Ondersteuning vir kinders met hartdefekte
'n Organisasie wat uit nood gestig is, staan ook ander mense by.
Henriette Lamprecht – Uit die wanhoop van ’n familielid wat ’n dringende hartoperasie benodig het, is ’n nuwe organisasie gebore wat nou hoop, leiding en inligting aan ander verskaf wat hulle in soortgelyke omstandighede bevind.
Die Joseph Tangi Save Lives of CHD Kids-organisasie fokus op kinders met aangebore hartdefekte.
’n Aangebore hartdefek (CHD) behels ’n probleem met die struktuur van die hart wat reeds by geboorte teenwoordig is. Die defekte kan in die wande, kleppe of are naby die hart wees.
Die stigter van die organisasie, mnr. Risto Ashikoto, se susterskind, die driejarige Tangi Makambuli, is in Augustus verlede jaar met CHD gediagnoseer en moes dringend ’n operasie in Kaapstad, Suid-Afrika, ondergaan.
“Dit was regtig vir die familie moeilik, omdat ons dit nie kon bekostig nie,” vertel Ashikoto.
Maar ’n vasbeslote Ashikoto het onmiddellik begin om die nodige geld in te samel vir die operasie wat klein Tangi se lewe kon red.
In die tyd wat Tangi in die hospitaal en in Suid-Afrika moes deurbring, het Ashikoto gesien en besef daar is baie families wat deur dieselfde trauma gaan.
“Ons was nie die enigstes wat deur die pyn moes gaan om hul kinders se lewe te red nie. So baie families moet so lank op die lys vir geld van die regering wag. Die regering kan ook net twee, miskien drie kinders stuur om die operasie in Kaapstad te ondergaan,” sê Ashikoto.
Tans is daar sowat 63 kinders op die waglys en “vele meer wat nog nie eens gediagnoseer is nie”.
Deel van die nuwe organisasie is om geld in te samel om van die kinders op die lys in staat te stel om dié lewensnoodsaaklike operasie te ondergaan.
Ashikoto wil Namibiërs ook graag meer bewus van die siekte in die land maak en ook as ’n ondersteuningsnetwerk dien vir families wat ’n kind met CHD het.
In dié opsig bied me. Rositha Sagner op Swakopmund groot ondersteuning omdat sy die afgelope paar jaar reeds ’n pad met haar vyfjarige seuntjie, Damian, stap wat met ernstige hartprobleme gediagnoseer is.
“Ek weet en verstaan waardeur ’n ouer gaan wanneer jou kind met ’n hartprobleem gediagnoseer word. Dit kan verpletterende nuus wees as jy nie weet wat om te verwag en wat om te doen om jou kind te help nie,” het Sagner gesê.
Inligting oor die organisasie kan op hul Facebook-blad “Joseph Tangi Save Lives of CHD Kids” gevind word.
Ashikoto kan by 081 466 6776 gekontak word.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie