Onderwys belê in aanlyn inhoud
Die ministerie van onderwys, kuns en kultuur het N$27 miljoen beskikbaar gestel om materiaal vir aanlyn onderrig te ontwikkel. Volgens die uitvoerende direkteur, me. Sanet Steenkamp, het die ministerie ’n vennootskap met die Namibiese Kollege vir Afstandsonderrig (Namcol) aangegaan om aanlyn onderrigmateriaal en hulpbronne vir graad 8 tot graad 11 sowel as die nuwe gevorderde stelsel te ontwikkel.
Volgens Steenkamp is N$15 miljoen van die ministerie se 2020/2021-bedryfsbegroting opsy gesit vir Namcol om ’n volle leerplan te ontwikkel en die leerplan se onderrig en lesse in aanlyn inhoud te verander. Die verandering behels oudio-visuele materiaal en lesse vir verskillende tipes aanlyn metodes.
Sowat N$2 miljoen is ook beskikbaar gestel om 250 skootrekenaars aan te koop wat gebruik is vir die opleiding van alle onderwysers wat deel van die projek was en ook die inhoud ontwikkel het. - Nampa

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie