Omwenteling (SKRYF SAAM VIR 19 Feb)
Omwenteling (SKRYF SAAM VIR 19 Feb)

Omwenteling (SKRYF SAAM VIR 19 Feb)

Minette Brink
Lorraine Kotze - bekende vreemdeling
ek onthou nog jou stem en jou lag
en glimlag sag
jou ferme tred, jou brose mond
ek onthou nog
ek soek daarna
as jy hiervoor my staan
ek kyk
totdat my oë se letters
weer woorde word


habakuk
binne nog strofes stil musiek
swiepend tussen borste
die krale van sade
van bedwelmende soet
veldvrugte waarin ons
oë hul verlustig het


die geweefde katoen
vol patrone van ons dae
onder arms geknoop
koperarmbande klinkel blink
glim vol sagte vreugde
van jou manlike vurigheid


jy het
‘n hoë gladde plek geword
my lief
nadat dit voorheen
so vol koestering was

Kommentaar

Republikein 2025-07-04

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer