Onderwys: Geen geld vir stoele, lessenaars
Volgens die minister veroorsaak 'n tekort aan hulpbronne dat sanitasiegeriewe by skole nie voldoende is nie.
Henriette Lamprecht
Indien daar genoeg geld was, sou die regering van die uitdagings kon aanspreek wat die Ndama Gekombineerde Skool ervaar.
Dit behels 'n gebrek aan lessenaars en stoele, en dat tot 114 leerlinge een klaskamer deel.
Volgens die minister van onderwys, kuns en kultuur, me. Katrina Hanse-Himarwa, het die ministerie groot beleggings in die ontwikkeling van infrastruktuur in veral skole gemaak.
Sy sê die beweging van ouers van een plek na 'n ander, veral na dorpe en stede, word deur verskeie faktore, soos onder meer werksgeleenthede en hervestiging beïnvloed.
“Dit het 'n beduidende invloed op die vraag na onderrig en ruimte, omdat die opvatting is dat onderrig in stedelike gebiede meer gevorderd is.”
Dít is volgens die minister waarom skole soos die Ndama Gekombineerde Skool oorbevolk is.
“Die ministerie se standpunt was om leerlinge in te skryf om te verseker geen kind word agtergelaat of mis 'n skooljaar nie.”
Die skool is in 1978 gestig om voorsiening te maak vir 'n klein groepie leerlinge, meestal San-kinders, wat in die omgewing bly.
Soos die dorp uitgebrei het, het die gebied 'n nedersetting vir baie mense oraloor die land geword.
Die ministerie het die skool in twee verdeel – die Ndama Junior Primêre en die Ndama Gekombineerde Skool.
Die junior primêre skool het meer as 1 600 leerlinge, terwyl die gekombineerde skool 2 249 leerlinge en 49 onderwysers het.
Hanse-Himarwa het erken die skool het nie genoeg klaskamers en onderwysers om al die leerlinge te akkommodeer nie en moet daarom van die dubbelskofstelsel met klasse soggens en smiddae vir verskillende groepe leerlinge gebruik maak.
Oor die 114 leerlinge in een klaskamer, sê sy twee tydelike strukture is opgerig om hulle te akkommodeer, hoewel dit steeds te vol is en nie met die wenslike verhouding leerlinge tot onderwysers strook nie.
Hoewel die skool spoeltoilette het, maak die steeds groeiende getal leerlinge dit volgens Hanse-Himarwa “moeilik om voldoende te funksioneer”.
Sy sê die ontwikkeling van infrastruktuur sal voortdurend voorkeur geniet om 'n positiewe leeromgewing te skep.
Volgens Hanse-Himarwa toon ontleding van bestaande data verskille in skoolbywoning word deur verskeie faktore soos armoede, afstand en sanitasiegeriewe vir meisies beïnvloed.
Redes waarom leerlinge skool verlaat, verskil vir meisies en seuns.
“Ons stelsel is nie opgestel dat dit een bo die ander bevoordeel nie, maar om gelyke menseregte en toegang tot onderrig te verseker.”
In die lig hiervan wil die ministerie verseker elke skool wat beplan, gebou en geopen word, het ook gepaste sanitasiegeriewe.
Waar sanitasiegeriewe nie voldoende is nie, is dit volgens Hanse-Himarwa weens 'n tekort aan hulpbronne.
“Uitdagings word hanteer wanneer hulpbronne beskikbaar is.”
Volgens Hanse-Himarwa het die getal permanente klaskamers van 8 416 in 1992 tot 25 050 in 2017 toegeneem.
Tans is daar 'n totaal van 388 projekte onder die vaandel van basiese onderriggeriewe, wat klaskamers, laboratoriums, toilette en behuising vir onderwysers insluit.
'n Verdere 312 geriewe word tans opgeknap omdat sommige nie vir leerlinge geskik is nie.
Die meerderheid is in die 1960's aangebring.
Volgens die minister het haar ministerie 'n agterstand in die verskaffing van stoele en lessenaars.
“Die vinnigste en goedkoopste manier om meubels vir ons skole te kry, is om ons meubels deur ons beroepsgerigte leerlinge te laat herstel.”
Sy sê dit is 'n “lewenslange” oefening om onderriggeriewe op te gradeer en uit te brei.
“Die resultate is sigbaar vir dié wat vooruitgang met positiwiteit en objektiwiteit waarneem.”

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie