Ondersteun kankervereniging
Ondersteun kankervereniging

Ondersteun kankervereniging

Yandi Du Plessis
Die Kankervereniging van Namibië (CAN) nooi lesers uit om Market Watch wat in Republikein, Namibian Sun en Allgemeine Zeitung gepubliseer word, dop te hou vir vier legkaartstukke.

Sodra jy al vier stukke gekry het, kan jy dit saam met jou antwoord en kontakbesonderhede na [email protected] stuur om 'n kans te staan om 'n pienk geskenkmandjie te wen.

Die kompetisie duur vanaf 19 tot 28 Oktober en die trekking sal regstreeks op Namibia Media Holdings se nuwe program, Africa Good Morning, uitgesaai word.



PIENK KOERANTDAG

NMH se drie dagkoerante sal op Vrydag 30 Oktober in 'n treffende skakering van pienk versier word. Die pienk koerantdag ondersteun Borskankermaand in Oktober.

Adverteerders kan op die reklamewa spring en 'n advertensie in komende Vrydag se uitgawe plaas en 'n bykomende N$100 betaal. Namibia Media Holdings sal op hulle beurt ook N$100 skenk. Dié fondse word op dieselfde dag aan die Kankervereniging van Namibië geskenk.

Kommentaar

Republikein 2025-04-30

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer