Omaruru sluit by Have-a-Heart aan

Verskil reeds opgemerk

31 May 2019 | Plaaslik
Tanja Bause - Omaruru is die nuutste dorp om deel van Have-a-Heart Namibia te word sodat dierevriende van dié dorp se informele nedersetting ook gesteriliseer en gekastreer kan word.

Omaruru sluit by Otjiwarongo, Hentiesbaai, Windhoek, Keetmanshoop, Grootfontein, Karibib, Usakos, Walvisbaai en Rundu aan, waar Have-a-Heart-spanne ook ontplooi is.

Die Have-a-Heart Namibia-span reël fondsinsamelings vir Swakopmund, Lüderitz, Aus, Bethanie, Outjo, Mariental, Okahandja en verskeie kleiner nedersettings en dorpies waar hulle sterilisasie-veldtogte hou.

Volgens me. Birgit Dorrenbächer, stigter van die Omaruru-tak, het sy en haar man, Peter, in 2015 op Omaruru afgetree en besef iets moet gedoen word oor die getal ongewenste honde by die Ozondje- en ander informele nedersettings.

“Ons het in die sosiale media van die Have-a-Heart-stigting gelees en van die belangrike en goeie werk wat hulle doen, en besluit ons wil deel van hierdie suksesverhaal wees. Ons het die bal aan die rol gesit en in Februarie het ons Have-a-Heart Omaruru begin,” sê sy.

“Baie van die troeteldiereienaars gee vir hul diere om, maar kan net nie sterilisasies of TVT-behandeling bekostig nie. TVT is ’n oordraagbare geslagsieke wat gewasse aan honde se uitwendige geslagsdele veroorsaak en tydens paring oorgedra word. Dit is hoogs aansteeklik en gevolge is fataal as dit nie behandel word nie.”

Volgens Dorrenbächer is baie troeteldiereienaars in nedersettings pensioenarisse of werkloos, en geld wat hulle wel tot hul beskikking het, word aan kos vir die familie bestee, en die sterilisasie van ’n troeteldier word as ’n luukse beskou.

“Ons het Have a Heart Namibia genader en hulle het ons gehelp om Have a Heart Omaruru op die been te bring. Ons staatsveearts, dr. Estelle Oosthuysen, en dr. Lizelle de Waal, ’n privaat veearts op Omaruru, help met prosedures en behandelings. In Maart het ’n finalejaar- veeartsenystudent, me. Mona Lisa Christiaan, ook by die span aangesluit.”

Peter en Christiaan het die gemeenskap van Ozondje besoek om hulle van Have-a-Heart en die gratis sterilisasies en TVT-behandeling in te lig.

“Dit was ’n reusesukses en die lys met honde wat gesteriliseer moet word, word weekliks langer. Elke tak van Have-a-Heart moet hul eie fondsinsamelings hou, maar om die Omaruru-tak aan die gang te kry, het Have-a-Heart Namibia die sterilisasie van drie honde geborg. Deur twee privaat borge kon ons nóg twee honde steriliseer en vier vir TVT behandel.”

Volgens Dorrenbächer kan ’n verskil reeds gesien word in die honde wat behandeling kry – hulle tel gewig op, bestaande gewasse krimp en bloeding stop.

“Die eienaar van ’n hond met die naam Meisie het gesê sy is baie dankbaar dat daar nou nie meer klein hondjies gebore sal word nie.

“Omdat elke tak hul eie fondsinsamelings moet reël, het ons besluit om ’n fietswedren op ’n plaas in die Dassie- en Erongoberge net buite Omaruru te hou.”

Die wedren sal op 29 Junie ten tyde van die Omaruru Schlachtefest plaasvind.

Elke span sal uit vier fietsryers bestaan wat inskrywingsfooie betaal.

Hulle sal ook elk ’n skenkingsvorm ontvang om geld vir Have-a-Heart Omaruru te kan insamel.

“Omaruru is ’n klein dorpie met min fondsinsamelingsgeleenthede, dus word elke sent waardeer,” sê Dorrenbächer.

Vir meer inligting oor skenkings of die fietswedren, kontak Brigit by 081 202 7790, of Peter by 081 129 0753, of stuur ’n e-pos aan [email protected]

Soortgelyk

 

Voertuie deur Löwen meegesleur

13 ure gelede | Toerisme

Ronelle Rademeyer – Twee toeriste én 'n barmhartige samaritaan moes gister hulpeloos toekyk hoe beide hul voer­tuie deur vloedwater in die Löwenrivier meegesleur word.Dié twee...

Boer slag huurbeeste glo self

13 ure gelede | Misdaad

Elvira Hattingh – 'n Boer uit die Windhoek-omgewing het Donderdag sy vierde verskyning in die landdroshof in Windhoek gemaak op aanklag dat hy 'n boer...

Weer vir 19 Januarie

13 ure gelede | Weer

WEERWAAK: Wydverspreide donderbuie word oor die binneland verwag.BINNELAND: Gedeeltelik bewolk en baie warm in die Namib en verre suide met 'n paar buie, andersins gedeeltelik...

Voëlgriep dalk in Namibië

13 ure gelede | Omgewing

Adam Hartman en Erwin Leuschner – Nadat voëlgriep in Suid-Afrika in die Wes-Kaap etlike maande gelede uitgebreek het, bestaan die vrees tans dat seevoëls langs...

Mense keer op keer uit riviere verskuif

13 ure gelede | Regering

Tanja Bause – Talle huise aan weerskante van 'n rivier wat parallel met Istanbulstraat in Otjomuise loop, het Sondagnamiddag oorstroom. Baie van die betrokke mense...

Pedofielsaak skuif na hoërhof

13 ure gelede | Howe

Kristien Kruger – Die vermeende pedofiel wat daarvan beskuldig word dat hy verskeie jong seuns in Windhoek verkrag en vir pornografies doeleindes misbruik het, se...

Reënseisoen skop buitengewoon swak af

13 ure gelede | Weer

Elvira Hattingh – Ofskoon Namibië se weerkantoor opnuut wydverspreide donderbuie vir vandag oor die binneland voorspel, het die eerste helfte van die reënseisoen “baie swak”...

Noorde wag vir reën

13 ure gelede | Weer

Terwyl die sentrale en suidelike gedeeltes van Namibië hoë neerslae die afgelope paar dae aangeteken het, moet die noorde van die land nog volgens die...

Verslag: Verskaffers het Agribusdev droog gemelk

13 ure gelede | Ministeries

Mathias Haufiku – ’n Forensiese verslag oor Agribusdev se sakebedrywighede voer aan verskaffers het voorkeurbehandeling ontvang om sake met die maatskappy te doen deur prysvasstellingstaktieke...