Onder jou Kersboom: Unieke boek oor Namibië

Veel meer as 'n toeristegids
23 December 2020 | Kuns en vermaak
Ronelle Rademeyer
In sy debuutwerk, Namibia Places, bied die Windhoekse argitek en kunstenaar Linus Malherbe sy belewenisse en ervaringe van sy geboorteland op unieke en intieme wyse aan.
Dit bevat sy kunswerke van Namibië se beroemdste en mees ikoniese landmerke en word aangevul met sy jeug- en reisherinneringe, of toegelig met geskiedkundige foto's en inligting.
Dit bevat ook inligting oor sy teorie oor die Wit Vrou-rotstekening van die Brandberg wat hy ná uitgebreide navorsing geformuleer het.
Malherbe glo die Wit Vrou beeld nie 'n Boesman-toordokter of -sjamaan (geestelike leier) uit soos argeoloë bevind het nie, maar 'n Iberiese vrouekryger uit die 1100's wie se voorsate Vikings was. Hy illustreer dit baie oortuigend aan die hand van sketse.
Malherbe, kleinseun van die Afrikaanse skrywer, digter en dramaturg DF Malherbe, sê hy glo kunstenaars word met 'n sesde sintuig gebore en beskik oor die natuurlike vermoë om fyn detail waar te neem en te onthou. Daarin sê hy, lê 'n swaar emosionele las opgesluit; een wat dikwels durende onrus skep.
Namibia Places is veel meer as 'n toeristegids oor Namibië en sy argitektoniese en ander landmerke.
Dit verbeeld die intieme leef- en herinneringslandskap van die kunstenaar en skrywer op eiesoortige wyse.
Dit is nie net ideale leesstof vir die vakansie nie, maar 'n boek wat mense met 'n waardering vir die land se ryke erfenis in hul boekery moet hê.
Dit is uitgegee deur Venture Publications. Die sagteband kos N$475 en die hardeband N$580.
Besoek www.linusnamart.com vir meer inligting, of kontak Malherbe by [email protected] of 085 555 0255.

Soortgelyk
Vrou woon in haar motor by hospitaal
8 ure gelede | Mense
Toekoms van 77 Air Nam-vlieëniers onseker
8 ure gelede | Vervoer
Ses damme voller as 100%
8 ure gelede | Weer
Weer vir 24 Februarie
8 ure gelede | Weer
'Swak bestuur rede vir Meatco se krisis'
8 ure gelede | Byvoegsels
Hof kry Heritage Health voor stok
8 ure gelede | Gesondheid
'IEB in nuwe formaat is hier om te bly'
8 ure gelede | Onderwys
#Indigiwalk Namibia in die pyplyn
8 ure gelede |
‘Geen personeel betrokke by stropery’
8 ure gelede | Ministeries
Kleinadvertensies