Om meer as 500 malgasse te ring

Op Mercury-eiland net buite Lüderitz in wind en weer
Tanja Bause
Mercury-eiland is die verste Noord van drie bewoonde eilande aan die Namibiese kus geleë.

Dit lê in Spencerbaai, wat tussen Lüderitz en Walvisbaai is, met Lüderitz as die naaste dorp. Die eiland is 'n bootvaart van sowat agt ure ver, hoewel dit net sowat drie kilometer van die barre woestyn-­kuslyn af lê. Hy is die kleinste van die drie eilande, maar verseker die een met die grootste hartklop wat seevoël-lewe betref. Dit is die vesting van Namibië se grootste Afrika-­pikkewynpopulasie, en spog met die grootste Bankduiker-populasie in die hele wêreld. Dit is ook die broeiplek en vesting van Namibië se tweede grootste Malgas-populasie.

Die voëls is bedreig, en het dit in verskeie opsigte nie maklik nie. Hul broeiseisoen begin gewoonlik in Augustus wanneer hulle begin terugkeer na hul onderskeie eilande en kolonies. Ou gevestigde broeipare is lojaal aan mekaar en ontmoet weer by dieselfde nesplek wat hulle die afgelope seisoene gedeel het. Met luide vertoon sal hulle mekaar die hof maak en die posisie as hul eie adverteer en verdedig.

Die neskonstruksie begin kort hierna, en hoewel hulle oënskynlik aanmekaar daarmee besig is, is die nes slegs 'n holte­tjie in die allerbelangrike guano. Daar­sonder sou hulle nie suksesvol kon broei nie, gegewe dat dit die enigste lagie substraat oor die rotse is. Hulle lê slegs een eier per seisoen, en sou daar iets met die eier of kuiken gebeur, is die volgende kans op suksesvolle broei eers weer oor 'n jaar.

Hoewel dit deel van hul natuurlike siklus is, is dít, saam met ongewensde onnatuurlike faktore, die rede tot die voëls se geweldige kwesbaarheid. Ander faktore wat swaar rus op hul suksesvolle voortbestaan en broeisukses is die beskikbaarheid van vis. Malgasse duik nie deur die water­oppervlak en soek onder die water na hul prooi nie. Hulle duik uit die lug uit neer op wat sigbaar in die oppervlakwater is. Vis soos sardyns is nie meer so volop beskikbaar nie, en dit is met groot moeite oor lang afstande en hoë energie-insette wat die voëls 'n bestaan moet maak. Voëls wat met data-opnemers toegerus was, het gewys dat hulle honderde kilometer per dag aflê, en soms soveel as 500 duike uitvoer vir selfbehoud en om een kuiken op die eiland te onderhou.

Sodra die kuiken groot genoeg is, sal beide ouers vis gaan soek.

Warmer temperature speel ook 'n rol op hoofsaaklik twee maniere: eerstens word kuikens op 'n vroeë ouderdom alleen gelaat omdat ouers die hitte nie langer kan hanteer nie, en die kuiken is dan blootgestel aan roofdiere sowel as die ­bloedige son; die ander vermoedelike nadelige effek is dat warmer seetemperature lei tot meer gereelde en meer prominente bloei van toksiese planktonuitbarstings.

Presies so 'n situasie het onlangs afgespeel met redelik baie sterftes onder die voëls. Dit bly moeilik om te kwantifiseer, aangesien baie van die voëls op see doodgaan.

Ander faktore wat 'n ­noemenswaardige uitwerking op populasies het, is pre­dasie op veral die kuikens wanneer hulle vir die eerste keer see toe gaan en aan die konstante lagie visolie op die oppervlak blootgestel word. Dít het tot gevolg dat die voëls hul waterdigtheid verloor, deurnat raak en nie weer kan opstyg nie.

Om op hoogte te bly betreffende die status, en die voëls beter te verstaan, is deurlopende navorsingstudies en tellings nodig. Meeste hiervan behels dat voëls as individue geïdentifiseer word. Voëls word gering en dit is tans die beste manier om hulle te identifiseer. Dit is verder belangrik om die voëls reeds as kuikens te ring, want dit gee onmiddellik 'n meer akkurate ouderdomsbepaling wanneer hulle weer gevang word. Ook is dit belangrik in die berekening van aanwas, met ander woorde, hoeveel voëls suksesvol terugkom, as persentasie van diegene wat tydens 'n gegewe seisoen die nes suksesvol verlaat het. Voëlring beantwoord al die basiese vrae, soos oor ouderdom, afname, waar hulle hervestig, nesmaak, paar ­ensovoorts.

Ek en my assistent, Willem van Zyl, het vir onsself 'n rekorddoel gestel om 500 kuikens gering te kry vir hierdie seisoen sodat daar weer 'n goeie basis beskikbaar is vir toekomstige navorsingswerk. Ons ring deurlopend seisoenaal, maar nie naastenby op so 'n groot skaal nie. Sowat 200 voëls per seisoen was in die verlede 'n goeie gemiddelde standaard.

Met sterk bedenkinge oor of ons nie die teiken heeltemal te hoog gestel het nie, ring ons die eerste malgaskuiken op 7 Maart. Op die oog af lyk dit relatief eenvoudig. Met so 'n selfgepatenteerde stok wat soos 'n skaapwagterstaf lyk, word die kuiken versigtig agter die kop gehaak en nader getrek, tot waar jy hom dan met 'n vinnige refleksbeweging agter die kop gryp. Dit is Willem se werk. Hy is die vanger. Dit is ook 'n gegewe dat die vanger nie moet skrik vir bloed nie - veral nie sy eie bloed nie.

Want dikwels is die kuiken se reflekse omtrent dubbel so vinnig as wat die vanger kan wees. Die lang snawel is vlymskerp, maar die geheim lê daarin om nie weg te ruk nie - iets wat instinktief gebeur. Want dan gaan die snawel jou sny en jy gaan bloei. Met ons vaardigheid nog redelik verroes ná die vorige seisoen, wat 'n jaar gelede was, was bloei onvermydelik, en Willem moes van dag een af skenk.

Dit is ook nie die mees aangename werksomstandighede nie, aangesien die kuikens wat reg is om die nes te verlaat, inspireer word deur sterk wind om uit die kolonies te beweeg, waar hulle dan op die rante van die rotse gaan staan, om hul vlerke te kan oefen, en deur die wind gelig te word.

Dit beteken dat die wind jou heel simpel waai. Die ewige guano-stof brand in jou uitgedroogde oë, dat jy met tye meer voel wat jy doen, as wat jy kan sien wat jy doen. Maar dit is die tyd wat hulle nes verlaat, en dit is die tyd om te ring. Die geleenthede moet noukeurig selekteer en benut word en van naweke is daar geen sprake nie. As die wind reg is moet jy werk.

So het ons geleidelik weer in oefening gekom en as 'n span saam begin werk. Die bietjie bloed wat daar nog was, het nie meer saak gemaak nie. Aan die einde van 'n sessie sal Willem my vra: “Hoeveel het ons gering?” En so het ons gewerk na die 500-merk toe. Na ons produktiefste sessie antwoord ek vir Willem: “Ons het 99 gedoen!” Dit was bloot nie 'n honderd nie, omdat ek nie meer ringe saamgevat het nie. Dit was die meeste wat al ooit in een sessie gering is.

Om 07:00 die oggend van die 5de April is ek besig om die weer te meet soos gewoonlik, toe Willem nog half deur die slaap uit sy vertrekkie gestrompel kom. “Het daai gannet (malgas) 'n ring op?” vra hy. Eers dog ek die man yl, want ons is nie naby kolonies of aan die ring nie, maar ek volg die rigting van sy hand. En daar sit toe inderdaad 'n kuiken wat sopas sy nes verlaat het, wat as gevolg van onvoldoende wind hier naby die huis neergeplak is.

Willem het die haak gegryp sonder om twee keer te dink. Ek moes die weer eers net so los en 'n ring regkry terwyl ek wonder oor watse verskil Willem dink die een voël aan ons saligheid sou doen. Hy het hom gaan vang en ek het gering. Dit was die 380ste kuiken. Duidelik het ons momentum begin kry - of ons was net bitter desperaat - ek was nie heeltemal seker nie. Dieselfde middag ring ons die laaste ring wat op die eiland oor was, en dit bring ons op 421 kuikens te staan.

Met groot hartseer strompel ek en Willem terug huis toe oor die rotssteiltes en teen die wind.

Die boot moet kom, gaan dit deur my gedagtes. Hulle moet gas bring, en kom water pomp, vis bring vir die voëls wat rehabilitasie nodig het en so aan. Net dalk lê daar nog 'n paar ringe by die kantoor rond. Ek stuur 'n e-pos. Na aanvanklike verwarring oor die presiese ringe, kom die boodskap dat hulle met die volgende geleentheid sal stuur wat hulle het. Onseker oor of dit die regte ring-groottes gaan wees, en of dit nog betyds gaan wees om die laaste kuikens te kry, begin die wag op die boot. So gaan die kuikens daagliks see toe, en ons geleentheid om 500 te ring raak al minder.

Op 8 April kom die boot uit Lüderitz aan, met gas, water, vis en pakkies. Ná alles afgelaai en opgelaai is, is die boot weer weg om in die beskutting van Hottentotbaai te gaan anker vir die nag, soos maar altyd gedoen word. Met die boot nog in sig en ek wat my asem ophou, het ek al begin rondkrap en soek in wat afgelaai is. Dit was die regte ringe, en daar was 'n honderd van hulle! Op 18 April vang Willem die laaste malgaskuiken vir die seisoen, en ek sit 'n ring aan hom, dit was die 521ste kuiken. Ons is terug huis toe oor Mercury se kranse. Die wind het soos gewoonlik gedruk en ons het nie gepraat nie. Ons was nie bly nie. “As ons net nog ringe gehad het . . . ” was die gedagte wat deur ons altwee se koppe gegaan het.

Vrydag die 21ste April, doen ons 'n groot opname. Malgasse wat nog oor is, bankduikers, trekduikers, pikkewyne in hul verskillende stadiums van verveer en alle ander spesies wat op die eiland voorkom, sowel as hul neste word getel. Ek gee vir Willem die gedeelte van die eiland wat ek wil hê hy moet tel, en ek gaan doen die ander helfte.

Moeg en rooi gebrand, kry ons mekaar laatmiddag weer by die huis, en met 'n nuwe wees- pikkewynkuiken onder die arm, vertel Willem soos gewoonlik wat hy gesien het en ons ruil notas uit. Ons praat nie oor malgasse nie.

“Het jy die walvis weer gesien?” vra Willem.

Ná al wat 'n voël is op hierdie eiland bespreek is loop die gesprek dood in 'n afwagtende, ongemaklike stilte.

“Ons kon seshonderd gering het,” sê Willem ná wat hy in die kolonies gesien het waar hy getel het.

“Sewehonderd!” sê ek vir hom, en dít was ons naweek op Mercury-eiland.

