Onderwys - Die belang van ervaring
Godfrey Kleinhans - Geen onderwysstelsel kan behoorlik sonder akkurate en toepaslike onderwysdata funksioneer nie.
In Namibië word data twee keer per jaar ingevorder; op die 15de skooldag in Februarie en daarna weer in Augustus dieselfde jaar. Die doel van die 15de skooldagstatistiek is om behoeftes en moontlike uitdagings vroeg in die akademiese jaar te identifiseer terwyl die vraelyste wat in Augustus na skole gestuur word, meer omvattend is.
Die beplanningsdirektoraat van die ministerie dring daarop aan dat die vraelyste korrek ingevul word en hul kantoor op die voorgeskrewe datum bereik. Hierdie is ‘n wêreldwye praktyk en is baie waardevol vir besluitneming en beleidsfomulering.
Een afdeling van die vraelyste handel oor karaktertrekke van die onderwyskorps in die land. Die inligting wat verlang word, het betrekking op geslag, ouderdom en diensjare, vlakke van skool- en tersiêre opleiding, taalvaardigheid, aard van aanstelling en onderrigpligte. Die beplanningsdirektoraat kan dan in 'n bepaalde jaar op grond van data wat op hierdie wyse verkry is ‘n duidelike profiel van onderwysers in diens van die ministerie (en in privaatskole) vorm.
Onderwysers word teen astronomiese koste opgelei en in diens geneem. Verder het opleidingsvlakke en diensjare ook groot implikasies vir die owerhede se geldsake.
Dit word algemeen aanvaar dat ouer onderwysers groter emosionele volwassenheid aan die dag lê en hul jare ervaring tot die voordeel van die onderwyspraktyk aanwend. Dit is geen wonder dat skoolrade voorkeur verleen aan ouer en ervare vakonderwysers nie.
Ouers is ook geneig om voorkeur te verleen aan skole met sulke onderwysers. Ouderdom en diensjare word duidelik in verband gebring met kwaliteitonderwys.
Besluite oor vergoedingspakkette van onderwysers verskaf administrateurs groot kopsere wanneer begrotings vir die parlement voorberei word. Hulle moet aan die een kant seker maak dat die porsie van die nasionale bronne wat na onderwys gaan nie buite verhouding is met wat aan die ander staatsektore toegeken word nie. Aan die ander kant moet hulle waak teen enige agteruitgang in die kwaliteit van onderwys.
Hierdie oogmerk kan alleenlik bereik word as die nodige erkenning aan ouderdom, diensjare en ervaring verleen word. Indien hierdie aanname verkeerd is, is daar geen rede waarom hierdie karaktertrekke oorweeg moet word wanneer oor kriteria vir bevordering en vergoeding besluit word nie.
Die meeste ontwikkelende lande sukkel maar om die onderwysbegroting binne die internasionale norme te hou.
In die aanvangsjare van die land se onafhanklikheid het die sektor ongeveer 24% van die nasionale begroting ontvangy. Weens die reuse-agterstande geskep deur die onderwyspraktyke in die apartheidsjare kon die regering ook nie anders nie.
Die gedeelte wat aan die onderwyssektor toegeken word, staan tans op ongeveer 19% ('17-'18 boekjaar). Dit vertoon steeds sleg vergeleke met die internasionale norm, maar agterstande is steeds nie heeltemal uitgewis nie.
Verder was daar ‘n onderwyser aangestel vir elke 25,2 leerlinge (redelik laag) in 2017-'18 terwyl ‘n enorme gedeelte van die onderwysbegroting aan vergoedingspakkette gegaan het.
Baie ontwikkelende lande maak “benoude spronge” om hul begrotings onder beheer te kry.
In Costa Rica is gekwalifiseerde onderwysers vervang met hoërskool graduandi sonder enige onderwysopleiding. In Tanzanië is onderwysers wat deur middel van afstandsonderrig opgelei is nie geskik gevind vir aanstelling in die sekondêre skool nie.
Voorbeelde van salarisverlagings is algemeen in ontwikkelende lande in Afrika en Suid-Amerika. Hierdie aanpassings hou nie net uiterste beproewinge in vir die onderwyser nie, maar plaas ook die kwaliteit van onderwys konstant in gedrang. Toegang tot onderwys ly ook hieronder.
Die wolf klop aan die deur, maar ons is met die genade van Bo nog nie waar sulke lande hulself bevind nie. Die waarde wat onderwysers tot sosio-ekonomiese ontwikkeling voeg, mag nooit onderskat word nie; selfs nadat hulle die ouderdom van sestig bereik het en uit diens getree het.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie