Onderwys en moraliteit
Godfrey Kleinhans - Onderwys in Namibië verkeer nie in ‘n goeie toestand nie.
Ons ervaar nie slegs ‘n tekort aan die nodige bronne nie, maar ek verkeer onder die indruk ons beskik ook nie oor die nodige bestuursvaardighede om die skip deur die storm te stuur nie.
Ons leef nie in ‘n maklike wêreld nie. Geweld, veral teen vroue en kinders, raak al hoe meer algemeen. Nie net werkloosheid en armoede dwing mense tot misdaad nie, maar ook ‘n gebrekkige morele onderbou.
Koerante en die openbare madia rapporteer gereeld gevalle van omkopery, selfverryking en die bevordering van die loopbane van familie en vriende. Individue en organisasies maak nou ernstige beroepe op die nuutverkose president van Suid-Afrika om korruptes nie in sy kabinet op te neem nie.
Onderwys is ‘n toekomsgerigte en skeppende aktiwiteit. Dit het tyd geword dat ons weer bepaal of dit wat ons in ons skole doen, strook met die môre waarna ons so reikhalsend uitsien.
Ons het tog êrens by konferensies, in raadsale en slypskole, in universiteitsklasse en in geskrifte belowe ons sal op die sosiale, emosionele, fisieke en kognitiewe ontwikkeling van ons kinders fokus.
Na 1989 was die Namibiese politieke leierskorps vreeslik begaan oor die sogenaamde straatkinders. Soms as ek hierdie kinders so vuil en honger op straat sien bedel, wonder ek wat het van die besorgdheid en drome van die leiers vir hierdie kinders geword.
Ons het ook onderneem om na die morele ontwikkeling van ons kinders om te sien. Ek glo ons onderwysers word toegerus om ons kinders met nederigheid, eerlikheid, beleefdheid, werkgierigheid, nie-rassigheid en toleransie die volwasse wêreld in te stuur.
Daar word ook stilweg gehoop dat hierdie kinders binne sosiale patrone sal inpas en hulle lewens sal wy aan die verbetering van die samelewing. Ek is oortuig dat dit nie die uitsluitelike taak van die onderwyser is nie, maar ‘n proses wat tuis moet begin.
Die pragtige roman van Harper Lee (1960), To Kill a Mocking Bird, gaan oor die verhouding tussen Atticus Finch, sy twee kinders Jem en Scout en hul huishulp, Calpurnia. Vir Atticus Finch is dit belangrik dat sy kinders vroeg die regte perspektiewe op die werklikheid kry, asook die waardes van moed, verdraagsaamheid, simpatie en empatie aanleer.
Hy vertrou Calpurnia met sy kinders en ken aan haar die bevoegdheid toe om hulle te dissiplineer. Sy strewe daarna om van hulle goeie mense binne ‘n rasverdeelde gemeenskap te maak.
Die vraag is waar staan ons skole met die inskerping van morele waardes?
Nie te lank gelede nie is ‘n onderwyseres in die //Kharasstreek daarvan aangekla dat sy ‘n onbehoorlike verhouding met ‘n skooldogter gehad het. Sy is ook van beweerde ontvoering verdink en klagtes is by die polisie aanhangig gemaak.
Wat my verstom het (sien my skrywe aan hierdie koerant), is dat die leerkrag nie met volle salaris gesuspendeer is nie. Ek herhaal: dit gaan beslis nie oor die seksuele voorkeure van die leerkrag nie, maar oor die verontagsaming van die morele en etiese kode van haar beroep. Ek het onlangs in die koerant gelees sy is moontlik in die moeilikheid omdat sy glo haar borgvoorwaardes verontagsaam het.
The Namibian van 24 Mei 2019 huldig die mening dat president Hage Geingob lankal moes opgetree het teen me. Katrine Hanse-Harmse, soos president Hifikepunye Pohamba teen mnr. Paulus Kapia en lt.genl. Martin Shali gedoen het. Pohamba het nie gewag vir ‘n bevoegde hof om hul skuld of onskuld te bewys nie.
Persone in sulke hoë posisies en en aan wie die beskerming van die welsyn van die nasie toevertrou word, mag nie toelaat dat hulle enigsins met beweerde ongure en onaanvaarbare gedrag verbind word nie. Daar mag nie geskuil word agter “innocent until proven guilty” nie.
Mens kan weer vra hoe ons vorder met die bou van morele waardes van ons kinders. Met oorweldigende armoede, ‘n hoë misdaadsyfer, tienerswangerskappe en talle kinders buite die stelsel vra ek dieselfde vraag as Langston Hughes:
Wat happened to the dream deferred
Does it dry up
Like a raison in the sun?

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie