Omusati se wurggreep op Skorpion Zinc-titel uitgedaag
Die naweek se skouspel is die tweede van die borg se driejaarborgskap ter waarde van N$1.4 miljoen.
Op Grootfontein en sy Omulunga-stadion is alles gereed gekry vir die Skorpion Zinc o.17-kampioenskap wat vandag op die noordelike dorp afskop tussen sokkerspanne uit elk van die land se 14 streke.
Vanjaar sal dit die vyfde keer wees dat die uiters gewilde en gesogte toernooi aangebied word – elke keer met 'n ander dorp as gasheer.
Die Omusati-span het reeds drie keer as kampioen geseëvier en wil opnuut sy merk in Grootfontein maak om Maandag op die openbare vakansiedag vir die eindstryd op die veld te stap.
Barry Rukoro, sekretaris-generaal van die Namibiese Sokkervereniging (NSV), is van mening dat die spanne almal goed voorberei is.
“Die spanne het hul deel gedoen en die fasiliteite is in 'n goeie toestand om die spelers en ondersteuners te verwelkom. Dit is die eerste keer dat so 'n groot geleentheid op Grootfontein gehou word, maar ons is nie bekommerd nie en vertrou dat alles goed sal verloop. Die ondersteuning wat ons van die plaaslike asook politieke leiers van die streek ontvang het, is 'n openbaring. Ons sien geweldig uit na die naweek se sokker,” het Rukoro gesê.
Nora Ndopu, bestuurder van korporatiewe sake by Skorpion Zinc, vertel van die myn se belegging in die Namibiese jeug.
“Ons verhouding met die NSV was sedert die begin goed en ons sien uit na die naweek se toernooi waar die jeug weer uithalerspel gaan opdis. Ons weet hoe belangrik dié geleentheid vir ontwikkeling is en die myn kon nie 'n beter opsie vir sy belegging gekies het nie.
“Ons is trots verbind tot die kampioenskap wat deur almal se passie vir sokker aangevuur word,” het sy vertel.
Khomas het die eerste toernooi in 2013 op Keetmanshoop gewen, voordat Omusati dit in 2014 en 2015 ingepalm het. In 2016 is die kampioenskap weens die tekort aan 'n borg nie aangebied nie, maar dit is wel verlede jaar hervat toe Skorpion Zinc sy terugkeer gemaak het en Omusati vir die derde keer as kampioen bekroon is.
Skorpion Zinc het hom in 2017 vir drie jaar tot die o.17-kampioenskap verbind en 'n stewige N$1.4 miljoen vir dié tydperk bewillig.
Dit sluit 'n borgskap in vir twee spelers wat deur die NSV geïdentifiseer sal word om in Indië by die Vedanta SESA-sokkerakademie aan te sluit, waar hulle ook kan studeer.
Nege wedstryde word vandag en môre in die drie groepe gespeel en Sondag volg 'n verdere agt botsings. Maandag is die tweede semifinale asook die eindstryd en 'n kragmeting om die derde plek te bepaal.
In die halfeindstryde sal die wenners van groep A en C mekaar pak, terwyl die wenners van groep B die beste naaswenner van groep A of B die stryd sal aansê.
Vandag se aksie skop om 09:00 tussen Hardap en Oshana af, wat deur Otjozondjupa teen Kavango-Oos opgevolg word. Die derde botsing van die dag is tussen Ohangwena en Omaheke.
Groep A: Otjozondjupa, Kavango-Oos, Hardap, Oshana, Kunene.
Groep B: Kavango-Wes, Oshikoto, Ohangwena, Omaheke, Erongo.
Groep C: //Karas, Omusati, Khomas, Zambezi. - www.NFA.org.na

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie