Onafhanklikheidsdag is vir speel sonder perke
Oukei, miskien is hierdie mosterd ná die maal, maar . . .
Natuurlik gaan Onafhanklikheidsdag oor 28 jaar van oorwinning ná onderdrukking, bloedvergieting en drakoniese wetgewing.
Maar as ons onsself afvra wat die beste bydrae is wat ons elkeen kan lewer om van Namibië 'n beter plek te maak, gaan ons derduisende antwoorde kry. Almal het mos nie dieselfde talente, gunste en gawes om te deel nie. Ons almal dra op 'n ander manier by en ons almal vier onafhanklikheid op 'n ander manier. Die voorskriftelike party poopers moet dit nou maar aanvaar.
Party mense braai heeldag, wat great is, ander mense woon openbare vieringe by, wat ook great is.
Maar dan is daar diegene wat hul kinders voedselvergiftiging gee wanneer hulle probeer braai, en wat heeltemal verbouereerd raak tussen te veel mense – ek het al immers vertel hoe my en Spruit se uitstappies mall toe verloop.
So, op Onafhanklikheidsdag het ek en Spruit eerder ons kreatiewe vryheid gevier.
Mense wat nie kreatief kan wees nie, is gewoonlik ook swak probleemoplossers - skape wat die ou, verlepte maniere van dinge doen volg en nooit nuwe moontlikhede sien nie. Vooruitgang gaan verseker nie gepaard met dieselfde ou verstokte maniere van probleme oplos nie.
Die meeste suksesvolle probleemoplossers se kreatiewe vaardighede begin by eksperimentering. Ja, kreatiwiteit is 'n vaardigheid wat jy vir enigiemand kan aanleer. Die meeste sogenaamde “talentvolles” is maar net dié wat die vryheid gegun is om wyd te dink en met idees te speel, of wat hulself daai vryheid toe-eien. En eksperimentering is tog niks anders as speel nie.
En dis presies hoe ek en Spruit Onafhanklikheidsdag gevier het – ons het gespeel.
Ons eerste klein kreatiewe partytjie het as volg gewerk: Grawe deur die kaste en laaie in die huis en pak al daai goed wat net rondlê vir “eendag as ons dit dalk nodig het” op die tafel uit. Elkeen kies vyf objekte en maak dan iets daarmee. Geen reëls. Dit hoef nie sin te maak nie, dit hoef nie realisties te wees nie, dit hoef nie herkenbaar te wees nie. Spruit het 'n soort robot uit ou grimeringhouertjies, vilt, rekkies, en 'n mayonnaisebottel gemaak. Ek het 'n ding gemaak waarmee vrouens langs die pad 'n draai kan loop. Moenie vra hoe dit gelyk het nie, maar dis gemaak uit 'n plastieksak, stukke plastiekbottels, pienk spuitverf en 'n tandestokkie. Die tandestokkie is om dit aan op te hang in jou kar.
En toe moes ons advertensies met ons selfone maak om ons produkte mee te bemark.
En toe maak ons 'n horror movie. Met 'n panty op my kop, 'n kussing onder my rok en 'n kurktrekker in my hand was ek die baddie, en Spruit het al die make up en babapoeier in haar kas gebruik om haarself soos 'n onskuldige lappopperige slagoffer te laat lyk.
Niks daarvan het sin gemaak nie, want speel het nie reëls nie. Boonop het ek en Spruit so lekker gebond dat ons nou al 'n paar fights agter is.
Die punt is, as ons kinders wil grootmaak wat tot Namibië se welstand gaan bydra, moet ons hulle leer speel. En ek praat nou nie van rugby en netbal en skaak en klavier en ander goed met verskriklike reëls en eksamengedrewe druk nie – ek bedoel net speel. Geen reëls, geen druk.
Dán het ons iets om te vier.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie