Onderwys - Brood of data?
Godfrey Kleinhans
Die Covid-19-pandemie het menige skoolstelsels op hul koppe gedraai.
Owerhede het skole inderhaas gesluit en die tradisionele metode van onderrig is met tuis- en of aanlynonderrig vervang. Die koste hiervan kan nogal duur en veeleisend wees.
Ouers moet oor ‘n bepaalde geletterdheidspeil en genoeg tyd beskik om hul kinders van hulp te wees terwyl aanlynonderrig nie moontlik is sonder rekenaars, slimfone, drukkers, internetkonneksies en data nie. Al hierdie goed kan ‘n huishouding ‘n aansienlike klompie dollars uit die sak jaag.
Dit kan ‘n geval wees van brood of data, aldus die Stellenbosh professor Jonathan Jansen. Dit plaas tuis- en aanlynonderrig onmiddelik in die kader van ‘n bepaalde inkomstegroep.
Baie vrae, veral die met ‘n sosio-ekonomiese strekking, het reeds in die vroeë stadium van Covid-19 die lig gesien. Baie uit opregte besorgdheid, sommige uit onkunde en baie uit bloot politieke moedswilligheid.
Baie van die relevante vrae het gegaan oor die situasie van die armes asook landelike leerlinge. Die pandemie het ons opnuut laat besef hoe groot en blykbaar onoorbrugbaar die gaping is tussen die besittersklas in die stede en dorpe en die vir wie dit elke dag ‘n stryd is om kos, kleding en ‘n dak oor die kop te hê.
Baie stedelinge het ook nie toegang tot kwaliteit onderwys, goeie gesondheidsorg, elektrisiteit en veilige ablusiegeriewe nie. Die inwoners van die landelike gebiede word dikwels in ‘n erger graad deur hierdie gebreke getref. Verder moet landelike mense tevrede wees met die handjie vol onderwysers wat daar wil skool gee of die wie geen ander keuse het nie. In baie gevalle is hierdie onderwysers ook onder- of ongekwalifiseerd.
Skole is of word nie behoorlik toegerus nie terwyl verafgeleë skole nie oor koshuise beskik nie. Die verskynsel van kindergesinne word deur verskeie oorsake gedryf; een daarvan is ook onderwys. Sommige landelike gemeenskappe is nomadiese boere en skoolpersele verskuif ‘n paar keer gedurende ‘n skooljaar. In sulke gevalle is die kurrikula uiters beperk en daar is weinig sprake van ekstra-kurrikulêre aktiwiteite.
Volhoubare skoolontwikkeling bly ‘n droom en die staat vind dit uiters moeilik om sy belofte van kwaliteit onderwys na te kom.
Covid-19 behoort teen hierdie tyd idealiste en persone wat gedroom het van ‘n utopiese onderwysstelsel die naakte waarheid laat sien het. Dit het klasseverskille in stedelike gebiede geaksentueer, maar landelike leerlinge gesoleer. Hier is aanlyn- en tuisonderrig vir baie nie 'n opsie nie.
Die vraag is wat owerhede gaan doen om leerlinge in landelike gebiede uit hul isolasie te bevry.
Die oplossing is volgens die ekonome om landelike ekonomieë te ontwikkel. Heelwat navorsing dui daar op dat landbou nie net voedselsekerheid bring nie, maar dat dit die basis vir industrialisering en algemene ontwikkeling voorsien. ‘n Goeie landbousektor impakteer positief op die algemene ekonomiese ontwikkeling van ‘n land.
Dit maak dis sin om nie leerlinge na koshuise in die dorpe en stede te lok nie, maar om meer geld in die landelike onderwyssektor te belê. Meer skole met koshuise moet in hierdie gebiede opgerig word en gekwalifiseerde en ervare onderwysers moet met byvoordele aangemoedig word om vir betrekkings by sulke skole aansoek te doen.
Landbouskole vir die senior primêre fase, junior sekondêre fase en senior sekondêre fase moet in die landelike gebiede opgerig word. Dit beteken meer landbou-onderwysers moet opgelei word.
Geleenthede moet geskep word vir leerlinge om boerderytegnieke prakties buite skoolverband en op ‘n informele wyse aan te leer. Miskien is ‘n gewysigde vorm van die Israeli Kibutz nie te vergesog nie.
Moontlik is hier iets vir die Namibiese onderwysowerhede te leer. Maar, ek dink ons moet eers die situasie by landelike skole deeglik ondersoek. Die bevindings sal ons nie net instaat stel om die skade te beraam nie, maar ook om die weg vorentoe te bepaal.
- [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie