Onderwys – Skoolbesoeke
Godfrey Kleinhans - ‘n Leser het onlangs in ‘n SMS-boodskap aangevoer ‘n streeksdirekteur van onderwys was tydens ‘n besoek aan ‘n skool nie bereid om belangrike uitdagings met die personeel te bespreek nie.
Alternatiewelik is beweer die direkteur het nie tyd hiervoor gehad nie.
Ek is nie vertroud met die besonderhede van die aangeleentheid nie en kan my kwalik daaroor uitlaat. Dit het egter gesorg vir die onderwerp van vandag.
Die onderwysstelsel in Namibië is gestruktrureer om voorafbepaalde doelwitte te bereik. Hiervoor is deurlopende monitering, evaluering, hulpverlening en effektiewe kommunikasie uiters noodsaaklik.
Onderwyskantore in die verskillende streke is die agentskappe wat uitsluitlik gestig is om hierdie bestuurstake uit te voer. Streeksdirekteure, inspekteurs van onderwys, vakadviseurs, voorraad- en personeelbeamptes spandeer elke finansiële jaar baie ure in staats- of gesubsideerde voertuie en in gastehuise of hotelle om hierdie pligte deur middel van skoolbesoeke uit te voer. Hierdie besoeke plaas ‘n yslike las op die staatskas.
Verskeie soorte amptelike besoeke word aan skole gebring. Die posbeskrywing van elke beampte verbonde aan ‘n streekkantoor maak voorsiening hiervoor.
‘n Nuut aangestelde direkteur van onderwys of inspekteur moet ‘n skoolbesoek gebruik om hom of haar aan die personeel en gemeenskap bekend te stel. ‘n Inspekteur op pad na ‘n skool op ‘n ander dorp moet onderweg daarheen by skole inloer of by ander skole op die betrokke dorp.
Ander besoeke deur die inspekteur is meer gefokus op hulpverlening en evaluering. Ten tyde van sulke besoeke sal die inspekteur kyk na die bestuurspraktyke sowel as positiewe praktyke en leemtes by ‘n skool.
Die inspekteur sal bepaal hoe die skoolhoof sy personeel bestuur en analises maak van toelatings-, opsommings-, bywonings- en handboekregisters. Soms sal die inspekteur moontlike finansiële wanpraktyke, magsvergrype en onderwyserwangedrag moet ondersoek. Die hulp van finansiële en personeelbeamptes sal moontlik ingeroep word om te help met sulke probleme.
Tyd sal ook ingeruim word vir gesprekke met skoolrade.
Dit is gebiedend noodsaaklik dat aanbevelings wat deur die direkteur van onderwys ge-endoseer word, geïmplementeer word. Dit is nooit wys van ‘n direkteur om aanbevelings wat omstrede of polities nie korrek mag voorkom nie, af te skiet.
Ek bly ‘n voorstaander van die ou “paneelinspeksies” waarvan ‘n mens deesdae min sien. Dit volg ‘n holistiese benadering en dek alle aspekte van skool- en klaskamerbestuur, skoolveiligheid en gemeenskapsverhoudinge.
Die verslag hieroor is ‘n belangrike instrument aan die hand waarvan die skoolhoof en sy personeel veranderinge kan implementeer. Dit is ook belangrik om te meld dat alle verslae hul weg na die skool en skoolraad moet vind.
Skoolbesoeke se koste is hoog. Gesinne moet vir dae sonder hul moeders of vaders klaarkom terwyl die staat diep in sy sak moet delf om dit te finansier. ‘n Inspekteursbesoek aan ‘n skool op Lüderitz kan die staat om en by N$500 per dag kos.
Wanneer beamptes vir lang periodes uit hul kantore en op die pad is, kry hulle weinig ander werk gedoen. Die onus rus op elke beampte wat ‘n skoolbesoek doen om die tyd daar so effektief moontlik te gebruik.
Tweedens moet besoeke aan skole, juis vanweë die koste, die kwaliteit van onderwys positief beïnvloed.
Mnr. Nahas Angula, voormalige minister van onderwys, het jare gelede tydens besoeke aan die streke gesê die Namibiese belastingbetaler kry nie waarde vir sy geld kry nie. Gesien teen die groot aantal nie-presterende skole, blyk dit steeds die geval te wees.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie