderwysers sal Covid-19-maatrëels nougeset gedurende die feestyd moet nakom.
As die projeksies korrek is, lê hef aan nog voor.
Gegewe bestaande tekortkominge is dit ‘n ope vraag of ons onderwysstelsel vir al die uitdagings van 2021 gerit is. Van die grootste uitdagings het te make met leerplanne en onderrigtyd.
Universiteite in Suid-Afrika het nie net ‘n jaarplan vir volgende jaar opgestel nie; hulle het regstellende optrede hierin ingebou. Dit sluit in die voorkoming van verdere verliese aan onderrigtyd, die inhaal van verlore tyd en bykomende hulp aan eerstejaarstudente.
Matrikulante, net soos ander leerlinge, moes heelwat onderrigtyd prysgee. Die universiteite besef die impak van die pandemie kan eenvoudig nie geïgnoreer word nie.
Almal moet veilig voel – nou en in die toekoms. Pasiënte, besighede se kliënte, werknemers en kinders.
Dit is van kritieke belang om te weet hoe lyk ons land se planne vir 2021.
Kan ons midde voortgesette en selfs toenemende slae weens die nuwe vlae van die coronavirus kerndoelwitte soos die volgende bereik:
Onderwysers en leerlinge moet elke dag leer. Leerlinge moet ook voortdurend huiswerk kry en projekte voltooi. Onderwysers moet periodiek indiensleiding ontvang om die kurrikula uit te voer.
Goeie onderwys berei toekomstige landsburgers voor. Leerlinge moet na hul skoolopleiding eiehandig oplossings vind vir probleemsituasies waarmee hulle gekonfronteer word. Hulle moet die menings van ander respekteer, respek hê vir tradisies, kultuur en kuns in ons diverse samelewing. Hulle moet die samelewing help orden en die regte keuses kan maak in moeilike situasies. Baie belangrik: hulle moet lewenslank aanhou leer.
As nog meer tyd verlore gaan en leerplanne moet ingekort of afgewater word, hoe sal hierdie doelwitte realiseer?
Is ons onderwys gereed vir ‘n tweede en derde vlaag? Het ons ‘n uitvoerbare plan wat die rigting vir 2021 aanwys?
Die eerste gedeelte van vers 18 van Spreuke 29 sê: “Waar daar geen openbaring is nie, word die volk bandeloos . . .” Die King James Bible stel dit nog meer treffend: “Where there is no vision the people perish.”
Gesëende Kersfees.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie