Ondersoek Legal Shield, sê regsfirmas
’n Betoog is geopper dat daar geen rede vir die maatskappy is om nie sy diensverskaffers te betaal nie.
Catherine Sasman - Die Bank of Namibia (BoN) en die Namibiese Toesighoudende Owerheid vir Finansiële Instellings (Namfisa) is versoek om die reserwes van Legal Shield te ondersoek nadat ten minste 11 regsfirmas gekla het oor die nie-betaling van regsgelde.
Dié klag spruit uit ’n hofgeding wat deur die regsfirma Kruger Van Vuuren & Kie aanhangig gemaak is vir ’n beweerde aansienlike bedrag wat nie deur Legal Shield uitbetaal is nie en ’n daaropvolgende bevestiging van nie-betaling aan die wetsgenootskap van Namibië sedert September.
ISG Namibia, wat die klag namens die firmas ingedien het, beweer dat die Trustco-groep genoeg geld behoort te hê om te betaal vir die regsdienste wat aan kliënte van Legal Shield gebied word. ISG stel voor dat daar ’n moontlikheid bestaan dat geld tussen die verskeie maatskappye in die groep hande verwissel.
Die Trustco-groep sluit bank- en finansieringdienste, versekering, beleggings en ander dienste in.
Mnr. Eben de Klerk van ISG Namibia het in korrespondensie aan die BoN en Namfisa geskryf dit is moontlik dat Trustco Bank ’n verwante party van Legal Shield is of dat die bank se finansies moontlik deur een of meer persone aan die stuur van Legal Shield beheer word.
“Beide versekeraars en banke is gereguleerde entiteite met statutêre reserwe vereistes. Indien dit die geval is dat hierdie entiteite binne ’n groep onder oorvleuelende beheer is, bestaan daar die risiko dat die geld van die een na die ander oorgeplaas word om die indruk te skep dat wanneer dit op ’n gegewe tydstip of vir ’n kort tydperk waargeneem word, dit aan die reserwe vereistes voldoen,” was De Klerk se mening.
Hy het voorgestel dat Namfisa die moontlikheid ondersoek en dit deur die BoN gekoördineer word.
Die argument is ook gemaak dat Legal Shield natuurlikerwys genoeg geld behoort te genereer om diensverskaffers te betaal.
Volgens ’n proefkontrak beloop die laagste premie vir Legal Shield-dekking alleen N$111,80 per maand. Met 60 000 polishouers behoort Legal Shield ten minste N$6,7 miljoen per maand in te samel, wat N$80,5 miljoen per jaar beloop.
Die betoog is dus dit is onwaarskynlik dat Legal Shield nie sy versekeringskontrakte kan nakom nie tensy Legal Shield nie aan sy statutêre reserwe vereistes voldoen nie, sê De Klerk.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie