Onder jou Kersboom: Unieke boek oor Namibië

Veel meer as 'n toeristegids

23 December 2020 | Kuns en vermaak
Ronelle Rademeyer

In sy debuutwerk, Namibia Places, bied die Windhoekse argitek en kunstenaar Linus Malherbe sy belewenisse en ervaringe van sy ­geboorteland op unieke en intieme wyse aan.

Dit bevat sy kunswerke van Namibië se beroemdste en mees ikoniese ­landmerke en word aangevul met sy jeug- en reisherinneringe, of toe­gelig met geskiedkundige foto's en inligting.

Dit bevat ook inligting oor sy teorie oor die Wit Vrou-rotstekening van die Brandberg wat hy ná uitgebreide navorsing geformuleer het.

Malherbe glo die Wit Vrou beeld nie 'n Boesman-toordokter of -sjamaan (geestelike leier) uit soos ­argeoloë bevind het nie, maar 'n Iberiese ­vrouekryger uit die 1100's wie se voorsate Vikings was. Hy illustreer dit baie oortuigend aan die hand van sketse.

Malherbe, kleinseun van die Afrikaanse skrywer, digter en dramaturg DF Malherbe, sê hy glo kunstenaars word met 'n sesde sintuig gebore en beskik oor die natuurlike vermoë om fyn detail waar te neem en te onthou. Daarin sê hy, lê 'n swaar ­emosionele las opgesluit; een wat dikwels durende onrus skep.

Namibia Places is veel meer as 'n toeristegids oor Namibië en sy ­argitektoniese en ander ­landmerke.

Dit verbeeld die intieme leef- en ­herinneringslandskap van die kuns­tenaar en skrywer op ­eiesoortige wyse.

Dit is nie net ideale leesstof vir die vakansie nie, maar 'n boek wat mense met 'n waardering vir die land se ryke erfenis in hul boekery moet hê.

Dit is uitgegee deur Venture Publications. Die sagteband kos N$475 en die hardeband N$580.

Besoek www.linusnamart.com vir meer inligting, of kontak Malherbe by [email protected] of 085 555 0255.

Soortgelyk

 

Gesondheidswerkers, leerlinge en onderwysers deel van 343 nuwe gevalle

5 ure gelede | Gesondheid

Sewe Covid-19-verwante sterftes is vandag aangekondig en wel vier in Windhoek, twee in Swakopmund en een in Grootfontein. Die sterftes in Windhoek sluit 'n 63-jarige...

Moller, Hatuikulipi se belange onder vergrootglas

20 ure gelede | Misdaad

Hoofredaksie – Een van die transaksies wat deur die Teenkorrupsie-kommissie (ACC) as deel van die Fishrot-ondersoek gefynkam word, is 'n bedrag van N$8 miljoen wat...

Rekening van N$151 000 bly toe 'jakkals' gly

20 ure gelede | Misdaad

Francoise Steynberg – 'n Vermeende glyjakkals wat vir 'n maand saam met sy gesin in 'n gastehuis op Swakopmund gebly en glo nie betaal het...

Mans vas oor vervalsing van Covid-19-toetsuitslae

20 ure gelede | Misdaad

Kristien KrugerTwee Zimbabwiese mans is Saterdag omstreeks 12:00 op Katima Mulilo in hegtenis geneem vir die besit was vervalste Covid-19 laboratoriumtoetsverslae van PathCare Namibië.Die mans...

Reënweer bring groot skade

20 ure gelede | Weer

Kristien Kruger – Terwyl Namibië die derde week van swaar neerslae binnegaan, is groot skade reeds aan paaie, landerye en ander infrastruktuur aangerig. Windhoekers is...

Weer vir 11 Januarie 2021

20 ure gelede | Weer

BINNELAND: Gedeeltelik bewolk en baie warm in die Noordweste, verre Weste en dele van die //Kharasstreek. Elders sal dit bewolk en warm tot baie...

Regering slaan toe op klaringsagente

20 ure gelede | Regering

Phillepus Uusiku – Die regering is in die finale fase van die instelling van strenger maatreëls vir die lisensiëring van klaringsagente.Die instellings beoog om die...

Nafau wen in hof teen Shoprite

20 ure gelede | Arbeid

Kristien Kruger en Adolf Kaure – Stakende Shoprite-werknemers was Vrydagmiddag verjuig toe die hoërhof in Windhoek beslis het dat ’n interdik teen die Shoprite-winkelgroep uitgereik...

Op die spoor van Hardapdam se opvangsgebiede

20 ure gelede | Infrastruktuur

Kallie Pauw (gasskrywer)Die onlangse wonderlike reën in groot dele van Namibië en verslae daaroor en foto's van vol riviere en dansende boere het mense (soos...