Onderwys - Hang hul name aan die groot klok
Onderwys - Hang hul name aan die groot klok

Onderwys - Hang hul name aan die groot klok

Dani Booysen
Godfrey Kleinhans – Vir die afgelope drie weke figureer die seksuele misbruik van kinders prominent in ons dagblaaie. Die verskynsel is weersinswekkend, maar dit doen geensins afbreuk aan die nuuswaardigheid daarvan nie.

‘n Oudleerling en gereelde leser van my rubrieke vertel my die week van ‘n 16-jarige dogter wat na bewering deur twee jong mans verkrag is. Die voorval het glo by ‘n dwelm-smokkelhuis plaasgevind. Hy kon nie bevestig of die saak by die polisie aangemeld is nie, maar dit lyk nie of iemand al ‘n groot bohaai daaroor opgeskop het nie.

Die stilswye wil egter nie sê dat dit nie gebeur het nie.

Dit is hoog tyd dat oortreders se name aan die groot klok gehang word; hulle moet ge-“name and shame” word. Ek salueer die joernaliste wat dit doen.

Wat egter kommerwekkend is, is dat leiers en organisasies betrokke in onderwysgemeenskappe nie sterk genoeg na vore kom nie. Solank as wat hierdie instansies swyg of nie hard genoeg beswaar maak nie, sal die mishandeling en verkragting van kinders - en vroue - voortduur. Stilswye kom teen ‘n duur prys!

In baie gemeenskappe word afgryslike dade baie keer onderdruk en nie onder die aandag van die owerhede gebring nie. In ander gevalle word beleidsrigtings van leiers blindelings nagevolg, hoe dwaas dit ookal mag wees.

Die Jode in Duitsland is wreed onderdruk, hulle is van hul burgerskap ontneem en na beraming het ses miljoen omgekom. Baie sosioloë en historici worstel nog met die vraag waarom die meerderheid van die Duitse bevolking niks gedoen het om dit te stop nie. Of was die verleiding (seduction) deur Hitler van so ‘n omvang en intensiteit dat die Duitsers se weerstand eenvoudig verkrummel het.

Miskien steek daar waarheid in die opmerking van die historikus wat sê “Hitler and the German people shared each other’s follies en foolishness”? Het Hitler regtig carte blanche gehad om te doen wat hy wou?

Die omvang van die skade weens stilswye en volkslamheid (my uitdrukking) is eenvoudig onberekenbaar.

‘n Mens kan dieselfde vrae oor ander gemeenskappe vra waar die burgery ten aanskoue van groot wreedhede verkies het om niks te doen nie. Sulke gruwels het al byna oral in die wêreld plaasgevind. In Suid-Afrika het dit die bevoorregtes baie lank geneem om tot die besef te kom dat die Nasionale Party-regering met hulle op ‘n selfvernietigingspad was.

Waarom kan die owerhede in ontwikkelde en ontwikkelende lande die seksuele uitbuiting van die jeug nie effektief hokslaan nie? Parlemente neem tog wetgewing aan, bronne is beskikbaar en daar is genoeg strukture wat saam kan werk om dit effektief toe te pas.

Die volgende vrae kan ons moontlik in die rigting van ‘n oplossing stuur. Word die take van die polisie en howe bemoeilik deur die stilswye van lede van onderwysgemeenskappe? Is ons skoolrade en onderwysfora deeglik voorberei om sulke wandade te hanteer? Moet ons regulasies aanneem wat onderwysers wat weet van sulke insidente sal verplig om dit te rapporteer? Al die onderwysers by ‘n skool is tog individueel en kollektief verantwoordelik vir die veiligheid van leerlinge.

Is dit nie tyd dat die kantoor van die Ombudsman met meer energie en doelgerigtheid na die tafel kom nie? Is dit nie tyd dat kerke tot die stryd toetree nie?

Die verhale van kinders wat seksueel gemolesteer word deur onderwysers, ouers, gesinslede en ander - sommige raak boonop swanger - dwing my na die hartseer liedjie "11th Commandment" van Colin Raye.

"She hears his heavy breathing in the dark

His footsteps coming closer down the hall

She's so ashamed, she's daddy's secret love

She wants to cry, she wants to die, but he can't get enough"

En in baie gevalle het Mamma geweet. En geswyg.

- [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-05-18

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Manchester United 3 vs 2 Newcastle | Brighton 1 vs 2 Chelsea LaLiga: Real Sociedad 1 vs 0 Valencia | Almería 0 vs 2 Barcelona | Las Palmas 2 vs 2 Real Betis | Celta Vigo 2 vs 1 Athletic Club | Getafe 0 vs 3 Atletico Madrid | Sevilla 0 vs 1 Cadiz | Rayo Vallecano 2 vs 1 Granada SerieA: Lecce 0 vs 2 Atalanta | Fiorentina 2 vs 2 Napoli European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City English Championship: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City Katima Mulilo: 10° | 31° Rundu: 10° | 30° Eenhana: 12° | 31° Oshakati: 13° | 31° Ruacana: 12° | 31° Tsumeb: 14° | 29° Otjiwarongo: 12° | 27° Omaruru: 13° | 30° Windhoek: 12° | 27° Gobabis: 13° | 27° Henties Bay: 19° | 33° Wind speed: 41km/h, Wind direction: NE, Low tide: 06:32, High tide: 12:50, Low Tide: 18:28, High tide: 00:56 Swakopmund: 20° | 23° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SE, Low tide: 06:30, High tide: 12:48, Low Tide: 18:26, High tide: 00:54 Walvis Bay: 22° | 32° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SE, Low tide: 06:30, High tide: 12:47, Low Tide: 18:26, High tide: 00:53 Rehoboth: 12° | 27° Mariental: 16° | 29° Keetmanshoop: 17° | 29° Aranos: 16° | 29° Lüderitz: 19° | 35° Ariamsvlei: 16° | 31° Oranjemund: 14° | 31° Luanda: 24° | 28° Gaborone: 13° | 27° Lubumbashi: 11° | 27° Mbabane: 11° | 23° Maseru: 8° | 23° Antananarivo: 14° | 24° Lilongwe: 15° | 26° Maputo: 19° | 26° Windhoek: 12° | 27° Cape Town: 15° | 20° Durban: 16° | 24° Johannesburg: 15° | 24° Dar es Salaam: 24° | 32° Lusaka: 15° | 26° Harare: 12° | 26° Currency: GBP to NAD 23.01 | EUR to NAD 19.73 | CNY to NAD 2.51 | USD to NAD 18.15 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.7 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.55 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.35 | USD to AOA 847.42 | USD to BWP 13.49 | USD to EGP 46.86 | USD to KES 130.48 | USD to NGN 1467 | USD to ZAR 18.15 | USD to ZMW 25.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 79530.63 Up +0.03% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1754.58 Up +0.81% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13426.13 Up +0.11% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26142.84 Up +3.27% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 414.72/OZ UP +1.55% | Copper US$ 5.04/lb UP +4.12% | Zinc US$ 3 059.30/T UP 0.11% | Brent Crude Oil US$ 84.28/BBP UP +0.60% | Platinum US$ 1 084.88/OZ UP +2.19% Sport results: Premier League: Manchester United 3 vs 2 Newcastle | Brighton 1 vs 2 Chelsea LaLiga: Real Sociedad 1 vs 0 Valencia | Almería 0 vs 2 Barcelona | Las Palmas 2 vs 2 Real Betis | Celta Vigo 2 vs 1 Athletic Club | Getafe 0 vs 3 Atletico Madrid | Sevilla 0 vs 1 Cadiz | Rayo Vallecano 2 vs 1 Granada SerieA: Lecce 0 vs 2 Atalanta | Fiorentina 2 vs 2 Napoli European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City English Championship: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City Weather: Katima Mulilo: 10° | 31° Rundu: 10° | 30° Eenhana: 12° | 31° Oshakati: 13° | 31° Ruacana: 12° | 31° Tsumeb: 14° | 29° Otjiwarongo: 12° | 27° Omaruru: 13° | 30° Windhoek: 12° | 27° Gobabis: 13° | 27° Henties Bay: 19° | 33° Wind speed: 41km/h, Wind direction: NE, Low tide: 06:32, High tide: 12:50, Low Tide: 18:28, High tide: 00:56 Swakopmund: 20° | 23° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SE, Low tide: 06:30, High tide: 12:48, Low Tide: 18:26, High tide: 00:54 Walvis Bay: 22° | 32° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SE, Low tide: 06:30, High tide: 12:47, Low Tide: 18:26, High tide: 00:53 Rehoboth: 12° | 27° Mariental: 16° | 29° Keetmanshoop: 17° | 29° Aranos: 16° | 29° Lüderitz: 19° | 35° Ariamsvlei: 16° | 31° Oranjemund: 14° | 31° Luanda: 24° | 28° Gaborone: 13° | 27° Lubumbashi: 11° | 27° Mbabane: 11° | 23° Maseru: 8° | 23° Antananarivo: 14° | 24° Lilongwe: 15° | 26° Maputo: 19° | 26° Windhoek: 12° | 27° Cape Town: 15° | 20° Durban: 16° | 24° Johannesburg: 15° | 24° Dar es Salaam: 24° | 32° Lusaka: 15° | 26° Harare: 12° | 26° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.01 | EUR to NAD 19.73 | CNY to NAD 2.51 | USD to NAD 18.15 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.7 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.55 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.35 | USD to AOA 847.42 | USD to BWP 13.49 | USD to EGP 46.86 | USD to KES 130.48 | USD to NGN 1467 | USD to ZAR 18.15 | USD to ZMW 25.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 79530.63 Up +0.03% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1754.58 Up +0.81% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13426.13 Up +0.11% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26142.84 Up +3.27% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 414.72/OZ UP +1.55% | Copper US$ 5.04/lb UP +4.12% | Zinc US$ 3 059.30/T UP 0.11% | Brent Crude Oil US$ 84.28/BBP UP +0.60% | Platinum US$ 1 084.88/OZ UP +2.19%