Ondangwa is ons Skoner Dorp
Ondangwa is as die wenners van die Skoner Dorp van die Jaar-kompetisie aangewys.
Swakopmund, Walvisbaai en Oranjemund was die ander finaliste uit 21 deelnemende dorpe van oraloor die land.
Ondangwa het advertensie- en redaksionele bydraes in enige van Namibia Media Holdings (NMH) se drie publikasies, Republikein, Allgemeine Zeitung en Namibian Sun, ter waarde van N$50 000 gewen, asook 30 asdromme ter waarde van N$40 000 van die Environmental Investment Fund Namibia en hulle kan ’n stalletjie met die Namibia Tourism Board (NTB) by die Ongwediva-handelskou ter waarde van N$10 000 deel.
Hier is me. Loide Shiimi en mnr. Gerhard Sam van die Ondangwa-munisipaliteit by hul stalletjie by die Namibië Toerisme Ekspo. Foto Tanja Bause

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie