Onderhandelinge in Berlyn hervat
Die spesiale gesante van Namibië en Duitsland, dr. Zed Ngavirue en mnr. Ruprecht Polenz, het op 28 en 29 September in Berlyn ontmoet vir die sesde ronde samesprekings tussen die twee lande.
Lede van Namibiese gemeenskappe wat deur die volksmoord van 1904 tot 1908 geraak is, asook senior regeringslui is by die onderhandelinge betrek.
Volgens ‘n verklaring deur die Duitse ambassade in Windhoek het die samesprekings in ‘n “baie goeie en konstruktiewe atmosfeer” plaasgevind. Van die onderwerpe op die agenda was die terugkeer van menslike oorskot uit Duitsland na Namibië. Albei lande is gereed vir ‘n waardige terugkeer na Namibië. Dit sal die derde keer wees dat menslike oorskot van Duitsland na Namibië teruggestuur word.
Die samesprekings sal later vanjaar in Namibië voortgesit word.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie