Onderwys – Baie vrae oor die 'nuwe normaal'
Daar is nog geen betekenisvolle aanduiding dat die einde van Covid-19 in sig is nie.
Onderrig en leer is die twee belangrikste aktiwiteite in enige onderwysstelsel en owerhede wêreldwyd twyfel vir geen oomblik dat skole moet heropen nie.
Baie Europese skole wat, in opdrag van hul regerings, eers halt geroep het, het geleidelik hul aktiwiteite begin hervat. Owerhede ervaar druk uit baie oorde en daar is geen maklike besluit nie.
Ouers wat vrees hul kinders sal die skooljaar moet herhaal, dring aan op die heropening van skole. Sekere ouers vrees hul kinders sal hul kanse om universiteitstoelating verbeur.
Die owerhede is maar te bewus daarvan dat herhaling 'n geweldige finansiële las sal meebring terwyl die uitvalsyfers in laer- en hoërskole die hoogte in kan skiet. Hoe langer owerhede talm, ontstaan die gevaar dat sekere leerlinge, veral in laer inkomstegebiede, dalk sal weier om terug skool toe te gaan.
'n Hoë uitvalsyfer is altyd slegte nuus vir enige land se ekonomie.
Ander ouers en vakbonde is egter oortuig skoolpersele bied nie genoeg beskerming teen Covid-19 nie.
Iets spook nog by my. Ek verkeer onder die indruk, en ek mag verkeerd wees, dat vermoënde staats- en privaatskole hul meer aggressief vir die vinniger heropening van skole beywer het as ouers, onderwysers en vakbonde by minder vermoënde skole.
Van die skole het beperkte fasiliteite en sommige is sonder water, elektrisiteit en ablusiegeriewe. Van hierdie skole is in landelike gebiede waar onderwysers nie altyd goed opgelei is nie.
Vrese bestaan kinders in informele nedersettings sal meer blootgestel aan die virus wees en dit makliker oordra.
Oorlewing – deur die verkryging van kos, water, klere, energie en beskerming teen die koue van die komende winter – is belangriker oorwegings as die dra van maskers en handhawing van 'n voorgeskrewe afstand tussen mense.
Ek dink dit is in die lig hiervan dat die Suid-Afrikaaanse president gesê het ouers moet besluit of hulle hul kinders terug skool toe gaan stuur of nie. Dit bly 'n moeilike keuse, maar die heropening van die skole is 'n onvermydelike werklikheid. Terug skool toe sal die kinders moet!
Almal moet kennis neem van die nuwe werklikheid en die bedreiging wat dit vir die onderwyssektor inhou.
Die klem moet nou op gedeelde besluitneming val. Die menings van alle ouers, onderwysers, skoolrade, onderwysfora, senior leerlinge, uitgetredenes en alle vennote in die skoolgemeenskap moet ingewin word.
Beplanning moet opgeskerp word. Prioriteite en doelwitte sal moontlik moet verander.
Die aantal leerlinge per onderwyser en klaskamer sal gewysig moet word om die afstandrëel te eerbiedig. Dubbelskofte is 'n goeie oorweging.
Tuisonderrig sal waarskynlik behou moet word om verlore tyd in te haal.
Onderwysers en ouers moet versigtig wees vir fopnuus en kennis neem van die jongste navorsing en statistiek.
Ongelykhede moet nie uit die oog verloor word nie. Die regering en vennote sal alles in hul vermoë moet doen om behoeftige skole te ondersteun.
Toesig en monitering sal moet verbeter om te verseker gesondheidsvoorskrifte word nagekom.
Nie net in die klaskamer nie, maar ook op die skoolperseel en in ablusiegeriewe.
Plaaslike owerhede en die polisie sal openbare sportvelde moet monitor.
Waaksaamheid moet tydens die verslapping van maatreëls die wagwoord wees.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie