Ondersoek op Kaapkruis ingestel

Omgewing

21 May 2021 | Omgewing
Irene-Mari van der Walt – Ná nog 'n aanval deur 'n vermoedelik hondsdol jakkals in die Kaapkruis-omgewing, is die ministerie van omgewing en toerisme besig om vas te stel of daar wel 'n uitbreking van hondsdolheid in dié kusgebied is.

“Die ministerie het die toename in gevalle van hondsdolheid en konflik met hondsdol diere waargeneem en is tans besig met 'n feitebepaling van hierdie gevalle voordat 'n amptelike uitbreking verklaar kan word,” sê woordvoerder Romeo Muyunda namens die ministerie.

Volgens hom is daar veral 'n toename in hondsdolheid onder jakkalse in die area.

“Gegewe dat die ministerie reeds met 'n ondersoek besig is, sal ons binne die volgende twee tot drie weke die weg vorentoe kan sien. Gewoonlik oorleef diere met hondsdolheid nie lank nie. Hondsdolheid in Namibië is 'n probleem, maar dit is nie so 'n groot probleem nie – dit kom en gaan,” sê Muyunda.

Toekomstige stappe in verband met hondsdolheid in die area is volgens Muyunda onderhewig aan die omvang van die probleem.

“Sou ons bepaal dat hierdie 'n erge probleem is, sal ons geen keuse hê as om die diere van kant te maak nie,” sê Muyunda.

Nadine Downling, die bestuurder by Kaapkruis Lodge, vertel hondsdolheid raak vir hulle by die dag 'n groter probleem.

“Ons wil nou 'n bord opsit om mense te waarsku om weg te bly van wilde diere af,” sê sy.

Ondanks die toename in hondsdolheid sê sy konflik met hondsdol diere gebeur weinig.

“Ek bestuur nou al agt jaar lank hierdie lodge en die jong man wat onlangs in sy tent aangeval is, is die eerste keer dat dit gebeur,” sê sy.

Nietemin, glo sy die ministerie van omgewing en toerisme moet dringend ingryp en raai persone in die area aan om geen kanse te waag nie.

“As jy enige eienaardige gedrag van 'n wilde dier waarneem, maak jouself skaars en lig die ministerie van omgewing in daarvan. As 'n dier oorvriendelik voorkom of ongewoon aggressief is, kan dit 'n teken van hondsdolheid wees.

“Daar is passiewe hondsdolheid wat diere meer mak laat voorkom, of aggressiewe hondsdolheid wat natuurlik diere meer aggressief maak. Hondsdolheid verskyn nie altyd met die stereotipiese skuim om die mond nie,” waarsku sy.

Downling raai enige persoon wat in kontak met wilde diere gekom het aan om so gou as moontlik 'n mediese dokter te sien.

“Hondsdolheid is behandelbaar met vyf inspuitings. Dit is nie 'n mediese noodgeval nie, maar dit is dringend dat mense mediese bystand kry in sulke gevalle.”

[email protected]


FOTO
Jakkalse aas aan ’n dooie rob by Kaapkruis. Foto Wikimedia, ter illustrasie

Soortgelyk

 

70 sterftes, 1 193 gevalle

3 ure gelede | Gesondheid

Die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste het 70 Covid-sterftes bekendgemaak waarvan 36 in Junie was. Windhoek het 26 aangeteken, gevolg deur 12 in Rundu,...

Zuma op Escourt in aanhouding ná nagtelike oorgawe

20 ure gelede | Afrika

Oudpresident Jacob Zuma het hom Woensdagaand aan die polisie oorgegee om sy 15 maande tronkstraf wat hom weens minagting van die hof opgelê is, uit...

Lugreus bring noodvoorraad

20 ure gelede | Internasionaal

Ronelle Rademeyer – ’n Antanov AN-255, met vlugnommer ADB566F, sal na verwagting om 13:00 vandag by die Internasionale Lughawe Hosea Kutako neerstryk met die eerste...

Waninligting oor entstowwe strafbaar

20 ure gelede | Gesondheid

Henriette Lamprecht – Enige geregistreerde gesondheidspraktisyn wat bevind word dat hy of sy verkeerde inligting oor Covid-19, die entstowwe en terapie oordra, sal vir onprofessionele...

Weer vir 8 Julie 2021

20 ure gelede | Weer

BINNELAND: Aanvanklik koud, maar andersins gedeeltelik bewolk en matig tot warm in die //Kharasstreek met enkele buie. Elders sonnig tot warm. Koue toestande sal intree...

Entveldtog verloor stoom

20 ure gelede | Gesondheid

Dani Booysen – Beskikbare immuniseringsdata vir Namibië wat moet toon hoe die stryd teen Covid-19 vorder, wys tweede inentings word steeds gedoen ondanks die opdrag...

Kerina ter ruste gelê in hoofstad

20 ure gelede | Gemeenskap

Augetto Graig – Prof. Mburumba Kerina is gister in die Khomasdal-begraafplaas in die hoofstad begrawe. Die man wat Namibië sy naam gegee het, is saam...

Troeteldiere stroom nie in by DBV's

20 ure gelede | Gemeenskap

Tanja Bause – Sedert die begin van die Covid-19-pandemie is daar nie 'n toename in honde wat landswyd by dierebeskermingsverenigings (DBV's) afgelaai word nie. Me....

Wie is Delta?

20 ure gelede | Gesondheid

Henriette Lamprecht – Die hoogs aansteeklike Delta-variant wat in weefselmonsters van bevestigde Covid-19-gevalle in die Khomasstreek gevind is, is in Mei as ’n “kommerwekkende variant”...