Onderwys - Skoolrade
In Republikein van 29 Januarie 2019 het Bekommerde Skoolraadvoorsitter en Oupa kommer uitgespreek oor die aanstelling van onervare onderwysers en deeltydse studente eerder as gekwalifiseerde en ervare, afgetrede onderwysers.
'n Jong, gekwalifiseerde onderwyser moet êrens begin en vaardigheid en kundigheid deur ervaring opdoen. In dieselfde asem wil ek sê onderwysbestuurders mag nooit die waarde onderskat van vaardighede en kundigheid wat oor die jare verwerf is nie. Dit is ook verblydend dat skoolraadslede deelneem en oor sulke onderwerpe debat wil voer.
Deelname (ook deur verteenwoordiging) is 'n wesenlike element van 'n werkende demokrasie.
Onderwys word allerweë beskou as 'n gemeenskapsbate. Skoolrade se mandaat is dus om die gemeenskap se belange in die onderwysopset te verteenwoordig.
Onderwysregulasies bepaal onder andere dat die skoolraad funksioneer as die liggaam waardeur die skoolgemeenskap aan die administrasie van die skool en 'n skool se aktiwiteite kan deelneem. Skoolraadslede is gunstig geposisioneer om die wense van die gemeenskap die beste te artikuleer.
Hulle het in baie gevalle in die gemeenskap grootgeword en is vertroud met die gemeenskapskultuur, waardes en gebruike. Hulle is dus die regmatige voogdye van die toekoms van die gemeenskap.
Die opdrag aan skoolrade is dus om, deur deelname in die administrasie van die skool, jaloers te waak oor die kwaliteit van onderwys by elke skool. Hierdie is die hoofoorweging waarom elke lid van 'n skoolraad sy of haar stem moet laat hoor wanneer dit nodig is, soos Bekommerde Skoolraadvoorsitter en Oupa.
Min vereistes geld vir 'n ouer om tot die skoolraad verkies te word. Slegs ongerehabiliteerde kriminele, lede van die administratiewe kader van die ministerie, nie-Namibiërs, lede van ander skoolrade en persone wie se gades lede van 'n ander skoolraad is, word uitgesluit.
Daar is ook geen verbod op ad hoc-lidmaatskap nie. Skoolrade het die bevoegdheid om wanneer nodig ervare en kundige persone te betrek. Ek is oortuig formele toestemming is nie nodig vir hierdie tydelike “uitbreiding” van die raad nie, hoewel 'n ad hoc-lid natuurlik nie stemreg sal hê nie.
'n Interessante, tersaaklike voorbeeld van 'n uitstekende skoolraadlid kom uit California in die VSA.
Cipriano Vargas het op die jong ouderdom van 24 lid geword van die Vista Unified School Board. Sy doelwit was om seker te maak alle leerlinge in die Vista-distrik word behoorlik vir na-skoolse studies en latere loopbane voorberei. Sy dryfveer was veral om sy skool, Vista Hoër, in 'n leergemeenskap te omskep.
Om dit te verwesenlik, moet verkose skoolraadlede die belangrikheid van die instansie besef. Hulle moet besef hulle het inspraak in aanstellings, die neerlegging van skoolreëls, dissiplinêre optrede, sport-alliansies en -affiliasies, finansiële sake, ens. Hulle mag nooit vergeet hulle verteenwoordig die gemeenskap se belange en nie hul eie nie.
Raadslede is die spreekwoordelike waghonde van gemeenskapsbelange. Hulle moet kennis neem van klagtes van ouers en dit by vergaderings opneem.
Ek sal verwelkom indien skoolraadverteenwoordiging volgens 'n wykstelsel kan geskied. Elke lid kan dan 'n bepaalde gedeelte van die skoolgemeenskap verteenwoordig.
Nuwe skoolraadlede moet sorg hulle ken die raad se kultuur. Lede moet besef skoolraadsbesluite mag en kan nie sonder goeie motivering uitgedaag om omvergewerp word nie. Lede moet kennis neem van hoe die raad waarop hulle dien in die verlede gefunksioneer het en watter gedragspatrone in die toekoms verwag kan word.
Wanneer ek in koerante se SMS- en briewe-kolomme oor onderwys lees, veral die wat handel oor beweerde wanbestuur en twyfelagtige besluitneming, is dit duidelik dat skoolraadlede nie aldag hul rol en verantwoordelikhede ken nie.
Die grootste uitdaging is vir skoolraadlede om hul pligte te ken en om betrokke te word. Hulle moet die wye omvang van hul bevoegdhede besef.
Die antwoord lê dus in effektiewe opleiding van skoolraadlede.
Volgende week gesels ons oor spesifieke manier waarop 'n skoolraadslid kan help om sy/haar skool in 'n ware leergemeenskap te omskep.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie