Onderwys - In loco parentis
Godfrey Kleinhans - Die Cheadle Hume School in Engeland het die in loco parentis -leerstuk in 1855 in hul skool se leuse opgeneem.
In 1870 is die leuse van hierdie skool in die Elementary Education Act opgeneem. Die grense is nou verskuif en dit was van toepassing op elke skool in Engeland. So het dit deel geword van elke skool se rëels.
Die onafhanklikwording van Namibië (1989) en die demokratisering van Suid-Afrika (1994) het groot veranderinge in onderwysstelsels teweeg gebring. Hervorming het begin by grondwetlike bepalings, gevolg deur onderwyswette en regulasies wat beide stelsels radikaal verander het. Een gevolg was dat die in loco parentis-leerstuk soos ons dit geken het, nie in die nuwe regsopset bestaan het nie.
Die in loco parentis-beginsel het sy oorsprong in die gemenereg. Hiervolgens onderneem die skool (skoolhoof en onderwysers) om na die fisieke, psigiese en emosionele welsyn van die kind om te sien met dieselfde sorgsaamheid waarmee ‘n ouer dit sou doen. Die leerstuk het verhoudings tussen onderwyser en kind en onderwyser en ouer radikaal verander.
Die reg om lyfstraf met beheersing toe te dien, was deel van die leerstuk. In hofsake waarin onderwysers in die beskuldigdebank gestaan het, het die verdediging swaar geleun op hierdie reg.
Onlangse gevalle in Suid-Afrika laat ‘n mens opnuut wonder in watter gevalle die leerstuk immuniteit verleen aan onderwysers wat beskuldig word dat hulle hul versorgingsplig versuim het.
• Enoch Mpanzi, ‘n graad 8-leerling, het onlangs verdrink tydens ‘n skooluitstappie.
• Die skoolhoof van die Grayston Voorbereidingskool het die skool tydelik gesluit uit vrees vir die coronavirus. Die leerlinge van een klasgroep was blykbaar in aanraking met ‘n onderwyser wat vermoedelik die siekte onder lede het.
• ‘n Ouer het ‘n paar dae gelede op Facebook gevra of 'n skool die reg het om ‘n leerling te skors op grond van ‘n wandaad wat buite die skoolperseel gepleeg is. Leerlinge is al buite die skoolperseel met messe getakel en die stof oor sogenaamde tradisionele haarstyle het duidelik ook nog nie gaan lê nie.
Howe gee wêreldwyd erkenning aan die bestaan en geldigheid van die in loco parentis-beginsel in die konteks van die onderwysreg.
In Van Zyl teen die Staat het die hof die regstelling beklemtoon dat die verbod op lyfstraf ook op privaatskole van toepassing is. Na hierdie uitspraak is dit duidelik dat die in loco parentis-leerstuk nie wegkruipplek aan oortreders bied nie.
Howe in die VSA het al meermale beslis ‘n kind se regte eindig nie wanneer hy of sy by ‘n skool aansluit nie. Die reg om leerlinge vir wapens en dwelms te deursoek, bly ‘n grys area. Die opvatting in die VSA is dat dit ‘n funksie van die staat (polisie) is en niks met die skool se ouerlike pligte te make het nie. Sekere mense voer aan dit skend die kind se reg op privaatheid.
Na aanleiding van die Graystone-geval kan 'n mens vra of 'n skoolhoof sonder om vooraf toestemming te verkry besluite kan neem wat hy of sy as dringend en noodsaaklik beskou.
Tydens ‘n stofstorm op die dorp het ‘n senior kollega by die skool waar ek skoolhoof was, my in belang van die leerlinge versoek om die skool vroeër te sluit. Volgens my was dit nie so erg nie en gelukkig was niemand in gevaar nie. ‘n Ander keer moes ek ‘n leerling verbied om verder rugby te speel weens swak gedrag op die rugbyveld, al het die gedrag nie op die skoolperseel plaasgevind nie.
‘n Vriend vertel my onlangs leerlinge gebruik glo dwelms by sportbyeenskomste en soms is ouers ook betrokke. Die oorkoepelende vraag is of ‘n skoolhoof op grond van sy toesighoudende (versorgings-) funksie is sulke gevalle kan optree om die skool se naam te beskerm.
My antwoord is definitief ja. Hy moet die ander leerlinge teen oortreders beskerm en die naam van sy skool. Maar hoofde moet altyd baie mooi oor hul besluite dink.
Daar is nog baie onduidelikhede oor die leerstuk in ‘n demokratiese opset. Die trefwydte daarvan is nog nie akkuraat bepaal nie.
Versuim om as versorger en beskermer op te tree, kan 'n skoolhoof en onderwyser duur te staan kom. Wanneer optrede op die beginsel gebaseer word, moet dit baie duidelikheid gemotiveer word.
Onderwysowerhede moet nie sommer die gesag aan bande lê of veto nie omdat skoolhoofde se verantwoordelikheid en outonomiteit as professionele kundiges in die slag sal bly.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie