Ombepo wek krag vir nasionale netwerk
Tanja Bause – Die Ombepo-windplaas by Lüderitz het al verskeie kere 120 megawatt se krag op ’n dag opgewek.
“Dit beteken dat Ombepo ’n volle 5 MW konstant vir 24 uur geproduseer het. Dit is die eerste keer in Namibië dat ’n moderne, hernubare energiepark sonder onderbreking vir 24 uur krag opgewek het,” het mnr. Jan-Barend Scheepers, projekbestuurder van InnoSun, gesê.
Sedert 13 Augustus voer die windplaas krag in die nasionale kragnetwerk in en is dit ten volle operasioneel.
Die Ombepo-windplaas buite Lüderitz is die eerste van sy soort in die land. Dit is ’n ontwikkeling deur die Namibies-geregistreerde maatskappy InnoSun wat uit Namibiese en Franse aandeelhouers bestaan. Die Lüderitz-dorpsraad besit 5% aandele in die windplaas.
InnoSun het ’n kragaankoop-ooreenkoms van 25 jaar met NamPower deur die Elektrisiteitsbeheerraad (ECB) se ReFIT-program (hernubare energieterugvoer-tarief) onderteken.
ReFIT gee aanlegte toegang wat hernubare energie-tegnologie voorsien, en laat toe dat hulle krag teen ’n vasgestelde prys aan die elektrisiteitsnetwerk verkoop.
InnoSun is ook op die oomblik besig met die oprigting van ’n sonkragprojek by Aussenkehr. Dié projek sal aan die einde van die maand voltooi wees en bestaan uit sowat 19 000 sonpanele. Dit sal die druiweboere van daardie omgewing van krag voorsien.
“Die nuwe aanleg sal genoeg krag aan sowat 10 000 gemiddelde Namibiese huishoudings kan voorsien,” het hy gesê.
Die projek is ’n vennootskap tussen InnoSun en Aussenkehr Energy.
Volgende jaar sal InnoSun die #Oab-windplaas naby die Elizabeth myn buite Lüderitz oprig.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie