Onderstebo, agterstevoor
Die versoek vir uitstel van die sperdatums vir aansoeke om twee massiewe konstruksietenders én die hersiening van die tenders se voorwaardes laat Namibiërs opnuut vra of besluitnemers voortydig alle opsies doelmatig oorweeg.
Die twee tenders is vir fase 2 van die lughawepad en die rehabilitering van die spoorlyn tussen Walvisbaai en Kranzberg.
Die plaaslike konstruksiebedryf het aanvanklik by monde van die CIF gekla tendervereistes maak dit onmoontlik vir Namibiese ondernemings om mee te ding. Die eise behels kontantvloei en omset waaraan net internasionale konstruksiereuse kan voldoen.
Blykbaar word plaaslike bemagtiging en vennootskappe glad nie as vereistes gestel nie.
As minister van finansies wil mnr. Calle Schlettwein nou hê mnr. John Mutorwa se ministerie van werke en vervoer moet die sluitingsdatum vir aansoeke tot einde November uitstel. Mutorwa het aan Republikein gesê die Afrika-ontwikkelingsbank (AfDB) bepaal as finansierder die tendervoorwaardes, maar elders in die media sê Schlettwein hy gaan met dié bank arm druk.
Jan en San Alleman wil weet hoekom nie lank vooraf behoorlik oor die kwessies beraadslaag is nie. Die regering het 'n plig om ook plaaslike konstruksie- en ander bedrywe te bevorder.
Die petalje gee gronde aan vrese dat ook met groot projekte wat China gaan finansier, soos die nuwe lughawegebou, plaaslike ondernemers ten koste van buitelanders uitgesluit gaan word.
Voorsienigheid is gerade.
So sê ander
15 Oktober 2018
Jamal Khashoggi's disappearance: journalists under threat
The disappearance and presumed murder of the journalist Jamal Khashoggi in Istanbul has brought a perfect storm of criticism and attention on the Saudi Arabian regime.
A chilling side of the story is how this absolute monarchy reacts to criticisms of its reformist credentials by brutal repression.
Khashoggi's fate is part of a wider international culture of intolerance and hostility to independent and critical journalism in recent years.
That illiberal trend has been reinforced by the questioning of those values by President Trump in the US. The same trend is at work on Putin's Russia and is a growing feature of right-wing populist movements in Europe.
Jamal Khashoggi's disappearance brings home the importance of independent journalism as a guarantor of public accountability.
• THE IRISH TIMES

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie