Om met hoop te treur

Jy kan jou pyn betekenisvol maak en God se liefde soek, sê Ronel en Sybrand de Beer, wat met Legacy of Love ’n boodskap van omgee en hoop vir ander met seer bring.
Henriette Lamprecht
Henriette Lamprecht - Die eerste paar maande ná hul oudste dogter, Lumé, se dood in 2017, het Ronel en Sybrand de Beer baie oor ander se stories van verlies gelees, veral waar iemand ’n kind verloor het.

Dit het op ’n manier gehelp om te weet hulle is nie alleen nie, hulle kon leer uit ander se stories.

Hulle het begin om hul gedagtes en emosies neer te pen en veral op Facebook te deel, waar die reaksie hierop oorweldigend was, sê Sybrand.

Die egpaar het boodskappe ontvang van hoe ander uit die De Beer’s se situasie en hoe hulle dit hanteer, geleer het.

“Ek het besef as ek kan leer uit ander se stories, hoeveel mense kan dalk uit ons storie leer?

Sybrand het ’n naam vir die blog gesoek wat hy en Ronel begin het en waarin hulle hul reis met familie en vriende gedeel het. Van die begin af was die woorde liefde en love oral, sê Ronel.

“Dit is asof God vir ons wou uitskree ons moet dit verder neem en uitbou. Lume het ook oral hartjies en love geskryf, in haar Bybelboek en haar dagboekies. Selfs my eerste paar skrifgedeeltes het oor die liefde gegaan.”

Daar was verskeie opsies vir die naam, maar op ’n oggend wat sy daaroor gedink en gebid het, val haar oog op ’n foto van haar pa, Henning Snyman, wat ’n baie groot rol in haar lewe gespeel het. Op die fotoraam was ’n hartjie en onder aan het love gestaan.

In dieselfde tyd het Nedbank ’n huilboom aan die Windhoek Afrikaanse Privaatskool (WAP) geskenk waar Lume ’n leerling was.

Ronel en Sybrand het ’n steentjie laat maak, wat onder die boom staan met haar naam op.

“Haar naam, die woord love en die hartjie is in haar handskrif. Legacy of Love is dus baie persoonlik.”

Die oorspronklike dryfveer was om “op ’n manier nie ons pyn verlore te laat gaan nie”, maar deur Lume se naam te vereer deur hul storie en hul dogter se ongelooflike liefde vir die lewe.

Die idee was om deur die blog heling en troos te bring, te inspireer en onvoorwaardelike liefde te deel deur nie net hul eie pad nie, maar ook die van ander te deel.

“Ek glo deur te deel, help nie net vir ons nie, maar ook ander wat deur dieselfde pyn en situasie gaan. Om ons groeiproses in geloof te deel, hoe ons God se genade en stem en hemelse tekens ervaar het, kan mense sien en verstaan daar is hoop.”

Een van die Legacy of Love se uitvloeisels is die ‘buddy bench’ by skole met ’n sterk boodskap van omgee en liefde.

“Daar het stories uitgekom van hoe Lume haar op die speelgrond ontferm het oor maatjies wat alleen, hartseer of nuut was. Elna de Jager (skoolhoof) het voorgestel ons wy die bankie, wat reeds by die skool gestaan het, aan Lume.”

Die kinders moet die bankie gebruik om te kyk wie is alleen, wie is hartseer en sodoende hulle na die bankie nooi en hier met hulle gesels.

Deel van die boetiebankie is ’n saalbyeenkoms waartydens die De Beer’s met leerlinge oor die doel daarvan, Jesus-liefde en ook liefde vir jou naaste praat.

Vir Lume se 12de verjaardag het die De Beer’s Acts of Kindness-kaartjies laat druk en dit aan elke leerling tydens ’n saalbyeenkoms aan haar alma mater uitgedeel.

“Die doel is dat jy die kaartjie moet aangee vir iemand anders met ’n daad van goedheid daarby. So versprei die saadjies van liefde en omgee.”

Die Act of Kindness-boksies is gebore uit ’n gesin wat Ronel-hulle probeer help het.

“Mense het oorweldigend gereageer en ons het van die produkte in boksies begin pak en aan verkose gesinne uitgedeel. Elke boksie het ook ‘n boodskap van omgee en hoop.”

Verlede jaar is besluit om onderskeidelik troos- en kruideniersboksies te maak.

“Ons sit met ouers in ons kinders se skole wat finansieel swaar trek en al is dit klein, is ’n paar kruideniersware welkom.”

Die troosboksies word baie persoonlik met “trooskossies”, soos ’n geestelike boek, sjokolade en ’n boodskap, gepak vir iemand wat verlies deur die dood, egskeiding, ’n finansiële krisis of siekte ervaar.

Natuurlik kom Rascal-lekkergoed in elke boksie!

“Lume was lief vir Rascals en het pouses in ‘n kring van maatjies dit in haar kosblik uitgegooi en gesê elkeen mag een vat, maar dan moet hulle eers sê ‘met liefde van Lume’ en dan die kosblik aanstuur!”

Verlede jaar het Sybrand en Ronel in Legacy of Love-klere hul fietse vir die moordende Desert Dash getrap vir elke ouer wat ’n kind aan die dood moes afstaan.

Waar ’n vriend aanvanklik vir die eerste keer in 2017 vir Lume gery het, het Sybrand dit verlede jaar as solo-jaer aangepak, terwyl Ronel deel van ’n viermanspan was.

Vyf solo- en vier viermanspanne het op die ou einde onder Legacy of Love se vaandel deelgeneem.

Elk van die ryers, waarvan die meeste nog nooit fiets gery het nie, het die afstand in die toegelate tydperk van 24 uur voltooi.

“As fietsryer sit jy baie ure in om voor te berei. Jy ry hierdie pad deur die woestyn waar jy jouself moet druk deur die grense van pyn, opgee en moeg word. Ouers wat kinders verloor het, stap ook ’n pad deur die woestyn waar hulle daagliks baie negatiewe faktore moet oorwin, net om die volgende dag weer voor te begin.”

Maar hulle ry ook om die lewe te vier.

“Die dood is oorwin en ek weet ons sal baie verbaas wees as ons kan sien in die geestelike realm hoe ons geliefdes werklik lewe van blydskap. Dis iets om na uit te sien en ons moet dit elke dag vier – dat hierdie lewe op aarde net ons tydelike tentwoning is.”

Met die geld wat met hul Dash-deelname ingesamel is, is Kers- en voedselpakkies by twee kinderhuise uitgedeel.

Ronel en Sybrand erken Legacy of Love het “veel groter” geword as wat hulle beplan het.

“Ons kan sien hoe God die projekte na ons stuur en self ook dryf. Hy maak vir ons deure oop, sit ons met die regte mense in aanraking, ens. Ons kan ook sien hoe God ons ons hele lewe lank op ‘n pad gevat het, wat ons gereed gemaak het vir die pad wat ons nou moet stap. Ons glo Hy is die argitek van Legacy of Love en ons is net instrumente in Sy hande wat probeer gehoorsaam wees aan Sy roepstem.”

Geestelik het hulle ongelooflik gegroei.

“Wanneer jy jouself in die donkerste gat bevind en jy gekonfronteer word met onbekende emosies, gevoelens en pyn, moet jy besluit waarheen nou, na wie toe hardloop ons?

Ek het geweet sy is by Jesus en ek wou wees waar sy is, daarom het ek my fokus geskuif na die Hemel en deur dit het ons gegroei in ‘n dieper verhouding met God as voor Lume se dood.”

Die Here was baie stil, dalk meer “sag” met hulle in die eerste jaar ná Lume se dood.

“Op ‘n baie subtiele manier het Hy begin praat, of eerder fluister – deur mense, in Sy woord, en ook in die natuur. Ek kry baie keer ’n voorgevoel en hoendervleis en het geleer dis die Heilige Gees wat met my praat, dan kry ek ‘n begeerte in my hart en ek bid daaroor.”

Presies ’n jaar nadat Lume huis toe is, het die Here baie duidelik vir Sybrand en Ronel gewys hul tyd van treur is verby.

“Dit was ongelooflik hoe alles bymekaar kom en ons was verseker op ‘n kruispad. Pyn en verlies is deel van die lewe. Die belangrike ding is hoe jy reageer op wat gebeur het. Jy is heeltemal in beheer van jou besluite. Jy kan bitter raak, in opstand kom, wanhopig raak, en dan is jou verlies ‘n doellose, leë, verwoestende lyding. Of jy kan jou pyn betekenisvol maak en as mens beter raak en God se liefde soek.”

Hulle treur met hoop, beklemtoon Ronel.

“Ons sal nooit verstaan hoekom sekere goed gebeur nie, maar Hy verstaan en weet. Ek los dit by Hom en glo soos ‘n kind. Daar is soveel genade in tye van gebrokenheid. Daar is soveel seëninge versteek in tye van beproewing.

Ons weet en het die hoop dat ons weer saam met ons geliefdes en saam met Hom in Sy koninkryk gaan jubel.”

Ronel en Sybrand het groot toekomsplanne vir Legacy of Love. Dit sluit in om ’n trust te stig en ’n gholf- en gesinsdag.

“Die dae word gebruik om gesinne en families bymekaar te bring om iets saam te doen. Hulle leer van en oor mekaar en bou herinneringe.”

Hul groot droom is om ’n toevlugsoord vir gesinne te begin en soek ’n stuk grond naby Windhoek om te huur.

Dit gaan ’n unieke plek wees, sê Ronel, ’n plek waarheen mense kan kom wat trauma wil verwerk, waar paartjies weg van tegnologie weer kan herlaai en fokus op hul doel, waar gesinne mekaar weer kan vind.

“Ons glo die fondasie in die huis is baie belangrik. Dit is die oorsprong tot ‘n gesonde gesin en gelukkige kinders met sterk identiteite.”

Die boodskap van geloof, hoop en liefde vergesel elke liewe aspek van Legacy of Love met al hul projekte, sê Ronel en Sybrand.

“Die enigste boodskap dat God ons so lief het dat Hy sy seun gestuur het om vir ons te sterf, sodat die wat glo die ewige lewe kan hê. Om daaraan vas te klou, is jou enigste behoud.”

www.legacyoflove.co; fb: www.facebook.com/legacyoflovenamibia; 264 81 129 4408; [email protected]; https://www.youtube.com/watch?v=7rNMZxphZbY