Kommentaar

Republikein 2024-05-18

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Manchester United 3 vs 2 Newcastle | Brighton 1 vs 2 Chelsea LaLiga: Real Sociedad 1 vs 0 Valencia | Almería 0 vs 2 Barcelona | Las Palmas 2 vs 2 Real Betis | Celta Vigo 2 vs 1 Athletic Club | Getafe 0 vs 3 Atletico Madrid | Sevilla 0 vs 1 Cadiz | Rayo Vallecano 2 vs 1 Granada SerieA: Fiorentina 2 vs 2 Napoli European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City English Championship: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City Katima Mulilo: 10° | 31° Rundu: 10° | 30° Eenhana: 12° | 31° Oshakati: 13° | 31° Ruacana: 12° | 31° Tsumeb: 14° | 29° Otjiwarongo: 12° | 27° Omaruru: 13° | 30° Windhoek: 12° | 27° Gobabis: 13° | 27° Henties Bay: 19° | 33° Wind speed: 41km/h, Wind direction: NE, Low tide: 06:32, High tide: 12:50, Low Tide: 18:28, High tide: 00:56 Swakopmund: 20° | 23° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SE, Low tide: 06:30, High tide: 12:48, Low Tide: 18:26, High tide: 00:54 Walvis Bay: 22° | 32° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SE, Low tide: 06:30, High tide: 12:47, Low Tide: 18:26, High tide: 00:53 Rehoboth: 12° | 27° Mariental: 16° | 29° Keetmanshoop: 17° | 29° Aranos: 16° | 29° Lüderitz: 19° | 35° Ariamsvlei: 16° | 31° Oranjemund: 14° | 31° Luanda: 24° | 28° Gaborone: 13° | 27° Lubumbashi: 11° | 27° Mbabane: 11° | 23° Maseru: 8° | 23° Antananarivo: 14° | 24° Lilongwe: 15° | 26° Maputo: 19° | 26° Windhoek: 12° | 27° Cape Town: 15° | 20° Durban: 16° | 24° Johannesburg: 15° | 24° Dar es Salaam: 24° | 32° Lusaka: 15° | 26° Harare: 12° | 26° Currency: GBP to NAD 23.01 | EUR to NAD 19.73 | CNY to NAD 2.51 | USD to NAD 18.15 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.7 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.55 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.35 | USD to AOA 847.42 | USD to BWP 13.49 | USD to EGP 46.86 | USD to KES 130.48 | USD to NGN 1467 | USD to ZAR 18.15 | USD to ZMW 25.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 79530.63 Up +0.03% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1754.58 Up +0.81% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13426.13 Up +0.11% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26142.84 Up +3.27% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 414.72/OZ UP +1.55% | Copper US$ 5.04/lb UP +4.12% | Zinc US$ 3 059.30/T UP 0.11% | Brent Crude Oil US$ 84.28/BBP UP +0.60% | Platinum US$ 1 084.88/OZ UP +2.19% Sport results: Premier League: Manchester United 3 vs 2 Newcastle | Brighton 1 vs 2 Chelsea LaLiga: Real Sociedad 1 vs 0 Valencia | Almería 0 vs 2 Barcelona | Las Palmas 2 vs 2 Real Betis | Celta Vigo 2 vs 1 Athletic Club | Getafe 0 vs 3 Atletico Madrid | Sevilla 0 vs 1 Cadiz | Rayo Vallecano 2 vs 1 Granada SerieA: Fiorentina 2 vs 2 Napoli European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City English Championship: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City Weather: Katima Mulilo: 10° | 31° Rundu: 10° | 30° Eenhana: 12° | 31° Oshakati: 13° | 31° Ruacana: 12° | 31° Tsumeb: 14° | 29° Otjiwarongo: 12° | 27° Omaruru: 13° | 30° Windhoek: 12° | 27° Gobabis: 13° | 27° Henties Bay: 19° | 33° Wind speed: 41km/h, Wind direction: NE, Low tide: 06:32, High tide: 12:50, Low Tide: 18:28, High tide: 00:56 Swakopmund: 20° | 23° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SE, Low tide: 06:30, High tide: 12:48, Low Tide: 18:26, High tide: 00:54 Walvis Bay: 22° | 32° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SE, Low tide: 06:30, High tide: 12:47, Low Tide: 18:26, High tide: 00:53 Rehoboth: 12° | 27° Mariental: 16° | 29° Keetmanshoop: 17° | 29° Aranos: 16° | 29° Lüderitz: 19° | 35° Ariamsvlei: 16° | 31° Oranjemund: 14° | 31° Luanda: 24° | 28° Gaborone: 13° | 27° Lubumbashi: 11° | 27° Mbabane: 11° | 23° Maseru: 8° | 23° Antananarivo: 14° | 24° Lilongwe: 15° | 26° Maputo: 19° | 26° Windhoek: 12° | 27° Cape Town: 15° | 20° Durban: 16° | 24° Johannesburg: 15° | 24° Dar es Salaam: 24° | 32° Lusaka: 15° | 26° Harare: 12° | 26° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.01 | EUR to NAD 19.73 | CNY to NAD 2.51 | USD to NAD 18.15 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.7 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.55 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.35 | USD to AOA 847.42 | USD to BWP 13.49 | USD to EGP 46.86 | USD to KES 130.48 | USD to NGN 1467 | USD to ZAR 18.15 | USD to ZMW 25.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 79530.63 Up +0.03% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1754.58 Up +0.81% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13426.13 Up +0.11% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26142.84 Up +3.27% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 414.72/OZ UP +1.55% | Copper US$ 5.04/lb UP +4.12% | Zinc US$ 3 059.30/T UP 0.11% | Brent Crude Oil US$ 84.28/BBP UP +0.60% | Platinum US$ 1 084.88/OZ UP +2.19%