Onderwys: Salarisrekening wek kommer
“lndien ek 17 posisies beskikbaar het, moet ek kyk watter van die 17 regtig nodig is en miskien ses van hulle vul.”
Die ministerie van onderwys, kuns en kultuur sal fiskale maatreëls streng moet toepas en ’n behoefte-analise vir die bedryf van dié ministerie in 2018 moet uitvoer met die karige finansiële hulpbronne wat tot sy beskikking is.
Die ministerie se begroting is gesny van N$12,32 miljard in die 2016-’17 boekjaar tot N$11,97 miljard in die 2017-’18 boekjaar, wat ongeveer N$350 miljoen minder as die vorige jaar is.
Die ministerie het hul kommer uitgespreek oor die feit dat ongeveer 85% van sy totale begroting aan die vergoeding van personeel bestee word, terwyl ’n skamele 15% vir die ministerie se bedryfskoste oorbly.
Me. Sanet Steenkamp, permanente sekretaris van die ministerie, het onlangs gesê ’n stortvloed uitdagings staar die ministerie in die gesig, onder meer ’n hoë salarisrekening vir personeel, die indiensneming van te veel personeel, die laat uitbetaling van fondse en ’n karige begroting.
Om die hoë salarisrekening te takel, het Steenkamp gesê die ministerie sal met die kantoor van die eerste minister skakel voor enige verdere vakatures gevul word.
“Sodra ons iemand in diens wil neem of ’n posisie adverteer, moet ons eers met die kantoor van die eerste minister skakel. Tweedens moes ons kompenserende verminderingstrategieë implementeer. Dit beteken dat indien ek 17 posisies beskikbaar het en hulle almal vakant is, moet ek kyk watter van die 17 regtig nodig is en miskien ses van hulle vul,” het Steenkamp gesê.
“Dit is meegebring deur die vertraging van die vakaturelys vir onderwysers verlede jaar, wat die ministerie toegelaat het om ’n diepgaande analise van oorbemande skole in vergelyking met onderbemande skole te doen,” het Steenkamp bygevoeg.
“Hierdie proses het ons toegelaat om te sien of onderwysers nie binne hul spesialiseringsveld oorgedra kan word vanaf ’n oorbemande skool na ’n onderbemande skool nie. Dit is die dinge wat ons gedoen het om die salarisrekening te beheer,” het sy verder gesê.
Steenkamp het gesê hierdie optrede het die ministerie by die publiek ongewild gemaak.
"Ons het baie ongewild geraak omdat die vakante posisies nie gevul is nie, omdat ons moes kies watter poste belangrik was en watter nie," het sy verduidelik.
Steenkamp het verder beklemtoon prioritisering van die ministerie se behoeftes sal in 2018 ’n sleutelrol speel. - Nampa

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie