Onderwys kry meer geld
Onderwys kry meer geld

Onderwys kry meer geld

Henriette Lamprecht
Henriette Lamprecht – Die terugkeer van graad 11- en 12-leerlinge vir formele onderrig was relatief sonder struikelblokke.

Die minister van onderwys, kuns en kultuur, me. Anna ­Nghipondoka, het tydens die tertafellegging van haar ministerie se begroting in die Nasionale Vergadering gesê N$15 miljoen is van die ­Nasionale Rampbestuursfonds ontvang vir die aankoop van ­Covid-19-verwante materiaal om skole gereed te kry om te heropen.

Volgens Nghipondoka het 338 skole, waarvan 50 privaatskole is, reeds geopen en is 48 035 graad 11- en 12-leerlinge terug op die ­skoolbanke.

Drie skole het weens gebrekkige infrastruktuur nog nie geopen nie, wat 1 313 leerlinge raak.

Volgens die minister word 28 senior sekondêre skole tans geraak deur die inperking van die Erongo­streek wat tot 22 Junie duur.

Die ministerie is tans ook besig met die voorbereiding van die terug­keer van leerlinge in die junior primêre fase, terwyl die ­terugkeer van die laaste groepe leerlinge in konsultasie met die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste (MoHSS) geskied.

Volgens Nghipondoka werk die ministerie met afgeskaalde inhoud, soos bepaal deur die Nasionale Instituut vir Opvoedkundige Ontwikkeling (Nied), met fokus op sleutelkomponente van die leerplan wat in die oorblywende tydperk van die skoolkalender aangebied sal word.



BEDRYFSBEGROTING

Met verwysing na die ­ministeriële begroting sê Nghipondoka haar ­ministerie het 40 000 werknemers waarvan meer as 27 000 onderwysers is. Vir die huidige ­akademiese jaar is 804 074 leerlinge in skole oral in die land ingeskryf.

Die ministerie het die ­grootste toekenning gekry en wel N$14 miljard, 'n algehele verhoging van 2,6% in vergelyking met die 2019-'20-­finansiële jaar.

Dit sluit 'n bedryfsbegroting van N$13,2 miljard en 'n ontwikkelingsbegroting van N$895 miljoen in. Sowat N$10,9 miljard ofte wel 77% van die begroting gaan vir personeeluitgawes. Net 6% is vir kapitaaluitgawes, met die oorblywende 17% wat geoormerk is vir ander bedryfsuitgawes waarvan die meerderheid vir streekoordragte is.

Om die ministerie meer vaartbelyn te maak, sê Nghipondoka, sal onder meer standaardplanne vir skole opgestel word om bou- en ­konsultasiekoste te verminder. Vennootskappe sal ook met ­openbare en private entiteite gevorm word om koste te beperk en die lewe­ring van dienste te bespoedig.

Nghipondoka het ses sleutelprogramme uitgewys, naamlik preprimêre onderrig (N$452,2 miljoen), primêre onderrig (N$8,8 miljard), sekondêre onderrig (N$4,1 miljard), inligting, volwasse en lewenslange onderrig, kuns en kultuur (N$468 miljoen), MIV/vigsbestuur (N$2,1 miljoen) en beleidskoördinering en ondersteuningsdienste (N$1,8 miljard).

Aangesien die grootste deel van die ministerie se ­begroting vir bedryfsuitgawes geoormerk is, bly die konstruksie van klaskamers, nuwe skole en koshuise en die onderhoud daarvan volgens die minister 'n uitdaging.  – [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-05-08

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Crystal Palace 4 vs 0 Manchester United | Liverpool 4 vs 2 Tottenham Hotspur | Brighton 1 vs 0 Aston Villa | Chelsea 5 vs 0 West Ham LaLiga: Rayo Vallecano 0 vs 1 Almería | Sevilla 3 vs 0 Granada | Valencia 0 vs 1 Deportivo Alaves | Celta Vigo 3 vs 2 Villarreal | Osasuna 0 vs 2 Real Betis SerieA: Udinese 1 vs 1 Napoli | Salernitana 1 vs 2 Atalanta | AS Roma 1 vs 1 Juventus | AC Milan 3 vs 3 Genoa | Empoli 0 vs 0 Frosinone | Hellas Verona 2 vs 1 Fiorentina | Cagliari 1 vs 1 Lecce #N/A Currency: GBP to NAD 23.19 | EUR to NAD 19.99 | CNY to NAD 2.57 | USD to NAD 18.61 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.31 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.67 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.64 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.14 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.64 | USD to EGP 47.5 | USD to KES 130.48 | USD to NGN 1404.8 | USD to ZAR 18.61 | USD to ZMW 27.25 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 76929.5 Up +0.20% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1715.92 Up +1.01% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13375.47 Up +0.10% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26429.69 Up +1.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 313.65/OZ DOWN -0.0007 | Copper US$ 4.50/lb DOWN -0.0124 | Zinc US$ 2 899.30/T DOWN -1.85% | Brent Crude Oil US$ 83.88/BBP UP +0.40% | Platinum US$ 973.46/OZ DOWN -0.0052 #N/A