Onderwys – Die sielkunde van Covid-19
Godfrey Kleinhans - Covid-19 storm voort met sy vernietigende gevolge.
Namibië het teen Maandag 203 bevestigde gevalle gehad en 875 mense wat steeds in kwarantyn.
Wêreldwyd is meer as 10 miljoen mense ge-infekteer en meer as ‘n half miljoen het reeds gesterf.
Die Wêreld Gesondheidsorganisasie erken die einde is nie in sig nie. Politieke leiers, ekonome, medici en navorsers veg op alle fronte en vrese bestaan dat ekonomieë ineen sal stort as die deure van samelewingsektore nie oopgemaak word nie.
Hospitale in Suid-Afrika staar reuse-uitdagings in die gesig.
Die behandeling van Covid-19 kry voorkeur bo siektes soos MIV/vigs, tering, diabetes en hartkwale. Tekorte ontstaan in chroniese medikasie.
Baie mediese kundiges dring aan individue, besighede, skole, kerke en ander organisasies moet voorsorgmaatrëels gehoorsaam om oordrag te voorkom. Ingeligtheid, monitering en gehoorsaamheid blyk die mees effektiewe wapens in die stryd te wees.
Navorsing ondersoek reeds die sielkundige impak van inperking op leerlinge weens die pandemie. Insiggewende navorsing is deur die organisasie Save the Children in die VSA, Brittanje, Duitsland en Spanje gedoen.
Daar is bevind inperking veroorsaak gevoelens van angs en ontneming (“deprivation”) by kinders. Kinders is meer bekommerd oor die toekoms. Hulle is veral bang gesins- en familielede sal die siekte opdoen. Kinders se groot vrees is dat hul ouers kan sterf.
Save the Children het owerhede versoek om toesig oor kinders te verskerp en om ondersteuningsdienste te voorsien wat kinders sal help.
Volgens ‘n ouer van ‘n dogter by ‘n skool in Windhoek met wie ek gesels het, ervaar sekere graad 11- en 12-leerlinge terneergedruktheid sedert hul kon terugkeer skool toe.
Die skoolbestuur, wat besorg hieroor was en die nadelige invloed op skoolwerk besef het, het ‘n uiters bemoedigende videogreep aan leerlinge en hul ouers gestuur. Leerlinge is aangeraai om hul oë op die eindeksamen te hou en die beste moontlike ondersteuning deur onderwysers is beloof. Goeie kommunikasie is nou baie belangrik.
‘n Forum by die skool is opgeskerp om seker te maak leerlinge voel veilig en geborge. Voorsorgmaatrëels word streng gevolg en leerlinge voortdurend gemonitor. Die paar dogters in die koshuis mag uitgaan, maar slegs onder streng voorwaardes. Toesighouding by die koshuis lyk goed.
Die betrokke dogter ervaar dieselfde gevoelens wat Save the Children ge-identifiseer het. Sy en maats is onseker of hulle die eindeksamen gaan skryf en is bekommerd oor universiteitstoelating en die toekoms. Hulle besef ook die koste van privaatskoling ver van die huis vir hul ouers.
Kinders is bang oor die terugkeer van leerlinge uit Erongostreek en vernaam Walvisbaai na skole elders in die land.
Die betrokke skool beskik oor die bronne om skoliere veilig te laat voel. Die vermoë bestaan nie noodwendig oral nie.
Goed opgeleide onderwysers en klein klasgroepe bevorder geborgenheid. Die meeste van ons skole is nie so bevoorreg nie.
Oor die jare het prestasies by die meeste van ons staatsskole swakker betrokkenheid deur onderwysers, ouers en leerlinge bewys. Weens Covid-19 het skoolbesture, lewensvaardigheidonderwysers, skoolsielkundiges in die streke en skoolgemeenskappe ‘n nog groter verantwoordelikheid om negatiewe gevolge tot die absolute minimum te beperk.
Leerlinge moet meer as ooit weet hulle is nie uitgelewer en alleen nie.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie