Ondangwa-posmeester van N$600 000 beroof
Tuyeimo Haidula - Die polisie in die Oshanastreek vra die publiek se hulp om rowers vas te trek wat gister glo met N$600 000 op Ondangwa weggekom het.
Die Oshanastreek se polisiewoordvoerder, insp. Thomas Aiyambo, sê dit volg nadat ’n 58-jarige Namibiese man, wat die plaaslike posmeester is, sowat N$1 000 000 se kontant by die Oluno Ondangwa Standard Bank onttrek het en van N$600 000 beroof is.
“Hy het die kontant in twee dele onttrek – die eerste N$400 000 is omstreeks 08:45 onttrek en toe weer N$600 000 omstreeks 12:25.
“Hy het die eerste bedrag na kleiner Nampost-kantore versprei, waarna die bank hom gebel het om die uitstaande N$600 000 te kom oplaai.”
Aiyambo sê die posmeester het in ’n westelike rigting gery en toe by Bismarckstraat afgedraai. Toe hy naby ’n drierigtingstop by die tennisbane kom, het ’n wit Toyota Corolla met die registrasienommer N 4015 G met vier insittendes hom genader.
Hulle het geëis dat hy die geld oorhandig.
“Die een persoon het ’n wapen gehad, terwyl die ander klippe gegooi het.
Hulle het beide die deure en vensters gebreek en die houer met die geld in gegryp, terwyl hulle ’n pistool op die slagoffer gerig het. Toe het hulle weggery,” het Aiyambo gesê.
Hy sê die geld is nog nie teruggevind nie en niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.
Hy het mense gewaarsku om uiters bedag te wees wanneer hulle geld by die bank trek of inbetaal en verkieslik nie alleen moet ry nie.
Hy raai ook sakeondernemings aan om sekuriteitsmaatskappye te gebruik om bank-, verspreidings of veiligheidsdienste te verrig.
“Individue moet probeer om nie groot bedrae geld by hulle te dra nie. Maak eerder van aanlyn bank- of oordragdienste gebruik. Kyk ook altyd in jou truspieëltjies om seker te maak niemand agtervolg jou nie,” het hy gesê.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie