Ondenkbare selfdood
Henriette Lamprecht
Die man wie se verbrande lyk meer as ’n week gelede in die gebou van ’n ou waterpompstasie in Swakopmund gevind is, het selfmoord gepleeg.
Die 28-jarige Warrick Ian Fortuin se liggaam is verlede Woensdagmiddag deur drie verbygangers in die ou waterpompstasie langs die Swakoprivier oos van Kramersdorp in Swakopmund gevind.
’n Nadoodse ondersoek wat Dinsdag in Windhoek uitgevoer is, het bevind Fortuin, ’n paramedikus, is dood as gevolg van die “inname van petrol en gevolglike vergiftiging, gevolg deur 90% brandwonde”.
Volgens die hoof van misdaadondersoeke vir die Erongostreek, adj. komm. Erastus Ikuyu word vermoed Fortuin het homself aan die brand gesteek.
“Die vermoede is hy het selfmoord gepleeg deur homself aan die brand te steek, nadat hy ’n mengsel van petrol en paraffien gedrink het,” het Ikuyu gesê.
Volgens hom het Fortuin geen selfdoodnota agtergelaat nie.
Ikuyu sê die ondersoek na sy dood is afgehandel. Die dossier sal vervolgens na die kantoor van die adjunk aanklaer-generaal gestuur word om gesluit te word.
“Dit sal ’n dossier vir ’n geregtelike doodsondersoek word,” het hy gesê.
’n Wit selfoon, vermoedelik dié van Fortuin, en ’n pakkie sigarette wat nie uitgebrand was nie, is langs sy liggaam gevind. – [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie