Onder die vergrootglas met Bolhuis
Onder die vergrootglas met Bolhuis

Onder die vergrootglas met Bolhuis

Spesialis-ondersoeker Mike Bolhuis – die man wat wetsoortreders se broeke laat bewe – is van Oktober af op kykNET in die misdaadsreeks Bolhuis te sien.

Mike, wat beskou word as een van Suid-Afrika se topondersoekers, was al betrokke by van die land se grootste moord- en bedrogsake. In dié reeks delf ons dieper in van die sake wat al op sy lessenaar beland het, soos die Delmas-moorde, waarin die vyf maande oue Wiehan Botes en sy oppasser vermoor is en die moordenaar steeds op vrye voet is.

Ander onderwerpe wat ondersoek gaan word, sluit die volgende in:

· Dwelmmuile: Desperate lede van die publiek word oortuig om dwelms in of uit die land te smokkel net om uiteindelik gevonnis te word tot lang tronkstrawwe of selfs die galg oorsee. Ons ondersoek hierdie misdaad verder en gesels met dwelmmuile se families wat steeds in hoop leef.

· Wurban: Willie Steenkamp was ‘n finansiële konsultant en die hoof van ‘n internasionale beleggingsmaatskappy genaamd Wurban, wat beleggers fabelagtige winste belowe het. Uiteindelik het miljoene rande én Willie spoorloos verdwyn. Mike het gou Willie se ware kleure agtergekom.

· Ralph Haynes: Ralph Haynes, die man wat bekend was as die “Godfather van die Wes-Rand”, verdwyn spoorloos in 2011 nadat hy in ‘n helikopter van Kitty Hawk-lughawe af opstyg. Maar hoekom was Ralph so berug en wat presies het van hom geword? Mike soek steeds voort na hierdie man wat hy maar alte goed geken het.

· Die Knysna-moorde: Gedurende ‘n besonderde bloedige paar maande op die pragtige dorpie Knysna verloor drie mense hul lewens deur wat lyk soos die werk van ‘n reeksmoordenaar. Uiteindelik word ‘n plaaslike platejoggie in hegtenis geneem, maar sit die verkeerde persoon agter tralies? Mike besoek weer Knysna saam met ‘n joernalis wat destyds die storie gedek het.

· Selfmoord: Wanneer besluit iemand om hul eie lewe te neem en wanneer probeer ‘n moordenaar om ’n moord soos selfmoord te laat lyk? Mike kry gereeld hierdie tipe sake. Ons gesels met familielede wat agterbly met meer vrae as antwoorde. Ook gesels die oorlewende van ‘n poging tot selfmoord met ons.

Rian van Heerden, die vervaardiger van Bolhuis, meen die reeks gaan nie net baie interessant wees nie, maar kykers gaan diep geraak word.

“Mike het ons vrye toegang tot sy organisasie, sy sake en sy lewe gegee ten einde hierdie reeks te vervaardig. Tydens die 13 episodes sal jy ware verhale van misdade beleef wat jou nie onaangeraak sal laat nie. Net soos jy uiteindelik nie sonder ‘n sterk opinie van Mike sal wees nie.”

Mike meen hy wil vir kykers wys wat die werklikheid in Suid-Afrika is en verskuilde kwessies na vore bring.

“Kyk na elke episode van hierdie reeks in konteks en leer hoe om misdaad te verhoed en aan te spreek. En oor myself: Fokus op die feite en nie op hoorsê nie.”

Nog nooit vantevore is daar so diep in die psige van ‘n ondersoeker soos met Bolhuis nie gedelf. “Die harde feite”, in die woorde van Mike Bolhuis.

Bolhuis word van Oktober af op kykNET, DStv kanaal 144, uitgesaai.

Kommentaar

Republikein 2024-05-19

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Deportivo Alaves 1 vs 0 Getafe | Real Sociedad 1 vs 0 Valencia | Almería 0 vs 2 Barcelona | Las Palmas 2 vs 2 Real Betis SerieA: Torino 3 vs 1 AC Milan | Lecce 0 vs 2 Atalanta | Fiorentina 2 vs 2 Napoli European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City English Championship: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City Loading... Currency: GBP to NAD 23.01 | EUR to NAD 19.73 | CNY to NAD 2.51 | USD to NAD 18.15 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.7 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.55 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.35 | USD to AOA 847.42 | USD to BWP 13.49 | USD to EGP 46.86 | USD to KES 130.48 | USD to NGN 1467 | USD to ZAR 18.15 | USD to ZMW 25.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 79530.63 Up +0.03% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1754.58 Up +0.81% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13426.13 Up +0.11% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26142.84 Up +3.27% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 414.72/OZ UP +1.55% | Copper US$ 5.04/lb UP +4.12% | Zinc US$ 3 059.30/T UP 0.11% | Brent Crude Oil US$ 84.28/BBP UP +0.60% | Platinum US$ 1 084.88/OZ UP +2.19% Loading...