Kommentaar

Republikein 2024-05-18

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Manchester United 3 vs 2 Newcastle | Brighton 1 vs 2 Chelsea LaLiga: Real Sociedad 1 vs 0 Valencia | Almería 0 vs 2 Barcelona | Las Palmas 2 vs 2 Real Betis | Celta Vigo 2 vs 1 Athletic Club | Getafe 0 vs 3 Atletico Madrid | Sevilla 0 vs 1 Cadiz | Rayo Vallecano 2 vs 1 Granada SerieA: Fiorentina 2 vs 2 Napoli European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City English Championship: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City Katima Mulilo: 10° | 31° Rundu: 10° | 30° Eenhana: 12° | 31° Oshakati: 13° | 31° Ruacana: 12° | 31° Tsumeb: 14° | 29° Otjiwarongo: 12° | 27° Omaruru: 13° | 30° Windhoek: 12° | 27° Gobabis: 13° | 27° Henties Bay: 19° | 33° Wind speed: 41km/h, Wind direction: NE, Low tide: 06:32, High tide: 12:50, Low Tide: 18:28, High tide: 00:56 Swakopmund: 20° | 23° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SE, Low tide: 06:30, High tide: 12:48, Low Tide: 18:26, High tide: 00:54 Walvis Bay: 22° | 32° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SE, Low tide: 06:30, High tide: 12:47, Low Tide: 18:26, High tide: 00:53 Rehoboth: 12° | 27° Mariental: 16° | 29° Keetmanshoop: 17° | 29° Aranos: 16° | 29° Lüderitz: 19° | 35° Ariamsvlei: 16° | 31° Oranjemund: 14° | 31° Luanda: 24° | 28° Gaborone: 13° | 27° Lubumbashi: 11° | 27° Mbabane: 11° | 23° Maseru: 8° | 23° Antananarivo: 14° | 24° Lilongwe: 15° | 26° Maputo: 19° | 26° Windhoek: 12° | 27° Cape Town: 15° | 20° Durban: 16° | 24° Johannesburg: 15° | 24° Dar es Salaam: 24° | 32° Lusaka: 15° | 26° Harare: 12° | 26° Currency: GBP to NAD 23.01 | EUR to NAD 19.73 | CNY to NAD 2.51 | USD to NAD 18.15 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.7 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.55 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.35 | USD to AOA 847.42 | USD to BWP 13.49 | USD to EGP 46.86 | USD to KES 130.48 | USD to NGN 1467 | USD to ZAR 18.15 | USD to ZMW 25.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 79530.63 Up +0.03% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1754.58 Up +0.81% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13426.13 Up +0.11% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26142.84 Up +3.27% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 414.72/OZ UP +1.55% | Copper US$ 5.04/lb UP +4.12% | Zinc US$ 3 059.30/T UP 0.11% | Brent Crude Oil US$ 84.28/BBP UP +0.60% | Platinum US$ 1 084.88/OZ UP +2.19% Sport results: Premier League: Manchester United 3 vs 2 Newcastle | Brighton 1 vs 2 Chelsea LaLiga: Real Sociedad 1 vs 0 Valencia | Almería 0 vs 2 Barcelona | Las Palmas 2 vs 2 Real Betis | Celta Vigo 2 vs 1 Athletic Club | Getafe 0 vs 3 Atletico Madrid | Sevilla 0 vs 1 Cadiz | Rayo Vallecano 2 vs 1 Granada SerieA: Fiorentina 2 vs 2 Napoli European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City English Championship: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City Weather: Katima Mulilo: 10° | 31° Rundu: 10° | 30° Eenhana: 12° | 31° Oshakati: 13° | 31° Ruacana: 12° | 31° Tsumeb: 14° | 29° Otjiwarongo: 12° | 27° Omaruru: 13° | 30° Windhoek: 12° | 27° Gobabis: 13° | 27° Henties Bay: 19° | 33° Wind speed: 41km/h, Wind direction: NE, Low tide: 06:32, High tide: 12:50, Low Tide: 18:28, High tide: 00:56 Swakopmund: 20° | 23° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SE, Low tide: 06:30, High tide: 12:48, Low Tide: 18:26, High tide: 00:54 Walvis Bay: 22° | 32° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SE, Low tide: 06:30, High tide: 12:47, Low Tide: 18:26, High tide: 00:53 Rehoboth: 12° | 27° Mariental: 16° | 29° Keetmanshoop: 17° | 29° Aranos: 16° | 29° Lüderitz: 19° | 35° Ariamsvlei: 16° | 31° Oranjemund: 14° | 31° Luanda: 24° | 28° Gaborone: 13° | 27° Lubumbashi: 11° | 27° Mbabane: 11° | 23° Maseru: 8° | 23° Antananarivo: 14° | 24° Lilongwe: 15° | 26° Maputo: 19° | 26° Windhoek: 12° | 27° Cape Town: 15° | 20° Durban: 16° | 24° Johannesburg: 15° | 24° Dar es Salaam: 24° | 32° Lusaka: 15° | 26° Harare: 12° | 26° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.01 | EUR to NAD 19.73 | CNY to NAD 2.51 | USD to NAD 18.15 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.7 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.55 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.35 | USD to AOA 847.42 | USD to BWP 13.49 | USD to EGP 46.86 | USD to KES 130.48 | USD to NGN 1467 | USD to ZAR 18.15 | USD to ZMW 25.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 79530.63 Up +0.03% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1754.58 Up +0.81% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13426.13 Up +0.11% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26142.84 Up +3.27% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 414.72/OZ UP +1.55% | Copper US$ 5.04/lb UP +4.12% | Zinc US$ 3 059.30/T UP 0.11% | Brent Crude Oil US$ 84.28/BBP UP +0.60% | Platinum US$ 1 084.88/OZ UP +2.19%