Omaruru hou stille uur vir Dörgeloh
Des Erasmus - 'n Familiesaamtrek uit baie wêrelddele in die Kersgety op Walvisbaai eindig môre op Omaruru by die graf wanneer die laaste eer tydens 'n roudiens aan wyle Heiner Dörgeloh (58) betoon gaan word. Dörgeloh was in sy lewe een van Omaruru se grootste seuns met diens wat op vele vlakke aan die gemeenskap gelewer is.
Dörgeloh het laat die middag van 30 Desember by 'n strand van Pelikaanpunt, suid van Walvisbaai, verdrink toe die motor waarin hy 'n passasier was in 'n sinkgat en daarna in diep water in die see beland het. Hy was in daardie stadium reeds terminaal siek met breinkanker wat tien jaar gelede by hom gediagnoseer is. In sy laaste dae was hy aan sy linerkant verlam.
Die oorledene se broers, Gunther van Duitsland en Uli van Australasië, het spesiaal vir die familiesaamtrek na Namibië gereis. Op die strand was hulle ook ooggetuies van die treurspel wat hom in see afgespeel het.
Van die lewensmonumente wat Heiner Dörgeloh op Omaruru nagelaat het, is ook die terrein van die Omaruru Reiterverein. By die sentrum vir ruiters en hul perde was deel van sy beplanning die baan vir groot ry- en springtoernooie. Op die dorp self het hy in leiershoedanigheid in Omaruru se Inwonersvereniging gedien en as sakeman en gesaghebbende op die gebied van sonkrag was hy ver buite die dorp se grense bekend.
Ook by die gedenkdiens om 10:00 in die Duitse Evangeliese Lutherse Kerk op die dorp gaan sy vrou, Wendy, sy seuns Heiko, Emile en Norbert en vier kleinkinders wees.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie