Omgewingsbelasting tree Maandag in werking
Ronelle Rademeyer - Die verbruiker moet van Maandag af nóg ’n belasting aan die spreekwoordelike keiser betaal wanneer die nuwe omgewingsbelasting op gloeilampe, voertuie en voertuigbande in werking tree.
Dit is egter die invoerder se verantwoordelikheid om die belasting te betaal wanneer die belasbare goedere ingevoer word, en van die verbruiker te verhaal wanneer dit van die hand gesit word.
Mnr. Calle Schlettwein, minister van finansies, het Maandag aangekondig dat dié langverwagte belastings op die invoer van elektriese gloeilampe, nuwe en versoolde bande asook nuwe en gebruikte voertuie op 11 Julie in werking tree.
Hy het die kennisgewing reeds op 26 April 2016 ingevolge die Wysigingswet op Doeane en Aksyns in die Nasionale Vergadering ter tafel gelê, maar vanweë uitdagings met die stelselspesifikasies is ’n interimreëling ingestel wat van daardie datum af tot 10 Julie geld.
Luidens ’n verklaring deur Ernst & Young het die minister aangekondig dat alle belasbare goedere wat op of ná 26 April vanjaar ingevoer is en teen 10 Julie nog nie verkoop is nie, wel vanaf 11 Julie aan dié nuwe belastings onderwerp word.
Volgens wetgewing moet alle invoerders van goedere waarop omgewingsbelasting hefbaar is, op 11 Julie ’n voorraadopname doen om te bepaal watter goedere is op of ná 26 April ingevoer. Die omgewingsbelasting op dié goedere moet teen 31 Augustus aan die direktoraat doeane en aksyns oorbetaal word.
Motorhandelaars wat voertuie invoer, moet teen 10 Julie in besit wees van ’n aanbod om te koop (bekend as ’n OTP) van voornemende klante om te verseker dat daar nie vanaf 11 Julie omgewingsbelasting op daardie voertuie gehef word nie.
Invoerdokumente sal vanaf 11 Julie die omgewingsbelasting op die betrokke goedere reflekteer. In die geval van voertuie word die koolstofdioksied wat deur die voertuig vrygestel word, belas op grond van die vervaardiger se sertifisering van die hoeveelhede.
Dit word deur die volgende formule bereken: Koolstofdioksied-vrystellings meer as 120 gram per kilometer x N$40.
Die omgewingsbelasting op ’n voertuig waarvan die koolstofdioksied-vrystellings 447 gram per kilometer is, sal dus N$13 080 wees – (447 – 120) x 40.
Op elektriese gloeilampe is die belasting N$3 per gloeilamp en op voertuigbande, N$10 per band.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie