Omatako, Naute vandeesweek nóg voller
Verskeie damme het die afgelope week nog water ingekry, hoewel die nasionale gemiddeld steeds laer as in 2019 is.
Elvira Hattingh - Die Omatakodam, wat aan die begin van Desember nog dolleeg was, het die afgelope week nog 3,935 miljoen kubieke meter (Mm³) water bygekry, terwyl die Nautedam ook met 9,2% gelig het.
Tog is nasionale damme se gemiddelde volumes steeds veel laer as verlede jaar dieselfde tyd en staan dit tans op 21,5%. Dit is meer as 11% laer as verlede jaar se nasionale gemiddeld van 32,8%.
Die Omatakodam, wat op 6 Januarie nog op 14% gestaan het, is tans 23% vol. Die eerste water het dié dam in die week van 2 tot 9 Desember binnegevloei en sy damvlakke van 0% tot 8,6% gelig.
Intussen het wateroorplasings van die Omatakodam af na die Von Bachdam begin.
Terselfdertyd het die Swakoppoortdam die afgelope week ook ’n bietjie water ingekry en het sy watervlakke van 5,3% verlede week na 5,5% die afgelope Maandag gestyg.
’n Maand gelede was dié dam ook nog 5,2% vol.
Die Von Bachdam is tans 39,5% vol. Dié dam het aan die begin van Desember op 34,1% gestaan, maar toe in die week van 2 tot 9 Desember ’n eerste 1,393 Mm³ water vir die seisoen ingekry.
Die gemiddeld van die drie damme wat die sentrale Namibië van water voorsien, staan dus tans op 20,9%, wat swakker as verlede jaar dieselfde tyd se gemiddeld van 25,2% is.
Die Suide se Nautedam staan tans op 77,9% en NamWater dui aan dit het die afgelope week 7,739 Mm³ water ingekry.
Dit is beter as verlede jaar dieselfde tyd toe die dam sowat 64,6% vol was.
Die res van die Suide se damme het nie enige water bygekry nie.
Die Hardapdam se watervlakke het van 7% verlede week na 6,6% vandeesweek gesak. Die Oanobdam staan tans op 38,1% vol teenoor verlede week se 38,5%.
Die gemiddeld van dié damme is nou 22,8% – swakker as verlede jaar dieselfde tyd se 40,1%.
Die ooste se damvlakgemiddeld het ook die afgelope week met bykans 1% gestyg.
Die Otjivero- hoofdam het van verlede week se 8,2% tot 9% gelig, terwyl wateroorplasings van die Otjivero-slikdam af plaasgevind het.
Water is ook van die Daan Viljoendam na die Tilda Viljoendam oorgeplaas. Die twee damme staan op onderskeidelik 32,8% en 62,2%, teenoor ’n week gelede se vlakke van 30,5% en 65,5%.
Die Olushandjadam se watervlakke het ook gelig.
Dié dam is tans 25,4% vol teenoor verlede week se 23,9%. Die Omatjennedam is tans 3,6% vol.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie